Weldoener red kinders uit see naby Ballito  

(Foto: NSRI)

Twee jong kinders het ʼn tweede kans op die lewe gekry nadat ʼn weldoener hulle Sondag uit die see aan die Noordkus gered het.

Die Nasionale Seereddingsinstituut sê sy reddingspanne het Sondag omtrent 11:45 ʼn oproep gekry omtrent twee kinders wat in die moeilikheid beland het in die see by Casuarina naby Ballito.

“Ons reddings-jetski met ʼn reddingswemmer is ontplooi, met ʼn reddingsboot kort op sy hakke. By hul aankoms op die toneel het die reddingspan gesien hoe ʼn groep mense op die strand saamdrom.”

Hier het twee ooggetuies bevestig dat twee jong kinders in die see in die moeilikheid beland het, en dat ʼn vreemdeling ingespring en hulle uit die water gaan haal het. Die kinders is nie beseer nie en met hul voog herenig.

Die man se identiteit is nie bekend nie, maar hy is moontlik ʼn plaaslike inwoner.

“Ons loof die vinnige en onbaatsugtige optrede van die barmhartige samaritaan wat ons glo die kinders se lewe gered het,” het die NSRI gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

christo ·

Die grootste held hang nie sy naam aan die klok nie. Welgedaan!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.