Welpies wat nie kan loop uit skoktoestande verwyder

Die leeuwelpies word deur die NDBV verwyder. (Foto: NDBV via Facebook)

Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) het twee leeuwelpies van ʼn teelfasiliteit in Noordwes verwyder nadat die diere in haglike omstandighede aangetref is.

Die NDBV sê in ʼn verklaring die vereniging het ʼn klagte ontvang oor leeus wat in skokkende toestande aangehou word en inspekteurs het Donderdag ondersoek gaan instel. “By hul aankoms was die inspekteurs geskok om twee leeuwelpies te vind wat nie kon loop nie en tekens van ʼn neurologiese toestand toon,” lui die verklaring.

Dit was egter nie die enigste probleem by die fasiliteit nie. Volgens die NDBV was die hokke waarin die diere aangehou is heeltemal te klein. Daar is nie voldoende skuiling, ruimte of water vir die diere gegee nie. Die kampe waarin leeus, rooikatte, tiere en luiperds aangehou is, was glo ook vuil en parasities.

“Die rooikatte was oorgewig en nie in staat om hulself skoon te hou nie. Altesaam 27 leeus het brandsiekte gehad.”

Volgens die NDBV kon twee van die leeuwelpies wat aangetref is nie loop nie. (Foto: NDBV via Facebook)

Douglas Wolhuter, senior inspekteur van die NDBV se wildbeskermingseenheid, het sy skok oor die voorval uitgespreek en gesê dit is betreurenswaardig dat enige dier gedwing sal word om in sulke omstandighede te leef. “Die feit dat hierdie diere reeds hul lewe op onnatuurlike wyse in aanhouding moet slyt vir handeldoeleindes, maak dit net nog verskrikliker,” het Wolhuter gesê.

Die NDBV het die twee leeuwelpies wat nie kan loop nie onmiddellik verwyder en hulle word tans deur ʼn veearts behandel. Veeartse is ook gestuur om na die res van die diere by die fasiliteit om te sien.

Intussen word die saak verder ondersoek en is die NDBV besig om ʼn saak saam te stel sodat die skuldiges vervolg kan word.

“Die handel van wilde diere maak die deur oop vir gruwelike wreedheid, hetsy met opset of deur nalatigheid. Waar daar geld en diere betrokke is, sal daar wreedheid wees,” het die NDBV gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Theunis Nel. ·

Sluit asb die eienaars in dieselfde hokke toe. Haat dit as mense nie respek het vir diere nie.

Ria Maritz ·

Dis ‘n gruwel om dit te doen. Mag die skuldiges swaar gestraf word.

Lorraine Binneman-DeVries ·

Mag God hierdie skuldiges so hard straf.

Antigroen ·

Hierdie is die direkte oorsaak vd groen slym wat n baie gesonde bedryf gekelder het. Hulle kry miljoene aan skenkings maar gebruik nie een sent om een dier te versorg nie. Hulle propageer net om fondse te kry. Dit kos R1000 per maand om een leeu te versorg. (Syfer is afgerond) om dit gestand te doen moet daar n inkomste wees wat die diere genereer. Maar die eienaar moes lankal al sy diere verkoop het of uitgesit het. Dis dieremishandeling in die ergste graad. Die man het n werker op die plaas wat hom verskeie kere versoek het om plan te maak. En die eienaar wou nie geld uitgee nie.

Petrus ·

Jy’s reg…maar nie slegs sommige groenes wat skuldig is nie. Haal die woord leeu uit en vervang met skaap of bees – selfde storie. Jaarliks moet sommige mense(noem hulle boere as julle wil) wat skape en beeste aanhou mos droogtehulp kry….maar eers moet die dier mos ly en nogmaals ly…..want hoe ver kan hulle daai beursie rek voor hulle bereid is om geld te verloor….en dis waaroor dit maar gaan wanneer diere se lewe bloot kommoditeitswaarde het…..die geldjies!

Slim Jan ·

@Petrus…. jy is baie slim vanoggend….. jy boer seker nie en jy het natuurlik nie jou totale familie fortuin uit gevoer…. jy is nie bereid om enduit te glo, vas te byt en later by die “garage” op die dorp te eindig waar jy werk vir kos van die hand tot die mond….. hierdie ding genoem droogte het nie tekens en brieke wat langs die pad uitspring nie. Dis was en die effek is die ergste wat voor gekom het in die vorige 100 JAAR. Plaas slaan jy jou hande saam en leef uit DANKBAARHEID oor die klere aan jou lyf wat nie op sluld is nie. Sies man jou attitude stink. Jy wil net verteer wat deur n boer daar gestel is en te lam sakkig om self ‘n vinger te lig. Die dag gaan kom wat jou geldjies ook niks vir jou kan doen. DAN GESELS ONS WEER.!!! Tot dan Petrus.

humor ·

Dit is nie alleen met opset of nalatigheid nie dit is alleen uit en uit slapgattigheid en ook die gejaag om met die laaste sent wins te maak. Te inhalig om te spandeer om selfs siektes te bekamp. Hierdie winsbejagtheid maak hul so blind dat hul geen lyding meer waarneem nie.

Els ·

Sluit daai mense in dieselfde hokke Toe sonder kos en water en sorg dat hulle nie kan uitkom nie!! Hulle verdien niks beter nie!! Hulle is moordenaars!!!! ??

Belinda ·

Tronk straf!!!! Niks minder as 25 jaar nie. Hoe slaap hulle in die nag met die wete dat hulle monsters is?

Susan ·

Nou wonder mens waar het di arme diere in di 1ste plek bandaan gekom om hulle lot en dood hier te moes tegemoet kom. En dan nog by rooikatte ook

Amelia ·

Ek wonder watse tipe mense kan dink dit is reg om so iets te doen? Dalk iemand wat grond gekry het en toe gedink het dit is net van kry en dan het jy geld. Nie gedink alles het werk aan verbode nie. Soos die vark plaas en weermag perde. Dit maak nie saak wie. In die Bybel word gese Dat die mens sal heers oor diere en plant…… Wat n fout!

Susan ·

Nou wonder mens waar het di arme diere in di 1ste plek bandaan gekom om hulle lot en dood hier te moes tegemoet kom. En dan nog by rooikatte ook

Jeremia ·

Begin om mense in presies dieselfde toestande op te sluit as waarin hulle hul diere laat. Begin sommer daar in Noordwes en brei dit dan verder uit.
Dit geld vir mense wat nie na troetel- plaas- of wilde diere kan of wil (laat) omsien nie.
Na so ‘n paar dae sonder kos en water plus ander haglike omstandighede sal daar dalk ‘n oorlewende en ‘bekeerde’ persoon / persone wees.
Let wel – dalk. Want gewetenloosheid is eintlik ongeneeslik.

Johanna Botha ·

Dit is net SIEK …Die wat dit die minste kan bekostig het 18 katte 15 honde en 2 perde !

Es ·

Hartelose gevoelose monsters..sal eendag moet rekenskap gee…die wiel draai!!! Stadig maar seker

Lizelda ·

Nou ja…voor my kommentaar weer verwyder word oor ek TE eerlike kommentaar lewer, laat ek maar net se…ek hoop die eienaar, sy vrou, kinders en almal wat hiervan geweet het maar gekies het om stil te bly sal ewige hartseer en lyding in hulle lewe beleef. Hoop ek het dit sagkuns genoeg gestel!! Want wat ek eintlik wil se sal mense se is haatspraak…

Henda Myburgh ·

My hart is stukkend die wreedheid regverdig tronkstraf ek verkies natuurlik n dood skoot ons wette is nie streng genoeg vir sulke wreedheid nie of dit word nie streng genoeg toegepas nie wat n skande hulle hoort in die natuur vry ……. nou word hulle in sulke haglike omstandighede gehou ek is woedend …….. swaarste boete of straf vir hulle DBV ASSEBIEF!!

Slim Jan ·

Dankie DBV dat julle onbaatsugtig ook omsien na hierdie geval.

Els ·

Hulle kan nie tronk Toe gaan nie!! Daar kry hulle kos en hopelik net water en hulle Sal beter slaap As in ‘n klein vuil hokkie!’n

Els ·

Hulle kan nie tronk Toe gaan nie!! Daar kry hulle kos en hopelik net water en hulle Sal beter slaap As in ‘n klein vuil hokkie! Sies!!!! Julle is Sommer net lae tipes!!

Boervrou van limpopo ·

@petrus. Praat namens jouself. Jy het geen idee van n boer, droogte of droogtehulp nie. Dalk moet jy n paar plaasbesoeke daar in jou omgewing doen

DA BO ·

The righteous care for the needs of their animals, but the kindest act of the wicked are cruel. PROVERBS 12:10

Jean ·

Ongeweldig wreed! Hartverskeurend om n leeu so te sien,enige wilde dier,enige mak dier! En tog gaan hulle net n klein boetetjie kry…as dit gebeur.ondenkbaar dat enige iets wat leef so sonder respek kan behandel word.Afgryslik en vreeslik ontstellend!

Oujongvrou ·

Lettie ek weet nie na wie jy nou hier verwys nie, so se asb vir ons.

Astrain ·

Die morele kompas van die oorgrootte meerderheid inwoners van Suid-Afrika is in sy peetjie in. Ek werk in bewaring en al wat ek kan se is…dis ‘n hopelose taak en dis beter dat die mens uitgewis word. Daarby sluit ek myself in. Ons het geen vermoe meer om hierdie sneeubal te keer nie, dit gaan wereldwyd so. Sommige bevolkings is besig om die wereld te verteer soos ‘n reuse plaag kommando wurms…

Christo ·

Geld is ‘n afgod wat geen waarde het as jy jou siel daaraan verkoop het nie. Die ‘eienaar’ hoort in die hof en verbied word om ooit weer enige dier aan te hou. Sodra diere onder jou doelbewushet jy jou lewenswaardes verloor .

Anita ·

Ondersoek al die diere plekke, die eienaars moet summier toe gesluit word, diere kan nie praat nie, die mishandeling is pynlik.
‘n Ander ondersoek moet deur gesondheids inspekteurs gedoen word op alle restaurants, voedsel verskaf plekke want mense kan praat maar niemand luister nie, die diere kan ten minste aandag geniet deur die media.

Attie. ·

ek moet vir sekere plante ‘n permit he en die Mpumalanga Parkeraad mag enige tyd inspeksie kom doen…en dit vir plante… waar diere betrokke is, soos in hierdie geval, moet die Natuurbewaringsbeamptes toegesluit word saam met die eienaar. Of beter nog, gee die eienaar vir my vir ‘n paar maande.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.