Welpies wat nie kan loop uit skoktoestande verwyder

Die leeuwelpies word deur die NDBV verwyder. (Foto: NDBV via Facebook)

Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) het twee leeuwelpies van ʼn teelfasiliteit in Noordwes verwyder nadat die diere in haglike omstandighede aangetref is.

Die NDBV sê in ʼn verklaring die vereniging het ʼn klagte ontvang oor leeus wat in skokkende toestande aangehou word en inspekteurs het Donderdag ondersoek gaan instel. “By hul aankoms was die inspekteurs geskok om twee leeuwelpies te vind wat nie kon loop nie en tekens van ʼn neurologiese toestand toon,” lui die verklaring.

Dit was egter nie die enigste probleem by die fasiliteit nie. Volgens die NDBV was die hokke waarin die diere aangehou is heeltemal te klein. Daar is nie voldoende skuiling, ruimte of water vir die diere gegee nie. Die kampe waarin leeus, rooikatte, tiere en luiperds aangehou is, was glo ook vuil en parasities.

“Die rooikatte was oorgewig en nie in staat om hulself skoon te hou nie. Altesaam 27 leeus het brandsiekte gehad.”

Volgens die NDBV kon twee van die leeuwelpies wat aangetref is nie loop nie. (Foto: NDBV via Facebook)

Douglas Wolhuter, senior inspekteur van die NDBV se wildbeskermingseenheid, het sy skok oor die voorval uitgespreek en gesê dit is betreurenswaardig dat enige dier gedwing sal word om in sulke omstandighede te leef. “Die feit dat hierdie diere reeds hul lewe op onnatuurlike wyse in aanhouding moet slyt vir handeldoeleindes, maak dit net nog verskrikliker,” het Wolhuter gesê.

Die NDBV het die twee leeuwelpies wat nie kan loop nie onmiddellik verwyder en hulle word tans deur ʼn veearts behandel. Veeartse is ook gestuur om na die res van die diere by die fasiliteit om te sien.

Intussen word die saak verder ondersoek en is die NDBV besig om ʼn saak saam te stel sodat die skuldiges vervolg kan word.

“Die handel van wilde diere maak die deur oop vir gruwelike wreedheid, hetsy met opset of deur nalatigheid. Waar daar geld en diere betrokke is, sal daar wreedheid wees,” het die NDBV gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

39 Kommentare

jongste oudste gewildste
Theunis Nel.

Sluit asb die eienaars in dieselfde hokke toe. Haat dit as mense nie respek het vir diere nie.

Flos

Terrible. Mens will huil dink diere word so behandel.

Antigroen

Hierdie is die direkte oorsaak vd groen slym wat n baie gesonde bedryf gekelder het. Hulle kry miljoene aan skenkings maar gebruik nie een sent om een dier te versorg nie. Hulle propageer net om fondse te kry. Dit kos R1000 per maand om een leeu te versorg. (Syfer is afgerond) om dit gestand te doen moet daar n inkomste wees wat die diere genereer. Maar die eienaar moes lankal al sy diere verkoop het of uitgesit het. Dis dieremishandeling in die ergste graad. Die man het n werker op die plaas wat hom verskeie kere versoek het om plan… Lees meer »

Waarheid

Dit is so verskriklik dat ek nie woorde het nie.

humor

Dit is nie alleen met opset of nalatigheid nie dit is alleen uit en uit slapgattigheid en ook die gejaag om met die laaste sent wins te maak. Te inhalig om te spandeer om selfs siektes te bekamp. Hierdie winsbejagtheid maak hul so blind dat hul geen lyding meer waarneem nie.