Wellington-gesin tydens braai op plaas oorval

Ludwig Uys en sy vrou Melanie (Foto: Facebook)

Ludwig Uys (41), sy vrou Melanie en hul drie kinders is Vrydagaand tydens ʼn braai op hul plaas buite Wellington in die Wes-Kaap oorval.

Vyf aanvallers, met klapmusse, het op die plaas Optenhorst toegeslaan.

Johandre van Zyl, streekshoof van gemeenskapsveiligheid, het aan Maroela Media gesê Ludwig is met ʼn koevoet oor sy knieë geslaan en Melanie is met ʼn mes aangeval. Sy het steekwonde in haar bolyf en hande opgedoen. Hul drie kinders, onderskeidelik vier, agt en tien jaar oud, is ongedeerd. “Die gesin is in hul instapkluis toegemaak. Die aanvallers het vuurwapens gesteel en van die toneel gevlug.”

Volgens Van Zyl sal Ludwig na verwagting vandag ʼn operasie ondergaan.

Daan van Leeuwen Boomkamp, hoof van Drakenstein-plaaswag, het gesê die span is omstreeks 22:35 ontbied. Hy het ook bevestig die gesin was besig om te braai. “Die honde het skielik begin blaf en toe die man wou ondersoek instel, het vyf mans hom aangeval. Hy is met ʼn koevoet oor sy knieë geslaan terwyl sy vrou en kinders probeer vlug het,” het Van Leeuwen Boomkamp gesê. “Hulle het die vrou gegryp en haar met ʼn mes gesteek.”

Volgens hom het die aanvallers met ʼn haelgeweer en ander vuurwapens gevlug. “Hulle het van die toneel gevlug toe hulle die aankomende voertuie opgemerk het.”

Die ADT/Fidelity en Drakenstein-plaaswag se gewapende beamptes en paramedici was vinnig op die toneel en Wellington-polisie het by hulle aangesluit.

Die bevelvoerder van Wellington-plaaswag het dadelik nooddienste ontbied en geen tyd het verlore gegaan nie, het Van Leeuwen Boomkamp bygevoeg.

“Die spanne het tevergeefs probeer om die aanvallers aan te keer.”

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het die voorval bevestig en gesê niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

59 Kommentare

Yankee ·

Ongelooflik!! Ons wat al baie jare in die buiteland woonagtig is kan net nie sulke dinge glo en verwerk nie!! Sterkte mense!!

Joey ·

Ek beny julle. Geniet jul vryheid. SA oppad om tweede Rhodesië van ouds te raak.

HPV ·

Yankee, ons maak ook staat op julle mense se hulp met die verspreiding van sulke berigte oorsee. Internasionaal moet mense en instansies weet wat werklik hier aangaan en besig is om te gebeur.

Estelle ·

@Yankee
Julle het die beste besluit ooit geneem om weg te kom hier. Ek is oortuig julle is as drosters en lafaards uitgekryt toe jul weg is, maar ek haal my hoed af dat jul in ñ nuwe land, met ñ vreemde kultuur van vooraf moes begin.
Ons berei ons kinders skolasties voor met ñ GED en SAT om hier weg te kom sodra die kans homself voordoen. Dit sal vir my bitter swaar wees, maar ek bied hul ñ kans op ñ beter toekoms wat SA hulle nie kan bied nie.

Penellope Jones ·

Daar sal ook heelmoontlik nie melding van gemaak word in ander media nie.

Hannelie ·

Ja Nico ou Cyril is doof en blind. Maar dit sê baie van ons kastige president. Gedink ons gaan beter af wees sonder Zuma…nou raak die land eerder soos ‘n moord komplot teen ons mense. Swak verby.

Hanna Hoekom ·

Plaasaanvalle bestaan mos nie, ne Cyril? Word mos uit ons duime gesuig… Dankie tog hierdie gesin het oorleef!

Karolis ·

Tydens plaasaanvalle of rooftogte ja maar andersins is dit ‘n goeie reling.

Stuiwer ·

Gewere moet eerder in kluise wees, veral as daar sulke klein kindertjies in die huis is.

AW ·

Het elke plaas klein kinders???

Tot op watter ouder dom word n kind as klein kinders beskou ??

Ek sou dink dat die Pa en Ma of dan die “Groot Mense” verstand sal he om te verseker dat die Klein kinders Nie by die vuurwapens sal uit kom nie!!!

Dat soos n kind “Groot word” hy of sy geleer sal word jy speel nie met n vuurwapen nie!!!

Dat kinders volgens die ouers se gesonde oordeel , Hulle k8nders sal leer om verantwoordelik op te tree itv n vuurwapen en hoe om n vuurwapen te kan gebruik….

Of mis ek iets hier….

Colleen ·

Cyril is ‘n leuenaar. Hy probeer geld kry oorsee maar as ek geld moes gehad het sou ek nooit dit aan hom gee nie. Ek is net bly die familie is ok maar die trauma sal nie vergeet word nie. Jy is nie eens veilig in jou huis nie.

James ·

CR die een ook seker van jou saak van roof. Daar is mos nie plaas moorde nie. Die warm plekkie maak dalk vir jou ook n plekkie.

LR ·

Stuur hierdie geval en toekomstige gevalle van plaas geweld direk aan die leiers van die G 10 lande. Maak dit sovêr moontlik bekend aan die wêreld se groot media huise soos CNN ens.
Maak al die detail bekend en stuur ook fotos.
Hoop dit is moontlik.

Joey ·

Dank die Vader vir aankomende voertuie en dat hul almal leef. Die letsels sal daar wees , veral sielkundig. Is dit nie hartseer dat ons nie eers meer rustig in ons eie omgwing tyd saam met families kan deurbring nie. Wonder hoeveel moorde sal nou met daardie vuurwapens gepleeg word. Ons sal moet leer om onsself te bewapen. Vuurwapens in kluis beteken niks.

Kathryn ·

Dankbaar almal leef. Die kinders is egter nie ongedeerd nie- díe trauma sal beslis ‘n merk los in hulle lewens. Hartseer dat ons kinders díe dinge moet beleef

Hannetjie ·

En nou Mnr President Ramaphosa??Soos die gesegde gaan: daar is niemand so doof soos die een wat nie wil hoor nie…en..daar is niemand so blind..soos die een wat nie wil sien nie.Laat die wereld kennis neem asb

Yster ·

En dit. 9 dae nadat n ou Tannie in Noorder Paarl vermoor is. Dit wys net dat ons in die Boland al minder veilig is .. Wapens moet lankal nie meer in n kluis wees nie. Bere op enige ander veilige plekke. Sterkte Ludwig en gesin.

Penellope Jones ·

Ons moet besef dat misdadigers tussen ons beweeg, bewegings dophou ens en heelmoontlik baie meer weet van ons as wat ons dink.

Deur die genade leef die gesin en alle sterkte vir hulle herstel, fisies en emosioneel.

AW ·

I know better than most people that a criminal isn’t always a thug in a black leather jacket with a big brand on his forehead to warn us away.
Criminals sit next to us on the bus. They pack our groceries and cash our paychecks for us and teach our children. They look no different from you or me. And that’s why they get away with it. – Jodi Picoult

A criminal remains a criminal whether he uses a convict’s suit or a monarch’s crown.– Victor Hugo

Grysburger Pretoria ·

Sterkte aan die gesin en spoedige beterskap. Hierdie gesin se trauma bewys weereens dat mense op 24/7 basis hulle wapens aan hulle moet dra. En dit geld veral vir vrouens ook. Dames moet asseblief die nodige opleiding ontvang en hul eie vuurwapens aanskaf terwyl mens nog kan. Ouer kinders moet ook geleer word om wapens te hanteer.

Maggie S ·

Dankbaar die paartjie het met NET geringe beserings daarvan afgekom – dit kon soveel erger gewees het. En dank onse Vader die kinders is ongedeerd.

Mense, ek is KEELVOL vir hierdie sinnelose nonsens. Ek en my man was vir nagenoeg 20 jaar in Ierland gewees (hy ‘n Ier), en nooit sou jy moes wonder oor ‘n aanval terwyl jy buite kuier. Ons oorweeg STERK om terug te gaan want die Hemel weet dis uitmergelend in hierdie hool.

Mr President jy is ‘n leuenaar! Jy sal enigiets sê of ibtken om die buiteland te paai VIR GELD, terwyl onskuldige mense seerkry of self doodgemaak word. Jy het bloed op jou hande!!!!

Ramapaddapot ·

Jy is verantwoordelik hiervoor ramaposa leuenaar.Jy is verantwoordelik.

Siek en sat ·

So jammer julle moes hierdeur gaan. Die dae van sorgvrye tye OP JOU EIE EIENDOM IS VERBY. Dankie Ramaposa en Malema. Dis mos wat julle wil he.

Jerry ·

“Prevention is better than cure”. N mens voel jammer vir die gesin wat deur die erge trauma en vernedering moes gaan. Dit steek my egter dwars in die krop dat almal, insluitende veiligheidsdienste, nog steeds reageer op misdaad in plaas daarvan dat hulle misdaad verhoed. Dit is onrusbarend dat na al die aanvalle wat al plaasgevind het, dat mense wat weet dat hulle n teiken is vir misdaad, steeds nie weet hoe om voorkomend op te tree nie. Het ons ou volkie na al die aanvalle nog geen lesse geleer nie! Veiligheidsdienste floreer as besighede, die dat hulle weet om te reageer, maar nie weet om te verhoed nie. Ons weet dat die manne op die grond hulle beste bedoel, maar ons wat weet, weet dat hulle erg tekort skiet aan bekwame leiding en insig, dis gewis! Mense wat nie slagoffers van misdaad wil word nie moet hulle lewenswyses drasties aanpas en verander. Julle kan nie meer elke Vrydagaand braai nie, julle kan ook nie meer gaan kyk hoekom die honde blaf nie. Soos Steve altyd gese het, dis hoe dit is!

Pieter ·

As oud Wellingtonner,is ek diep geskok.Sterkte aan die familie.

Emma ·

Dit wil voorkom as n mens braai moet jy jou wapens gereed he vir ingeval. Dit was so in namibie met die terroriste asjy toilet toe gaan neem jy jou wapen saam of iemand staan op aandag daar

Hello ·

Emma, ek stem saam met jou. Mense wil dit nie besef nie, maar misdadigers het oorlog verklaar teen wetsgehoorsame burgers. Daar is elke dag slagoffers van misdaad, maar geen misdadige slagoffers! Mense moet besef dat as die minister van polisie verklaar dat SA n misdaad oorlogsone is dan moet mense drasties hul lewenswyses aanpas!

Help mekaar ·

Kan die mense op plase nie gebruik maak van die Q50 horlosies nie? Ons kinders het GPS horlosies wat ‘n SOS uit stuur indien hul ‘n knoppie druk, ‘n APP word op jou foon gestoor en selfs as jou kind se hartklop vinniger klop kom daar ‘n waarskuwing op ons fone deur. As elke Boer so een permanent kan dra en sy buurplaas Boer laai die APP op sy foon sal hul mos die aanvallers kan bekamp en betrap met hul Radio sisteem. Dink net, die aanval gebeur, die boer druk onmiddelik die SOS knoppie, die NAASTE boer kry die SOS op sy foon en sal sien die man se hartklop en opgetel en sodoende die ander plase laat weet d.m.v hul radio stelsels. Hul sal mekaar moet help, want nie Trump of enige een van die regering gaan ooit nie.

TLC ·

Hoe ver is Trump met sy ondersoek oor die plaasaanvalle of het hy wragtag CR se lieg stories geval
Ek kan niks doen nie
Sodanige liegbek President wil niks doen nie
Is daar nie n plek waar ons elkeen iets soos n barreta daai klein revolvertjie kan koop nie
Ek sal myne in my bra dra
Hy is mos gerieflik klein net iets om jou en jou gesin te kan beskerm
Want kan sekerlik nou nie heeldag met haelgeweer rondloop nie
Ai mense ek klink seker simpel maar as ons net iets bydehand het wat n soort troos kan wees
So dankbaar niemand is dood nie
Amen

RG ·

Ek kan die kommentaar wat ek lees nie glo nie. Nie omdat ek nie daarmee saamstem nie, maar omdat ek nie kan glo dis waar ons is in hierdie land nie. Dat ons mekaar nou moet aanmoedig om gewapen te “ontspan”?! Julle kan my kruisie maar op julle magies skryf en met ‘n lappie afvee DA, want waar is julle, o ja, julle betoog iewers.
Sterkte aan die gesin, maar ek verdoem die daad en die mense daarby betrokke want selfs al het hulle oorleef is die skade, veral aan die kinders, onmeetbaar.
Hoe minder ek oor Ramaphosa sê hoe beter, behalwe dat mense tog nou moet ophou verwag dat hy enigsins omgee of nie van die aanvalle weet nie, asseblief, hy is heeltemal bewus en dis als goed in sy oë, dit het hy tog duidelik gemaak.

susan ·

DA in my dorp net daar om hulself te verryk. Ry duur motors gedurig op duur vakansies. Doen net hier en daar ‘n waterpyp wat bars. ASSEBLIEF

Netso ·

My vriende in die Kaap het gesê kom hierheen dis veilig ñ paar jaar terug! Jy kan nou nie eers in vrede braai nie, kyk daai arme vrou van Stilbaai wat doodgeskiet is vroër die jaar!

Stuiwer ·

Daar is orals misdaad. Nêrens is jy “veilig” nie. Maak egter die beste van jou lewe. Wees bewus van wat om jou aangaan, maar moenie in vrees lewe nie. As alles vir jou te veel raak, en jy kan dit bekostig, trek oorsee.

L&EV ·

Ek en my vrou het groot geword in Wellington. Dit ruk ons werklik erg, om te hoor hoe omstandighede ook in die Boland, so in die modder is, soos in die res van ons land !!! In die 70’s moes ek my land 4 maal op sy grense teen terroriste beskerm, nou is die goed tussen ons!
Baie sterkte aan hierdie gesin, die gebede van julle broers en sussies in Christus vergesel julle.

Francois ·

Ek dink dat as jy op n plaas bly of op die pad ry, moet jy en jou vrou altyd gewapen wees en vinnig kan skiet. Die dae van braai en ontspan langs die pad is verby. Jy moet die heeltyd rondkyk en wakker wees …….
Of wat dink julle ?

Jacomina ·

My kinders braai vanaand op ‘n plaas by vriende in die Paarl/Wellington omgewing. Nadat ek vanoggend die berig gelees het en besef het vyf aanvallers is “still at large”, was my eerste gedagte om die kinders te waarsku om op die uitkyk te wees vir booswigte terwyl hulle buite (probeer) gesellig verkeer met hul vriende. Daarna het ek woedend geword by die gedagte dat onskuldige mense nie eers ‘n aand kan saam geniet sonder om bedag te wees op gevaar nie. Mense kan nie eers meer in ‘n restaurant gaan eet terwyl die kinders in die speelarea hulself geniet nie, een ouer moet die heeltyd sit en kinders dophou. Selfs ‘n gewone aktiwiteit soos braai by vriende gaan nie gepaard sonder vrees nie. Ongelukkig is ek een van diegene wat die T-hemp van slagoffer dra, want my man was in ons huis vermoor na ‘n inbraak helder oordag vir twee selfone en ‘n DVD speler.

AW ·

Who are / is responsible to teach and empower the farmers about:

“Defensible Space”

“Situational Crime Prevention (SCP)”

“Crime Prevention Through Environmental Design (CPTED)”

When it comes to farm security??

Ella ·

Ek woon in die buiteland. Kan Maroelamedia asb ‘n engelse afdeling hê sodat ons hierdie kan deel dat die mense hier ook kan sien wat in SA aangaan.
As gewese boere is ek baie bly ons bly nie meer daar nie.

Marie ·

Weer n plaasaanval sonder dat iemand doodgeskiet word.Daar is n patroon mense,die hele ding word deur die regering beplan en moorde lyk nou sleg op die statistieke as mens wil geld leen. Ek is seker alle plaasaanvalle word deur die ANC /EFF
beplan en deurgevoer.

Ronelle ·

Dankie Vader die gesin is nog daar om die storie oor te kan. Die trauma daar na is veel erger. Glo as dit nie sy eie plaas was, maar daar bestuur het, sy baas hom / julle sal 100 present sal by staan en nie soos my kinders wat deur soort gelyke aanval op n private game lodge Hopewell in PE week deur die eienaar jul aanval as “hoax” beskou. Sterkte almal. Julle bly in gebed in die swaar en emotional tyd.

Stephen Namibia ·

LR moenie so naief wees. CNN is so ver links en Liberaal hulle sal nog die aanval goedpraat.
Kom tog by. Stuur dit vir liewer vir Trump.
Die witmense moet leer. Ek sal nie buite braai sonder twee pistole aan my sy as ek in SA woon nie.
Die wapens moet naby wees.

Renske ·

Baie jammer om dit te lees. Al die plaasaanvalle is kluise met vuurwapens… hoe weet hulle dit? Daai inligting word uitgelek of verkoop of gratis uitgedeel by die staat.. Hulle het mos al die name, adresse en wat se wapens daar is.. hoekom ondersoek iemand behalwe die ANC dit nie????

Anoniem ·

Mnr Die President

Marikana

Plaasaanvalle

Onteiening van grond sonder vergoeding – ons vat dit sommer

Jy is die hoof van die land maar Jy gaan aan God moet verantwoording DOEN want Jy is besig om Jou plig as Waarnemende Staatshoof te Versuim

???

Reynete ·

Ek kan nie glo daar is nog boere wat nou nog nie besef dat vuurwapens op heupe hoort nie, en nie in kluise nie. Ons moes lankal besef het ons is verantwoordelik vir ons eie veiligheid.

PJC ·

Ja Reynete mense dink nog steeds die Wes Kaap is veiliger as die res van die land.

Hennie ·

Ek is bly iemand het dit gesê, dit gaan my verstand te bowe dat enige volwasse bekwame mens in die hedendaagse SA sonder ‘n vuurwapen kan wees.

susan ·

Kwaai honde en gewapen en baie ligte wat ver om jou huis skyn Die honde waarsku jou. Wakker word mense. Hierdie is tog voor die hand liggend. Woon self op ‘n plaas. Hou biduur dan is al die mense gewapen nie noodwendig sigbaar nie. .38 Special gerielik aan jou belt.

dominee ·

Het ons geen meer heenkome.
Snaaks plaasmoorde het die internasionale media gehaal,die regering in n
swak lig gestel en nou word boere en hulle gesinne net wreed aangerand
en nie meer vermoor nie,het die regering dalk ander opdragte aan hulle
vryheidsvegters gegee.

Chris Ws ·

Susan jou mond moet jam kry!Ons woon op ‘n plaas saam met met swaer en sy vrou en my skoonma wat die eienaar is.Ek loop 24/7 met my 357 aan my.My vrou sn is in haar kluis aangesien sy nog nie genoegsaam herstel het na ons in ‘n motor ongeluk was nie.Het 9 skerp veiligheids ligte om ons huis waarvan 4 op ‘n 10 meter toring monteer is en die hele werf ,al drie huise ingesluit, helder verlig.Een hond slaap in ons kamer en 5 ander slaap buite.Het twee buurtwag (Marnet)radios plus twee ander radios wat almal op ‘n reuse battery gekoppel is en werk sonder evkom krag.So ons is darem redelik paraat vir aanvallers.My 6 skoot 357 het nie ‘n waarskuwingskoot in nie.Al 6 moet dadelik werk!

Schalk ·

O Vader in die hemel vergeef ons ons sonde.Laat U koninkryk kom in ons lewes Dat ons sal leef soos seuns en dogters. Vader ons vra dat U in U Almag sal ingryp en almal sal beloon volgens die werke van hul hande Vader beskerm ons Harte al is hul seer.Vader net U alleen kan oordeel, vanoggend pleit ek in U magtige Naam as Vader dat U wil ten volle Sal geskied vir die volbringing van U woord.Help ons om U verordeninge en voorskrifte te volg .Ons prys U Naam.

Anita ·

Schalk dankie dat jy Eer gee aan God. Almal skree CR en Trump. Mense net God kan help. Ja ons moet praat ook wees, want God het jou gesonde verstand gegee, maar glo my as jy God voortdurend elke dag vra om jou enjou gesin te beskerm met ‘n leërskare van Engele, SAL daar nie ‘n haar van jou hoof val nie. Ek kan getuig hoe God my en my Familie beskerm elke dag. Hope getuienisse. Maar ons mense Eer God nie meer as Ons Vader en Almagtige God nie. Jammer vd gesin se trauma.

Etienne Terblanche ·

Ek is baie jammer, maar mense kan maar vergeet om hulp te kry van Trump of enigiemand in sy regering, hulle/hy is so besig om homself en sy posisie as president te beskerm, hy het nie tyd om aandag te gee aan wat op plase in SA gebeur nie. In beide Europa en die VSA, is dit in elk geval totaal polities onkorrek om enigiets negatiefs te se of te publiseer, uit te saai op TV, waar die skuldige v n ander velkleur as wit is (en soos ons weet, is dit altyd die geval). Waar moontlik moet die mense wie eerste op die toneel is, fotos neem, (hoe “graphic” moontlik, en met toestemming v familie), en dit of Facebook of derglike sosiale media die wereld in versprei. Laat ons eerlik wees, Trump gaan heel moontlik nie lank daar wees nie, en ek weet nie of om sy hulp te vra in elk geval jou saak gaan help nie, inteendeel, ek glo dit gaan dit benadeel! Ek glo ook nie God gaan jou help nie, waar was hy met die 1000’e wie reeds vermoor is die afgelope 2 dekades, meeste v daardie mense heel moontlik gelowige mense – ek hoor hoe julle skree op my – maar “let’s face reality” – die oorteders glo nie in enige God nie! As julle nog kan, gee pad uit die land – vir meeste v ons dalk onmoontlik, maar as jy kan, doen dit!

Ek-sê-maar-net ·

“Al drie hulle kinders is ongedeerd”……wat ‘n grap! My opinie: hulle is alles behalwe ongedeerd! Die arme goedjies is dalk fisies ongedeerd, maar dink net aan die emosionele trauma waaraan die arme kinders blootgestel is! Grootmense kan nie sulke sinnelose aanvalle verklaar en/of verwerk nie, wat nog van onskuldige kindertjies! Ons kan maar net bid dat die Here die wonde aan die binnekant volkome sal genees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.