Weldoeners skenk groot vir Dros-slagoffer

Die webtuiste waarop die skarefinansiering vir die “Dros-slagoffer” begin is.

Barmhartige Samaritane het teen Donderdagaand amper R110 000 bygedra om hulp aan die slagoffer van die sogenaamde Dros-verkragting te verleen.

Die naamlose stigter van die skarefinansieringsrekening “Help the Dros Rape Victim to Rehabilitate” op die webtuiste Backabuddy.co.za skryf die meeste Suid-Afrikaners is diep ontsteld oor die voorval in die Dros-restaurant in die ooste van Pretoria waartydens ʼn 21-jarige man na bewering ʼn sesjarige meisie verkrag het.

“Dit was ʼn baie verdelende oomblik in ons geskiedenis, maar die belangrikste is dat ons ons deel doen om die slagoffer en haar gesin te help om ʼn normale lewe te leef, en ons wil help,” skryf die stigter.

Hy of sy het die rekening begin om te help met die koste van “alles wat die slagoffer kan nodig kry om opnuut aan te pas ná so iets, hetsy mediese uitgawes, terapie en ander behoeftes. Enige geld wat ingesamel word benewens dié vir onmiddellike behoeftes, sal in ʼn opvoedingsfonds belê word.”

As ʼn voetnota noem die stigter: “Weens die sensitiewe aard van die veldtog en om die gesin te beskerm, maak ons geen melding van enige name nie. Ons is in verbinding met ʼn raadgewer van die gesin wat sal kan help vasstel wat hul spesifieke behoeftes is.”

Bydraes het flink ingekom vandat die fonds op 3 Oktober gestig is. Teen Donderdag 17:30 het meer as 60 bydraes vir die dag ingekom, van R7 197,40 van Rocket Science Media Solutions met die boodskap: “Mag sy al die hulp kry wat sy nodig het,” tot ene Samu se skenking van R12,10. Hy skryf: “Mag die Here jou en jou gesin behoed. Ons ondersteun jou deurentyd.”

Die Suid-Afrikaanse webtuiste Backabuddy.co.za maak daarop aanspraak dat hulle reeds amper R80 miljoen vir 4 816 sake by wyse van skarefinansiering ingesamel het.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Bonzai ·

Mooi so. As alle kinders so gehelp kan word Sal die toekoms al hoe beter lyk.

Netso ·

Ek stem saam! Nou word die honder se oliekan weer uitgeruk hier! Die man is nog nie eers skuldig nie maar reeds gekruisig?

GP ·

Wat van die ander 45 kinders wat per dag verkrag word. Wat maak die saak so spesiaal?

P J ·

Maar gaan spoor jy hulle self op en doen iets daaraan. Moet daar altyd knolle soos jy wees wat net die sleg in alles uitwys? Skaam jou!

GP ·

Nee ek sien of wys nie altyd die sleg uit in sake nie. Hierdie hele saak is vir my net baie duidelik waaroor dit gaan. Maar net my opinie.

PJ ·

Wat hierdie saak spesiaal maak is die feit dat die res van ons wakker geskud is. Die van ons wat self lekker kuier in ‘n restaurant en dink ons kinders is heel veilig. Wat met hierdie kind gebeur het kan moontlik lewens red. So ja dis ‘n spesiale saak! En hou op alles oor ras maak. Dis ‘n onskuldige kind. En ‘n siek man.

Sarel ·

Daar is in SA baie slagoffers van die soort misdaad wat net op die agtergrond geskuif word. Die staat staan hulle nie eers by nie.

Sean ·

Geen insameling vir blanke kinders wat ouerloos gelos word agv misdaad???

GPl ·

MM kan julle nie asb ophou om Dros se naam aan die saak te koppel nie? Noem dit eerder restaurant in Pretoria met ander prentjie. Ek voel dis onnodige negatiewe konnektasie wat hulle nie verdien nie. Vra maar net.

Karina ·

Wat maak die saak belangrikker as die ander?Daar word soveel boere en hul gesinne vermoor maar hul families kry nie bystand of ondersteuning nie.

Nettie ·

@Karina, my punt ook.

Plaasmoorde word nie alleen net ontken deur die regering nie, maar eintlik aangehits deur die EFF (dalk die ANC ook) – sonder gevolge. Blanke kinders word ook verkrag en vermoor, met strykysters, warm kookolie en water gebrand of kry hul koppe ingeslaan met knopkieries/pangas/vuurwapens se kolwe.

Dan word hierdie plaasaanvalle ook nie behoorlik deur die SAPD ondersoek nie en volg daar maar baie min skuldigbevindings (meesal omdat die oortreders na so ‘n aanval oor die grense terug vlug).

Hoekom kan daar nie ook skarefinansieringsprojekte soos dié wees, vir boere en hul gesinne, wie die slagoffers van plaasaanvalle was nie? Ek sal jou sê hoekom nie – omdat die meeste boere wit is.

Manie ·

Hierdie hele storie omdat dit ontaard het in wit en swart maak my behoorlik siek. En die wat siek is is veral die politieke partye met hulle rassistiese uitsprake net omdat die verkragter wit is.

GP ·

Kan daar nie opgehou word om Dros se naam te gebruik nie? Dit gee hulle n slegte konnektasie wat hull nie verdien nie. Verwys eerder na Pta restaurant?

Poot ·

@GP
Dros kan hom nie verotskuldig in hierdie saak nie. Daar is prosedures om kinders in en uit te teken by hul speelplek. Die toesighouer/s was nalatig. Masiewe sivielle eis TEEN Dros as dit my kind was.

Helen ·

Ouers moet besef daar is geen veilige openbare plek vir kinders nie, ongeag hul ras, dit is die ouer se plig om of sy kind by hom te hou of seker te maak hy is daar by sy kind waar hy hom heeltyd onder oë het, dan sal die tipe dinge selde indien ooit met kinders gebeur. Ten alle tye bly jou kind jou verantwoordelikheid, niemand anders s’ n nie.

Marietjie ·

Dankie Helen, ek voel presies dieselfde. Elkeen se kind is sy eie verantwoordelikheid.

Oom Kalahari ·

Dros Restaurant het alreeds genoem dat hul alle bystand wat benodig aan die familie sal verleen en hul is nie die skuldige party wat aanhoudend gestenig moet word nie. Ook het hul nie die oortreder genooi om ‘n misdaad op hul perseel te gaan pleeg nie en kon op enige ander plek gewees het. Laat daar liewer meer oor die oortreder berig word. Daar moet ook liewer ‘n fonds wees wat alle kinders van alle gemeenskappe wat deur misdaad geraak word die nodige medies, trauma terapie en opleidings bystand te verleen. Moenie bevoordeeld en polities korrek optree nie, maar wees konsekwent vir alle kinders tot en met ouderdom van 18jr oud. Kinder slagoffers van alle rasse en agtergrond word geraak en skeer hul almal onder dieselfde kam met ‘n vaste fonds bedrag van bystand. Sterkte aan die kind en haar familie om deur hierdie swak optredes geraak te word.

Keuses ·

Dit sou perfek wees oom. Maar ons bly in SA…en dit is juis die rede hoekom ek nie meer hier wil bly nie. Daar is geen veiligheid of geen regverdigheid nie. Ek is wel dankbaar dat die slagoffer gehelp word. Ek glo sy en haar gesin sal hierdeur kan werk. Sterkte aan hulle.

Johan ·

Die maar net n slim plan om te keer dat Dros nie selfde pad loop as Spur .

De Villiers ·

Nee Johan, dis hoe Spur, en enige organisasie wat met so iets gekonfronteer word, veronderstel was om te doen. Dis die regte ding om te doen. Verleen onmiddellike bystand en hou politiek daaruit.

Willie ·

Ek dink misdaat en die gruwel dade moet behoorlik vas gevat word

Willie ·

@GP Dros is Dros, en ongelukkig het dit by Dros gebeur. Darem help Dros, en prober nie Spur polities korrek te wees nie… Los velkleur, dis die daad wat gruwel is! Kinder word duidelik duer die Hemelse Vader uitgesonder as syne!

Robert ·

Ons bid vir die dogtertjie en familie dis baie moeilike tyd,waar kan ons n bydra maak ?

alida ·

Ek is so bly ander voel ook soos ek. LOS DROS se naam hieruit. Almal weet nou al waar dit gebeur het en dit is nie Dros se skuld nie maar slegs op hulle perseel. Dit is nie asof hulle die verkragter genooi het om sy gruweldaad te pleeg nie. Noem dit “Restaurant verkragting” maar om hemelsnaam los Dros se naam nou uit.

Meisie ·

Dit is net vir my snaaks dat dit hoe lank terug gebeur het en alles is nog “na bewering”. Wanneer gaan die publiek hoor wat regtig gebeur het? Ek vat glad nie kante nie, en se ook nie dat hy onskuldig is nie, maar hoe weet ons dit het regtig gebeur as die forensiese toetse se resultate steeds nie terug is nie? Nou samel ons duisende rande in.. hoe help dit om verkragting te voorkom? In plaas van geld in samel nadat dit gebeur het moet stappe in plek gesit word om dit te voorkom.

waarheid ·

Ek voel die geld wat geskenk is moet vir ander slagoffers ook gebruik word want hulle kry nie dieselfde blootstelling nie.

alida ·

Bou die fonds op sodat ALLE kinders gehelp kan word ongeag kleur maar duidelik sal net sekeres gehelp word. Wat van oorlede Poppie se boetie en die Springs kinders?

Jessica ·

Money cant fix what happened if you got raped i’m sorry but it’s the truth, this lies within you till you die, it’s not that you can just go on with life like nothing has happened to you, so yeah money cant fix rape

Boerseun ·

Hoop die geld word aangewend om die Ma te leer, “though shall not leave ones child unattended”.

amelia ·

Waar is gestremde kind wat by dagsorg geskop is se fondsinsameling (Johannesburg)

alida ·

Geld maak reg wat krom is maar ongelukkig kan geld nie hierdie een of enige ander verkragtig regmaak nie. Dit bly in jou kop vir ewig. Hoop nie die ouers buit die fonds nou uit nie. Dit is reg dat die fonds betaal vir sielkundige hulp ens maar vir niks anders nie.

GP ·

Was hierdie ‘n afskuwelike ding wat nooit moes gebeur het nie: Verseker.
Moet die skuldige gestraf word: Verseker.
Word die saak anders hanteer agv ras? Elkeen se eie opinie.
As die ras omgeruil was,
Sou hoofstroom/engelse media enigsins of in sulke details gerapporteer het?
Sou daar sulke politieke betogings by die hof hewees het?
Sou media so vroeg die hof binne gelaat gewees het met hulle kammeras?
Sou daar soveel simpatie op die media vir die slagoffer gewees het?
Wonder watter mense is meeste van hierdie weldoeners?
Sou daar oor die rasse lyn ook vir ‘n blanke dogterjie geld ingesamel gewees het?
Blanke dogtertjie van 2 wat in die kop geskiet was, was die kommentaar sy het dit verdien, daar is talle sulke gruwel stories.
Word mense nie moeg vir die eensydigheid nie?
Skenk geld dis baie goed, en ek is seker verkeerd, maar ek sal skenk as dit alle slagoffers bevoordeel.

Poot ·

Nee GP jys nie verkeerd nie ou maat.
Jy slaan die spyker op die kop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.