Welkom-polisieman swaar gestraf vir moord op familielede

Argieffoto ter illustrasie: SAPD

’n Voormalige polisiebeampte van Welkom in die Vrystaat is Maandag tot 60 jaar tronkstraf in die Kroonstad-hooggeregshof gevonnis vir die moord op twee familielede.

Konst. Diphaphang Mokwena (32) is onderskeidelik 30 jaar tronkstraf vir elk van die moorde opgelê. Hy is ook ’n verdere 15 jaar tronkstraf vir roof opgelê.

Mokwena het op 1 Oktober verlede jaar sy stasiebevelvoerder gevra om ’n paar ure van werk af te neem om kwansuis sy siek kind hospitaal toe te neem. Mokwena was in dié stadium werksaam by die Welkom-blitspatrollie.

Hy het egter sy drie medebeskuldigdes elders in die dorp gaan oplaai waarna hulle na sy tannie se huis in Kroonstad vertrek het.

By hul aankoms by die huis het Mokwena ’n ander familielid daar gevra om saam met hom winkel toe te gaan om sigarette te koop. Dit is toe dat sy makkers die tannie gewurg en vir dood agterlaat het.

Mokoena het saam met die familielid teruggekeer, die familielid by die hek van die huis afgelaai en weggery. Die familielid het hom egter kort daarna gebel om hom in kennis te stel dat iemand die tannie probeer vermoor het.

Mokoena het later gevra dat die werk hom heeldag verskoon en hy en sy makkers is die betrokke dag omstreeks 02:00 weer na die tannie se huis waar hulle die tannie en die ander familielid vermoor het deur albei se kele af te sny.

Mokoena en sy drie medebeskuldigdes is kort daarna in Winburg in hegtenis geneem. ’n Gesteelde televisiestel, ʼn DVD-speler, ʼn selfoon en drie komberse is ten tyde van die inhegtenisneming in hul besit gevind.

Een van die medebeskuldigdes, Martin Sebetoane Pule (35), is later daardie maand tot altesaam 46 jaar tronkstraf gevonnis vir die moorde. Hy is ook ’n verdere 12 jaar tronkstraf opgelê vir roof.

Die derde beskuldigde is intussen in ’n tronk vergiftig terwyl die vierde beskuldigde, Thabiso Makha (36), se verhoor in die hooggeregshof voortduur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Ronel ·

Wys hul gesigte. As ander rasse net beskuldig word, word hul gesigte gewys (Coligny en Parys onder andere) Hoekom kan die wat al gevonnis is, nie ook gewys word nie? EK bly in Kroonstad en sal graag die luis en die makkers se gesigte wil sien.

Christa ·

Laat ons sien of Hy Walluz uitdaag met Sy straf. Hyt nie net een persoon gedood nie, dus laat ons sien of Hy 30 Jaar van Sy 60 Jaar Gaan sit. ANC Kan Mo’s nie tel nie

Michael P ·

N Polisieman wat keel af sny. Hoe het hy ln die eerste plek in die mag gekom verstaan die mensdom hoekom jy n vrees het vir n polisieman hoe moet jy hom vertrou as jy hulp soek.Wie het hom goed gekeur. Mense ek praat van die S A polisiemag. Geen wonder my famielie in die buiteland weier om net hier te kom kuier nie Skokkend.

Sonja ·

Daai ou is gn polisie man nie. Hy is iemand se tjommie se tjommie uit die straat. Gn respek vir ons kastige polisie nie. Die spul is kriminele, betrokke by allerhande bose dinge. Ek verag hulle!

EB ·

Hoe de O T T E R het hierdie krimineel ‘n polisieman geword ?! Die daad is duidelik beplan dit was nie eens op die ingewing van die oomblik gepleeg.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.