Welkome brandstofverrassing in Februarie

Foto: Brett_Hondow/Pixabay.com

Suid-Afrikaners kan uitsien na ʼn effense blaaskans wat betref die brandstofprys vir Februarie.

Voortgesette dalings in die prys van olie gaan waarskynlik sorg vir ʼn daling in die prys van alle grade brandstof.

“Toenemende spanning tussen die VSA en Iran aan die begin van die jaar het ʼn skerp styging in die internasionale olieprys tot gevolg gehad, maar die kommoditeit het vinnig herstel.

“Die olieprys het inderwaarheid tot só ʼn vlak herstel dat dit lyk of die VSA-Iran-konflik glad nie eens plaasgevind het nie,” het die Outomobiel-Assosiasie (AA), Dinsdag gesê.

Die AA grond sy vooruitskatting op ongeouditeerde data van die Sentrale Energiefonds.

Die prys van olie het gedaal tot op die laagste vlak sedert Desember. Die rand-dollar-wisselkoers beweeg egter in die teenoorgestelde rigting. Terwyl dit op 1 Januarie op R14,05 teen die dollar verhandel het, staan die gemiddelde prys nou op R14,30.

“Ons is bekommerd oor die voortgesette terugsakking, al was daar nie enige groot gebeurtenis wat die rand kon laat verswak het nie,” het die AA gesê.

“Dit is ʼn slegte teken van die vertroue in die land se ekonomie.”

Ten spyte van die rand se verswakking, gaan alle grade brandstof na verwagting volgende maand daal.

ʼn Daling van 13 sent per liter in die prys van 95 oktaan-petrol word voorspel. Die prys van 93-oktaan petrol en albei grade diesel gaan na verwagting met minstens 4 sent verminder en die prys van paraffien met drie sent.

“Ons is bly dat die brandstofpryse aan die begin van die jaar kon vasbyt. Dit is ʼn jaar wat na verwagting weereens groot ekonomiese uitdagings gaan inhou,” meen die AA.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Andre Coetzee ·

Ons moet heelwat minder betaal vir brandstof.Daar is heeltemal te veel belasting in die brandstof prys ingereken.Gaan kyk maar in Namibie.Die regering laat ons betaal vir hulle weelde.

Joubert ·

Dis die eerste beginsel van Kommunisme. Laat die massas vir jou weelde betaal. Ons kan maar kla op internet forums soos ons wil, dit stop nie hierdie trein nie. Karl Marx sou trots gewees het op die comrades.

Jan ·

In Swaziland betaal jy R13.60 vir 95 oktaan petrol. Waar kry Swaziland sy brandstof vandaan?

Chris Ws ·

Jan hulle kry hul brandstof van ons af MINUS die R3.65c per liter belasting wat ons betaal.Ek se hulle moet dit ook betaal!En dit geld vir Mosambiek, Zimbabwe,Botswana en Namibie ook.Hulle het dit net te lekker!

Naas ·

Die ± R2.50 ekstra belasting op brandstof is om te betaal vir die 18M mense wat maandeliks sosiale toelaes ontvang om vir die ANC te stem.

Chris Ws ·

Naas dis R3.65c wat na die regering se sak toe gaan uit ELKE liter brandstof wat ons in ons voertuie gooi.Nie R2.50 nie!Gaan kyk gerus op die CEF group of companies se webwerf waar brandstof pryse aangedui word op ‘n daaglikse basis.

Penellope Jones ·

Seker net weer om Maartmaand met heelwat meer te styg . . . . . . .

Melanie ·

Ons werk nie eens meer met 5 sente nie.. wat is 4 sent? pateties…

pieter ·

4 sent 5 sent wees dankbaar daar is wel mense wat daarmee werk ek spaar 13 sent en is dankbaar da word nie gekla oor sigarette of alkol se pryse nie nee so ja eks dankbaar vir elke sent wat ek bespaar

Capie ·

Die uitbreek van die nuwe virus in China het WTI baie afgebring. Vermoedens is dat dit baie erger is as wat China voorstel en baie weggesteek word.

Adrian ·

In 2009 was die branstof dieselfde prys as nou en by die pomp So R8 die afgelope 10 jaar het die bybetalings gestyg sonder ophou nie 1 jaar n verlaging vir enige van die voordele vir die skelms nie. Ons almal in die land word beroof deur die marxiste

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.