Welkom-meisie (6) in veld verkrag

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Sesjarige meisie van Welkom in die Vrystaat sterk in die hospitaal aan nadat sy glo Donderdagaand deur ʼn 32-jarige man verkrag is.

Sers. Mamello Mokhuoane, polisiewoordvoerder, het gesê die beweerde verkragting het omstreeks 19:00 in Hanipark, langs Bronville, plaasgevind.

“Die slagoffer het buite haar huis in Bronville saam met die bure se kinders gespeel. Toe haar ma haar geroep het toe dit begin laat word, was sy nêrens te vinde nie. Haar maatjies kon ook nie verduidelik waar sy was nie,” het Mokhuoane gesê.

Die meisie se ma is deur lede van die gemeenskap bygestaan en ʼn soektog is van stapel gestuur. Sy is later saam met die 32-jarige man in ʼn oop veld in Hanipark gevind. “Die kind se ma het gesien sy huil en dat sy nie kan loop nie. Sy het die meisie gevra wat fout is, waarna sy gesê het die man het haar verkrag.”

Sy is na ʼn hospitaal gehaas vir mediese behandeling. Die man is nie aan haar bekend nie. Hy is in hegtenis geneem en ʼn saak van verkragting is aanhangig gemaak vir verdere ondersoek. Die Thabong-polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele oortredings ondersoek die saak. Die verdagte sal binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Carine ·

My hart breek. Dis so onregverdig teenoor kinders. Sy het mos nie gevra vir daardie seer nie.

Paul ·

Dit is presies waarna regter Jansen verwys het en waarvoor sy nou die vark in die verhaal gemaak word. Jy mag mos nie die waarheid in die nuwe Suid Afrika praat nie. En raai wat – Zuma en sy ANC lede sal nie hulle stem laat hoor in hierdie horribale gevalle nie. Hulle weet die regter het die waarheid gepraat en dit maak seer.

marianne ·

Arme dierbare onskuldige kind!!! Sy is net nog ‘n babatjie op 6!!!!! Is daardie man van sy trollie af??? Verkragters van watter geslag ookal moet die doodstraf kry!!!
Kinders is ons toekoms – kinders is ons Gods geskenke!
Wie gee monsters die reg om hulle te beseer!
Ek hoop sy sal geneesing vind – sy gaan vir dekades letsels dra. Mag ons Almagtige Vader die arme liewe kleinding vertroetel en haar mamma krag en wysheid gee om haar by te staan.

My bydrae ·

Noem aub die naam van die oortreder sodat almal kan weet wie hy is.

Anoniem ·

En dan word ‘n regter uit die regbank gehaal omdat sy praat oor fie “rape culture” wat heers in townships…. Ok ons weet dat nie alle mans rapusts is nie, maar dit lyk egt waar of daar in sekere gemeenskappe ‘n patroon gevestig is van mans wat kinders verkrag. Dis nie rasisties om daaroor te praat nie. Dis ‘n probleem en dit MOET ge fix word….

Andre ·

Wat moet ondersoek word? Hy is uitgewys as die skuldige deur die slagoffer. Moer daar nou eers versagting gesoek word hoekom hy die daad gepleeg het? Dalk mishandel deur sy ouers of voorheen benadeel of sielkundig onstabiel? Vervolg en straf hom. Voorbeelde moet gemaak word wat skrikwekkend genoeg is om voornemende misdadigers af te skrik.

tamboti ·

Stuur tog vir Gillian en haar pelle (DA)om dit te gaan ondersoek, en die meisie en haar gesin te troos.

Lance ·

Elke 25 sekondes vind n verkragting in SA plaas …die regter se woorde hou net aan by my opkom …dan is dit mos al herhaaldelik bevestig wat sy gese het

Helesti ·

80% van SA weet wat sy gese het is waar, maar trek die rassisme truitjie daarvoor aan en dan kan jy die aandag van die regte euwel aftrek en probeer mis kyk.

Gesiggie ·

Ek wens die gemeendskap wil die man in die hande kry… en gereg in hul eie hande neem… jy is 32 en jy verwoes n meisie van 6 se lewe, omdat jy siel siek is…. kinders van daai ouderdom is nie veronderstel om daai tyd van die aand nog buite te speel… ouers hou jul kinders veilig… die lewe is onveilig… sterkte aan die meisie ek hoop van harte dat sy weer n normale lewe kan geniet… Mnr die verkragter.. jou dag sal kom…

Johan ·

Watter ouer laat jou kind van (6) tot 19: 00 in die strate speel? Moet my nie verkeerd verstaan nie, dit is iets verskriklik en kinders hoort veilig te wees of dit nou 19:00 of 23:00 is, maar dan praat mens van ’n perfekte land en nodeloos om te sê bly ons nie in daardie land nie! Ouers moet meer sorgsaam te werk gaan, jou kind se veiligheid is nie altyd in jou hande nie, maar wanneer dit wel is moenie sorgeloos wees nie.

Elke Murray ·

Skuus nie lelik nie maar was jy al in Bronville? Daar speel almal se kinders saam. Is n meestal kleurling gemeenskap.

Johnny ·

GOD se in SY WOORD; laat die kindertjies na MY toe kom en verder se HY ook; wee hulle wat die wees en weduwees skade aandoen en moenie die kindertjies verhinder nie. Verkragters ek weet een ding, julle gaan voor n groot wit troon staan en rekenskap gee aan n ALMAGTIGE LEWENDE GOD.

Karin8 ·

Regter Jansen was reg oor Al d verkragtings. Wonder wat daai vrou Wat haar so graag in d moeilikheid wou kry,bereik het? Iemand praat d waarheid, dan word dit toegesmeer onder rassisme!

antonie ·

dit is nie meer 1970’s toe dit nog veilig vir kinders buite was, in bronville word daar ‘drugs’ verkoop-kinders kan net nie meer so laat in die dag buite speel nie, en ek dink mammas kan beurte maak om na die kinders te kyk.

Flippie ·

Ek sou graag weet of die verkragting van kinders deur volwassenes in alle gemeenskappe plaasvinf? Of kom die voorvalle meer voor in sekere gemeenskappe of sosio-ekonomiese groepe.

Ek dink dit is van absolute belang dat die risiko ontleding van die voorkoms van verkragting gedoen moet word sodat ‘n strategie ontwikkel kan word om die voorkoms van verkragting te verminder.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.