Wellington-skolier vas vir moord

Wellington Foto: winewalk.co.za

Wellington Foto: winewalk.co.za

ʼn 15-jarige seun is in Wellington in die Wes-Kaap in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn medeskolier met ʼn mes doodgesteek het.

“Die seun is Donderdag in hegtenis geneem na die 17-jarige skolier se dood,” het kapt. Frederick van Wyk, woordvoerder van die polisie in die Wes-Kaap, Vrydag gesê.

Die motief vir die moord is nog nie bekend nie.

Die seun sal Maandag in die landdroshof in Wellington verskyn. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.