Weinig vordering in ondersoek ná nagmerrie by polisiestasie

Die Wierdabrug-polisiestasie in Centurion. (Foto: Skermskoot/Google Maps)

AfriForum se privaatvervolgingseenheid het namens Anja Pentz ʼn formele klag teen ʼn ondersoeker van die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat ingedien nadat min vordering glo nog gemaak is oor die ondersoek na beweerde polisiemagsmisbruik by die Wierdabrug-polisiestasie in Pretoria.

Maroela Media het vroeër berig Pentz is op die aand van 22 April, nadat sy uit vermeende kapers se kloue ontsnap het – by die polisiestasie van dronkenskap beskuldig en toegesluit toe sy daar om hulp gaan aanklop het. Pentz het onder meer probeer foto’s neem van die betrokke beamptes waar hulle versuim het om haar met die aanmelding van ʼn misdaad te help.

Pentz is na bewering aan haar nek gegryp, daar het ook geld uit haar beursie verdwyn en polisielede het na bewering haar selfoon beskadig. Die privaatvervolgingseenheid ondersteun Pentz sedert Mei met die klagtes wat sy toe reeds teen die polisiebeamptes ingedien het.

Dit sluit in aanranding, diefstal (geld uit haar beursie) en kwaadwillige saakbeskadiging (haar selfoon).

Die dossier teen die betrokke beamptes is volgens die stasie reeds in Mei aan Opod se ondersoeker, TA Mashitisho, oorhandig.

Die eenheid sê hy het tot dusver nog geen terugvoer aan Pentz of die privaatvervolgingseenheid oor die ondersoek verskaf nie.

Volgens die Wierdabrug-polisiestasie se waarnemende bevelvoerder is ’n dissiplinêre ondersoek ook eers op 21 September vanjaar teen die bevelvoerder geregistreer wat op die aand van die voorval aan diens was.

Adv. Phyllis Vorster, aanklaer by die privaatvervolgingseenheid, sê dit is uiters kommerwekkend dat dit lyk of ʼn instelling wat veronderstel is om die wangedrag van polisielede te ondersoek, oënskynlik bloot hul skouers ophaal en “hoop dat die saak verdwyn”.

“AfriForum se privaatvervolgingseenheid gaan nie toelaat dat hierdie soort geweld teen vroue bloot onder die mat ingevee word nie. Ons sal dus aanhou om druk toe te pas totdat daar daadwerklik teen die betrokke polisielede opgetree word.”

Pentz het destyds gesê sy vrees die polisie ná die voorval nou meer as ʼn misdadiger en het haar vertroue in polisiebeamptes verloor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Harley Davidson ·

Ek vertrou die polisie ook nie en vermy hulle soos ‘n kar dief by ‘n motor handelaar.

JM ·

Polisiemisdadigers! Geweld is hul “trots.” Té veel polisielede is totaal onbekwaam en te lui om hul werk te doen.

Anel ·

Nou wat het van die bevelvoerder geword as hulle met ‘n waarnemde bevelvoerder praat? Die stasie het nou al so baie bevelvoerders gehad, mens kan nie meer bybly nie! Sterkte aan die dame.

Leon ·

HOED moet eers die “benadeelde polisieman ” se familie besoek met n klomp tv kameras.
Solank as wat hierdie ou in beheer is vd polisie gaan dit net agteruit. Selfs CR moet dit tog sien. Watter houvas het hy op CR?

Jannie van Niekerk ·

Onthou, die misdadigers beheer eintlik die land daarom sal Rampspoedphoasa absoluut niks doen nie want hy is hulle goedgesind.

Inkpot ·

Mens wonder self oor Cyril omdat hy nie van Cele ontslae raak nie.
Was dit ‘n maatskappy, het omtrent al die koppe lankal gerol.

Nie Verbaas ·

CR sal niks doen nie. Korruptes, onbevoegdes en diewe word beskerm. As jy as witman iets daaraan doen dan is jy n rassis.

Strandloper ·

Laat ek raai…n blanke vrou teen swart kader poliesie…AfriForum ry hulle!!!

Cherokee ·

Is dit werklik soveel moeite, om in jou eie taal te kan skryf?

Jannie van Niekerk ·

Die oomblik as ‘n ANC, EFF, SAKP, COSATU of BLF lid ‘n polisieman is kan jy maar weet dat hulle misdaad goedgesind is en in 100% van die gevalle saamwerk met die misdadigers. Selfs die knielende BLM ondersteuners met hulle gebalde vuiste in die lug behoort ook nie poliemanne te wees nie.

Riaan ·

Wierdabrug polisiestasie voer al vir jare lank ‘n skrikbewind in Centurion, maar niks word daaraan gedoen nie.

Inkpot ·

Dis omdat die SAP nie meer ons trots is nie.
Mense is bang vir die polisie, nie soos voorheen toe polisie nog daar was om jou te beskerm nie.
Nou is polisiekantore ‘n nes van korrupsie waar min mense dit wil waag.
Die telefone word nie beantwoord, polisiemanne sit openlik en slaap en skroom nie om te wys hoe min hulle lus het om te help nie.
Let wel … daar is ook goeie polisiemanne, ongelukkig is hulle in die minderheid.

Ian ·

Maar net nog n voorbeeld van n organisasie wat A polities moet wees wat nou verval het in rasse haat en totale magsmisbruik as gevolg van kwota stelsel. Kan nie praat van standaarde nie want daar is nie. Kan nie praat van opleiding nie want dit onbreek ook.

Di ·

Opod word ook beheer deur die ANC kaders, daarom gaan daar ook niks gebeur nie

Frank John ·

Soos ek sê, die meeste polisie werk saam met kriminele. En Bheki Cele is die hoof van hulle en hulle weet hy keer dit goed en agter die skerms word hulle vereer.

Danie ·

“hierdie soort geweld teen vroue”

Ahem, verskoon my, wat indien n manlike klaer betrokke was?
Dit sal net so min aanvaarbaar wees.

Jack ·

Jy kan liewers aanklop vir hulp by die gangsters. Hulle sal jou vinniger help sonder om vrae te vra.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.