Welkom-man vas oor vuurwapens, ammunisie

Argieffoto

ʼn 32-jarige lid van die burgemeesterskomitee in die Matjhabeng-munisipaliteit (Welkom) in die Vrystaat is Donderdagoggend in hegtenis geneem in verband met die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.

Brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie het reageer op inligting uit ʼn ondersoek en ʼn soektog uitgevoer op die persoon se eiendom. “Beamptes het beslag gelê op ʼn haelgeweer, ʼn 9 mm-pistool en ammunisie. Die verdagte se motor, wat by die huis langsaan geparkeer was, is ook deursoek. Ses patrone is in een van sy motors, ʼn BMW, gevind.”

Terwyl beamptes buite die verdagte se huis besig was, het hy twee polisielede genader en ʼn plastieksak met ʼn onbekende bedrag geld aan hulle oorhandig. Hy het glo versoek dat hulle die saak moet uitgooi, omdat hy nie kan bekostig om sy pos as LUR in die munisipaliteit te verloor nie.

“Die beamptes het die omkoopgeld geweier en ʼn aanklag van omkopery is by die aanklagte van die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie bygevoeg. Die man en sy 34-jarige vrou is in hegtenis geneem. Die man se motor en die kontant is gekonfiskeer.”

Die egpaar sal binnekort in die Welkom-landdroshof verskyn.

Lt.genl. Baile Motswenyane, provinsiale polisiekommissaris, het die beamptes geloof vir hul werk. “Die feit dat hulle ook die omkoopgeld van die hand gewys het, is ʼn teken dat ons nog lojale en betroubare lede het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Cherokee

Dit klink nie na vuurwapens waarvan die wit lisensies verval het nie. Logiese afleiding is dat dit werklikwaar ongelisensieerde onwettige wapens is.

Eerlik

Dis jammer die identiteite word nie verskaf nie.

Sarel

Wel eerstens bravo aan die Polisie. Maar waarborg omdat omkoop geld geweier was sal dit geen erkenning kry nie want dit beteken poditiewe gedrsg en ons kan dit mos nie doen nie. Die Polisie is deurgaans sleg so steek weg die berig. Ten tweede is die ou lid vsn die Bergermeesterskomitee = oom Cele .. deel van jou mense.