Welkom-haarkapper met gordyntou verwurg

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

Die liggaam van André Christiaan Gebhardt (53), ʼn haarkapper van Riebeeckstad in Welkom, is Dinsdagoggend in sy huis aangetref van waar hy ook sy salon bedryf.

Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die Gebhardt se bejaarde pa het omstreeks 07:30 op sy seun se liggaam afgekom nadat hy hom nie per selfoon in die hande kon kry nie.

“Die pa het gaan ondersoek instel. Hy is na sy seun se huis en het gesien die hoofhek is gesluit. Hy het ʼn trapleer by die buurman geleen om oor die heining te klim, waarna hy gesien het die voordeur en die veiligheidsdeur staan oop,” het Thakeng gesê.

Gebhardt se pa het sy liggaam op die vloer aangetref. Daar was ʼn tou, waarmee gordyne vasgebind word, om sy nek. Hy het geen sigbare beserings gehad nie en die polisie vermoed hy is verwurg. Sy hande was voor sy liggaam met skoenveters vasgebind.

Thakeng het gesê die huis is geplunder, die kluis is oopgebreek en ʼn onbekende bedrag kontant en die oorledene se selfoon word vermis. “Die oorledene se voertuig was langs die huis en nie gesluit nie. Tekens dui daarop dat die voertuig ook geplunder is.”

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord. Dit is nog nie duidelik hoeveel verdagtes by die moord betrokke was nie. ʼn Volskaalse soektog is deur die Welkom-polisie se moordtaakspan van stapel gestuur. Niemand is nog in verband met die moord in hegtenis geneem nie.

Die polisie doen ʼn beroep op die publiek om kapt. Selbourne Menyatso van die taakspan by 083 634 8661 te bel as hulle enige inligting oor die moord of verdagtes het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Andrea ·

Wanneer hou dit op… Wanneer gaan die moorde op ons witmense ophou! :( Dis sooo hartseer dat ons uitgemoor word asof dit NIKS is… 50 Mense work doodgeskiet in Orlando en die HELE WERELD staan saam en het iets te se , maar in Suid Afrika word daar daagliks onnodig vermoor en die HELE WERELD bly stil! Genoeg is genoeg

Cherokee ·

Wel Andrea, Theresa mag met jou saamstem maar ek sal graag wil weet wat die woord ‘genoeg’ vir jou beteken.

Gesiggie ·

Andrea… dit my vraag ook….. dit maak n mens mal, siek en sat… om elke dag van die moorde te lees… ek vra altyd…. vat wat jul wil,en gaan… spaar tog net daai mens se lewe…my innige meegevoel aan Gebhardt se Pa… jammer dat Oom die een moes wees wat hom so moes kry… hoop dat die vark wat dit gedoen het, gou gevang sal word….

Andrea ·

Gesiggie, dit gaan al lank al nie meer oor steel nie. Dit gaan nou oor ons mense uit temoor. Die diefstal is net n “cover-up”

Willie ·

Dis asof dinge net erger raak, wet en order is lankal by die deur uit.. Basiese beginsles is weg… As die kerke niks meer in die parlement en gemeenskap is, is waardes uit… dan verval als…

Theuns ·

Dit wat die kommentators hierbo se is wat die opsweepers predik en die resultaat” “maak die witman dood”. Dit laat my dink aan die Duitsers en hulle sogenaamde ‘Final Solution met die Jode’. Die regering is horende doof vir ons SOS en staan heeltemal afsydig teenoor ons noodkreet.

Doodstrafaanhanger ·

Aan almal wat simpatie met Oscar die moordenaar pistorius het, ek wonder of julle ook het met wieookal hierdie onmenslike daad het? Dit is die gevolg van om simpatie met moordenaars te he. HANG HULLE eerder, doodstraf moet terug!!

commentQueen ·

Verstaan nie hoekom maak julle dit nou weer n “moord op witmense” geval nie. Hoeveel van die moorde die laaste ruk is wit op wit? eie kinder; eie ouers, neewat dis nie n wit of swart ding nie. Dis ‘n KRIMINEEL ding

johann cb ·

Doodstrafaanhanger, jy is maar heel gevoelloos. Dink net hoe die oorledene se Pa en familie voel. Sterkte aan almal van hulle.

Pershare ·

Johann CB maar as daar doodstraf was dan sou dit nie in die eerste plek gebeur het nie. Die land en samelewing moet radikaal teen moordenaars wees.

johann cb ·

Pershare, ek twyfel of die doodstraf mense sal afskrif. Ons sal onsself nog nét meer kritiek op die hals haal vir barbarisme. Doodstraf is in elk geval té vinnig!

Pieta ·

Natuurlik is doodstraf ‘n afskrikmiddel! Boonop kan die ou wat gehang is nie na ‘n jaar of drie uit sy suite vrygelaat word om die daar te herhaal nie. Toegegee, nie elke moordenaar se tronksel is ewe luuks nie, maar ongelukkig is daar (veral werklose) mense wat misdade pleeg om in die tronk te kom – daar is kos, mediese sorg en ‘n bed. Baie beter as wat hulle daarbuite het. Ook baie van die moordenaars. Dit is beslis tyd dat die Staat weer sy plig opneem en ons beskerm teen die moordenaars – en hulle hang, soos ons weet hulle moet!

Duitswes ·

Waneer jy dit aan die vel voel en ‘n geliefde jeens misdaad verloor dan sal jy eers besef dat daar net een oplossing is…Oog vir ‘n Oog en ‘n Tand vir ‘n Tand = Ontneem ‘n ander sy reg tot lewe en jy verbeur joune aotomaties ook…DOODSTRAF MOET TERUG.

WAT KAN MENS? ·

Soveel gebeur wat negatief is. Almal lewer kommentaar. Die basiese beginsels van lewe maak plek vir wankelrige onstabiliteit. Die wiel van destruktiewe bestuur hou maar net aan met draai. Waardes van alle nasionaliteite en kulture word afgebreek.

Corrie ·

Rus in Vrede Andre. Sal jou baie mis. Dis `n groot skok vir my.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.