Welsynbetalings aan 17 000 onwettige immigrante ontken

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) het homself gedistansieer van ʼn “fopnuus”-artikel wat beweer dat die agentskap per ongeluk 17 000 onwettige immigrante van Zimbabwe betaal het.

Die artikel word sedert Dinsdag op verskeie webwerwe gedeel.

“Sassa distansieer homself van hierdie xenofobiese artikel wat die publiek wil verwar en die regering se pogings ondermyn, om ʼn buffer teen die vlakke van armoede in die land te verskaf deur maatskaplike sekuriteit,” het die agentskap in ʼn verklaring gesê.

Sassa het verlede week ʼn krisis beleef en meer as 700 000 begunstigdes het nie betyds betalings ontvang nie.

“Die welsynstelsel is tans gestabiliseer en ons sal die moontlikheid van enige tegniese probleme uitsluit,” het die departement gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

IK ·

Geen kommentaar . . . Sien ek ‘n rokie of is dit net mistigheid . . . ?

Vryheid ·

Is dit werklik fopnuus, ek weet van werksmense in ons dorp wat van Zimbabwe afkomstig is wat sassa eis elke maand. Nie so fop as wat hulle dink nie.

Daan Erasmus ·

Dit sal my nie verbaas nie. Dit is so maklik om te sê dit is fop nuus.

Joshua ·

Wonder hoeveel duisende ‘mense” aan SASSA behoort wat glad nie bestaan nie en wie se ‘uitbetalings’ aan korrupte beamptes gedoen word.

Henk ·

Hulle kan dan stem, hoekom kan hulle nie geld kry ook nie. Hulle word deur die anc befonds om stemme te verseker

Rêrig? ·

Ek weet vir n feit onwettige immigrante kry mediese behandling en ambulanse in SA verniet, so hulle kan baie moontlik ook SASSA geld kry.

Griet ·

@Vryheid. Openbaar jou kennis aan Afriforum/MM, Hulle sal di saak verdere feite gee en daarvandaan verder vat

Henk du Toit ·

Fopnuus julle sê? Besoek Wepener en Zastron en gaan sien vir julleself hoe ons belastingbetalers die mense van Lesotho ook onderhou. Was dit maar net 17 000 was dit nie so erg nie. Dit is na my raming meer as 500 000. Die probleem met sosialisme is dat jy op ‘n stadium uit ander mense se geld uithardloop. Hierdie is presies waarom die blanke NOOIT n eie volkstaat of tuisland sal kry nie. Wie gaan dan gemelk word?

Rooi Jan ·

Henk dit is So waar wat jy daar sê. Ons paddas moes geweet het dat Suid Afrika net een pad kan loop en dit is die Afrika pad. En die “moderne” ekonomie wat die NP gebou het oor 50 jaar is nou so te sê op sy laaste bene. Hy begin klink soos n Luister enjin wanneer die petrol opraak. Die ANC en sy mal vleuel die EFF gaan die vrugte pluk ongelukkig gaan hulle eers die blankes uitmoor in die proses. Het ons baie langer geneem as Zim, Mos, Angola, Kenia, Tanzanië, Zambië ens ens ens maar nou ja ons ekonomie was baie groter en daar was meer van “ons” wat hulle nie vinnig genoeg kon uit transformeer nie.

Johanna Botha ·

As hulle ontken kan jy maar weet dit is waar …sal my ook gladnieverbaas nie ! Die hele land is pap vrot !

Hanna Hoekom ·

Dit moet fopnuus wees, want daar is BAIE meer as 17 000 onwettige immigrante wat elke maand bakhand staan! Gaan kyk gerus in Warmbad. Zimbabwiers en Mosamniekers elke maand in daardie Sassa rye!

Nuuskierig ·

Ek wonder nou as die buitelandse burger met ‘n Suid Afrikaanse Burger trou – kry hulle dan burgerskap hier? Hulle kinders sal sekerlik op kindertoelae geregtig wees!

Freud ·

Soos ek die berig lees distansieer hulle net hulle self van die berig maar ontken nie die inhoud daarvan nie.

Emma ·

En so raak die sirkus net al hoe groter. Stop hulle in vir stemme. Hope van daai mense kan gaan werk maar nee geld is mos verniet.

nico k ·

Onwettige immigrante kan uit die aard van die saak nie toelaes kry nie, maar ‘n onwettige wat wettig geword het, soos deur te trou met ‘n SA burger, kwalifiseer dan wel vir toelaes. Baie Zimbabwers is jare in die land en het al burgerskap gekry en kan dus kwalifiser vir toelaes. En dan it dit ook nie moeilik om onwettig ‘n permit of ID in die hande te kry nie en om dit te keer is onmoontlik. Maar dat onwettiges toelaes kry by SASSA glo ek nie.

Judge Dredd ·

Korrek, SASSA het nie 17000 Zimbabwiers betaal – SASSA het slegs 16999 Zimbabwiers betaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.