Welvaartbelasting: ‘Mense kan eiendom, spaargeld verloor’

geld ekonomie suid-afrika

Argieffoto

Die sakeregtewaghond AfriSake het sy kommentaar oor die voorgestelde implementering van welvaartbelasting by die Davis-belastingkomitee (DBK) ingedien en aangevoer dat dit Suid-Afrika en die ekonomie meer skade sal berokken as wat dit armes sal bevoordeel.

Die organisasie het ook versoek dat die DBK die implementering van ’n belastingkorting vir private sekuriteit en openbare en private vervoer ondersoek.

“Die implementering van welvaartbelastings op onbesette grond, die waarde van eiendom en ’n jaarlikse welvaartbelasting kan daartoe lei dat mense, veral bejaardes, hul eiendom en spaargeld verloor,” sê Charles Castle, bestuurder van AfriSake se arbeidswetsadvieseenheid. “Welvaartbelasting op die waarde van eiendom, veral met geen aanduiding van plafonne of ’n definisie van ‘rykdom’ nie, laat Suid-Afrikaanse burgers, en veral eienaars van eiendom, in die donker.”

Castle sê indien ’n eiendomsplafon van R1,5 miljoen vasgestel word, sal dit beteken dat alle eienaars van eiendom bo dié waarde verplig sal wees om welvaartbelasting te betaal.

“Indien jy dus ’n eiendom in 1980 vir R500 000 gekoop het en dit steeds besit met ’n huidige waarde van R2 miljoen sal daar van jou vereis word om welvaartbelasting te betaal. Dít sonder inagneming dat jy ook moontlik vir die besit van onbesette grond belas kan word.

“Die implikasies hiervan kom neer op die arbitrêre ontneming van eiendom deur middel van die implementering van welvaartbelasting, wat inherent beteken dat die regering nie nodig het om die Grondwet te verander nie, maar die verlies van eiendom kan bewerkstellig deur skokkende hoë belastings te implementeer. Artikel 25 van die Grondwet sal ernstig deur die implementering van enige vorm van welvaartbelasting op die waarde van eiendom en/of onbesette grond geraak word. Eiendomsregte in Suid-Afrika is in gevaar weens die huidige regering se implementering van drakoniese en kommunistiese wetgewing in hierdie outoritêre staat onder ANC-gesag,” sê hy.

Hy sê alle Suid-Afrikaners moet aan die gesprek en prosesse rakende eiendomsregte in Suid-Afrika deelneem en verder ook deel word van georganiseerde organisasies soos AfriSake om die toekoms van eiendomsregte in Suid-Afrika te verseker.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

65 Kommentare

Vra raad asb! ·

Het raad nodig. By munisipaliteit is huis gewaardeer R1.4 miljoen,by bank R1.8 miljoen. Dis belaglik hoog!! Hoe en deur wie kan ek die regte waarde bepaal? Baie sterkte aan julle,ons het julle mense nodig!

Jolandie ·

Moenie jou munisipale waarde betwis nie. eendag as jou boedel ingehandig word sit mens eerder die munisipale waarde o as die markwaarfe, want jou boedel word ook erg belas.

anton ·

Kortliks.
Hou in gedagte dat jou eiendom 2 verskillende waardes het.
Een sal wees om dit te herbou veronderstel dit brand af. Die sal gewoontelik baie meer wees as die tweede waarde wat gewoontelik die herverkoop waarde is.
Jou versekerings premie word bepaal op die herbou waarde van die eiendom.
Die herverkoop waarde word gewoontelik bepaal deur die algemene waarde van eiendom in die omgewing waar jou eiendom geleë is asook die grote van die eiendom en die afwerking daarvan.
Jy kan ook natuurlik n waardeurder kry en jou eiendom laat waardeur, teen n fooi natuurlik.
Hulle sal dan vir jou kan sê wat die herbou waarde asook die herverkoop waarde van jou eiendom sal wees.
Hoop dit was van hulp.

Marisa ·

Oppas vir bankwaardasies – hoe hoër die paaiement is wat hulle uit jou kan kry, hoe gelukkiger is hulle. Vergelyk jou eiendom met eiendomme rondom jou se verkooppryse. Maak jou afleiding na aanleiding daarvan.

Gatvol ·

Kry n onafhanklike waardeerder en doen jou eie privaat evaluasie.

Andre ·

Mense kan ons asseblief die liberaliste en FW manne se kommentaar op die artikel ontvang tesame met hul “oplossings”.

Maryn van wyk ·

Hul is daarop uit om die lewe moeilik te maak, nie makliker vir ons. Dinge gaan nog moeiliker word….ons leef in laaste dae. Ons het 1 ha in pta….kan net dink wat dit beteken. Voorspoed jul ouens!

Robert ·

Ek lewe al die afgelope 62 jaar “in die laaste dae” . Ek het wakker geskrik en agtergekom die lewe wag vir niemand.

Piet Pompies ·

Iemand wat gedurende 1980 ‘n huis van R500K kon bekostig moet skatryk wees, my ouers het ‘n 4 slaapkamer huis in dieselfde tyd verkoop vir R4500. Ek glo eerder dat die huis wat in 1980 R500K gekos nou waarde van R50M het en welvaart belasting is van toepassing.

johnny peters ·

hoekom? die persoon in daardie situasie het inkomstelasting betaal op due geld waarmee hy/sy die eiendom BETAAL het. in 1980 ook verkoopbelasting daarop betaal. vir 37 erfbelasting daarop betaal. hoekom moet hy/sy nog deur hebsug besteel word. hulle moet eerder gaan kyk hoeveel werkende swart ouers kry kindertoelaag. as jy werkloos is, wees vir almal se onthalwe ook kinderloos of jy wit swart of pers is

nettie ·

Jy is reg Piet. As daai persoon sy huis vandag wil verkoop gaan hy dit vir miljoene verkoop. Dus moet hy maar belasting betaal. Ryk wees moet met verantwoordelikheid gepaart gaan.

CA ·

Ek dink julle verwar dalk kapitaalwinsbelasting met die voorgestelde “welvaartsbelasting”. Hoe dit ookal sy, beide is oneffektief en onsinnig.

John ·

Bloedsuiers en parassiete is wereldwyd besig om onder die motto ‘menseregte’ oor te vat. Geen grens word geduld nie. Die doelpale skuif met geboortesyfers wat skrik vir niks. Domminerende Duitsland is woedend vir May en Trump omdat hulle nie die inval se afval-oorloop wil opvang nie en die sluwe wereldpers speel lustig saam om elke ‘his-story’ as die waarheid te voorblad. In SA word die 10 gebooie nou vroom deur ‘n Zoeloe-induna-kwasi-dominee gewysig en gedwonge steel ingevoeg. Ons sensuskantoor kan maar sluit. Die rubberbote vol geboortsyfers loop sommer droogvoets hierheen en paal en sink orals op langs wit mielielande. ‘n Goue R100 000 000-noot gaan een van die dae deur ons tandlose nefie, Gigaba, in ‘n nuwe ‘sweet little suit made in India’, op ann7 gefladder word ~ weereens voor die so eerbare ‘new age’-koerante. Terloops, waar koop mens nog die outydse Aga-stowe vir die ‘koue fronte’ wat kom voor 30 van bo genoemde goue nuwes uitgehaal sal moet word?

Ai ·

Sjoe, wonder wat Zuma se welvaartsbelasting gaan wees op Nkandla?!?!?!

CAROL ·

Ha ha ja nee wil ek ook weet. Maar uh hu hys mos “the man” hy sal seker nie n sent betaal nie!!!

Nasionalis ·

Nkandla se regte waardie sal nie oor R1.5 miljoen wees nie. Die res van die geld is gesteel.

Jaco ·

So word n ou net verder gestraf as jy jouself doodwerk en iets van jou lewe probeer maak in Suid Afrika! HOE DURF EK MEER TE HE AS ANDER? Hoe durf ek om meestal elke dag van my lewe van 05:00 soggens op te staan en te bou aan n ondernenimg tot laat saans. Hoe durf ek bou aan my drome, toekoms en om vooruitsrewend te wees!! Hierdie landjie sal my druk tot op n punt waar ek als verkoop en myself aansluit by n land wat mense soos ons beloon!! Wat gaan dan van my werkers en hul families word? Gelukkig dan nie meer my probleem nie!! Suid Afrika is inderdaad in GROOT MOEILIKHEID!!!

dom ·

Jaco jong ek stem saam . Ek dink die wat kan moet maar hulle losses aanvaar en wegbreek van die land. Ek is seker daarvan iewers daar buite is daar n plek vir ons . As zuma als wil he help dan die witman om uit die land te kom en julle kan dan verder als vernietig. Ek is bereid om my hele lewe en als hier op te gee om van vooraf te kan begin op n beter plek. Nie elke dag om te kyk en bekommerd te wees vir my familie nie net omdat ek n wit vel het.

Melkkoei ·

Ja dit is skokkend dat ons wat 20 jaar aan ‘n huis afbetaal het met BLOED EN SWEET En ‘n paar spaargeldjies bymekaar gemaak het om van te leef nou so belas gaan word dat ons later nie vir onsself kan sorg nie. Sou hulle eerder wou sien dat ons ook in die SASSA ry gaan staan? TAns kos ek die regering NIKS nie want ek het my eie huis en eie karretjie alles afbetaal en sit met ‘n paar rand ‘n maand rente wat my spaargeldjies oor 30 jaar vir my gegee het .. nou wil hulle dit ook nog vat? Al wat ek weet jy kan net SOVER vat, dan is daar fietol meer om te vat .. WAT DAN? ONTHOU ons genereer’n inkomste, sorg vir onsself en plaas GEEN las op die regering nie, as julle al ons goed vat, kry julle in elk geval NIKS nie .. as jy die KOEI doodgemaak het, kry jy nie meer melk nie. Ek dink ernstig ons wittes moet padgee, die LAASTE een .. verkoop en move ..

jaco ·

Sterkte met die soektog. Meeste westerse lande belas die middelklas buite verhouding deesdae.

Lollie ·

Wat vir my so lagwekkend is is die feit dat ons by verre in die minderheid is maar o wee ons is alewig vir hulle ń bedreiging! Meeste van hulle leer nie, werk nie, spaar nie ens. Ons wat al daardie dinge doen moet gestraf word daarvoor? Pleks daarvan word hulle aangemoedig om al daardie dinge te doen. Maar hoekom sal hulle as hulle NIKS hoef te doen nie en alles net te ontvang!

snoefie ·

die geldgierigheid is regtig n steen Des aanstoots. volgende gaan wees dat die”massas” gaan betoog en privaat eiendoms gaan brand. die booswigte van Coligny het daarmee weggekom. hoekom nie in Jhb, Pta of Bethlehem nie. want dink nugter hier oor, sover dit hulle betref gaan dit net blankes wees wat betaal, die massas wat dit gaan kry. die straatsmouse en Chinese winkels doen n heel lukrate besigheid en betaal geen belasting nie. in meeste klein dorpe doen die straatsmouse beter as die winkels sonder dat hulle n handelslisensie het. sonder dat hulle huur betaal, sonder dat hulle water, krag of munisipale dienste betaal. wat van die taxi eienaars? bo en behalwe geen inkomstebelasting, doen berig nou al jare lank die rondte dat hulle eerste tenk petrol van die dag gratis kom. hoe word hulle inkomstelasting bereken? betaal hulle ooit inkomstelasting? wees konsekwent anc. inkomste is inkomste of dit nou is as ceo van die awb of as straatsmous of as prostituut langs die r37. inkomste is die geld wat verdien word

david ras ·

Neem kennis van die man aan stuur van sake–regter Dennis Davis, bekende lid van die Suid Afrikaanse Kommuniste Party…..
Ek het nie veel hoop vir ‘n verandering in denke nie….!

Johann Vorster ·

Sien dit is die probleem met die soort mense. Hulle wil net hê en hê. Wag tot hulle kom met, as jy meer as een huis of voertuig het, moet jy dit vir die agtergeblewenes gee. Vraatsug en gierigheid is ‘n baie groot siekte. Kan hulle…… nie sien wat is besig om te gebeur nie. Die buiteland is besig om te onttrek. Dit klink na ‘n baie goeie idee. Ek tob al oor die idee vir 3 jaar. Of ons moet ons rug styf maak. Nie almal kan weghardloop nie.

Raai bietjie ·

Een sin , drie woorde: VRAATSUGTIGHEID VAN PARASIETE

Debbie ·

Dit beteken nie as jy ‘n pensionaris is dat jy geld het nie! Jy werk jou hele blerrie lewe om net eendag op jou ou-dag ‘n dak oor jou kop te kan hê, maar dit beteken nie dat jy iewers ‘n vet spaarvarkie het wat die regering maar kan tap wanneer hulle wil nie. Ek weet van baie oumensies wat slegs huise oor hulle koppe het en slegs met ‘n staatspensioen oor die weg moet kom. Belas dan die wat belas KAN word, nie die mense wat elke dag moet baklei om net die dak oor hulle koppe te hou nie!

Inge ·

My moeder is ‘n huisvrou. Met my pa se afsterwe het hy vir haar die huis gelos. Sy het GEEN inkomste nie, so hoe nou? Beteken dit sy sal nou belasting moet betaal? Dit is belaglik!

Frans C ·

Mense dit is die uitvloeisel van ‘n klakkelose oorgawe wat destyds deur die NP beding is.
Die ANC was in alle opsigte ‘n organisasie wat in sy topbestuur veral God en sy gebod eenkant geskuif het en van Jesus ‘n soort van die voorloper van die moderne vryheidsvegter gemaak.

Mense neem my kwalik as ek mense wat veilig oorsee sit en skryf aanvat dat NP-regering nooit oop kaarte met sy kiesers gespeel het nie en met ‘n organisasie wat in sy kern korrup was onderhandel het nie. En die onderhandellaars is uitgelag deur hul opponente.

Die ANC het nooit geweld afgesweer of van die doelwitte vervat in sy Vryheidsmanifes afgesien nie.Op plaaslike vlak was die motto ‘potensiaal’ oor ervaring en kundigheid.
Selfs baie geleerde familielede erken nou ‘ons het nie geweet nie’ en die ‘land is in sy moer.’

Vandag pluk die meerderheid ongeag hul kleur die wrange vrugte, is 17 miljoen mense
afhanklik van staatshulp,skiet werkloosheid die hoogte in,ampetelik 27.7% en sak die aasvoëls in die vorm van die Guptas in groot getalle op Suid Afrika neer.

As dit nie drasties verskil van die prentjie wat die NP destyds aan sy kiesers voorgehou het,besoek dan gerus die blanke plakkerskampe.Minstens 14% van blankes is terug in dieselfde posisie as hul voorouers in 1948.

Boerseun ·

Dankie Frans, jy praat die waarheid, die ongemaklike waarheid wat selfs Maroela nie van hou nie! FW se konstitusionele verraad was die begin van die witman se einde!

Andre ·

Frans C jy is heeltemal reg. Hierdie sg. “welvaartbelastings” is maar net om nog geld van die blankes te vat sodat die paradys wat hier geskep is – sommer vir die res van Afrika ook wat hier instroom – lustig kan voortgaan. Iewers moet die geld vandaan kom vir al die huise wat gebou word, DSTV, luukse motors, partytjies, hemelhoë salarisse vir niksdoen, toelaes vir kleintjies maak, werkloses, en dies meer.

sl ·

stem saam Frans. en die mense wat “ja” gestem het het geld bo God gekies. Ons almal het geweet dat as die “ja-stem ” wen dat SA ñ sekulêre staat sou word. Nou dra ons die gevolg van dit en glo my dis maar net die begin.

Pieter Fourie ·

Hoe lyk en word volle Nasionaliseering toegepas?
Alles word/is die gesamentlike onverdeelbare eiendom van net eg geboortereg ware Burgers genoemd die Staat, ander en/of dubbel Identiteit individue en/of instansies geheel en al uitgesluit.
Derhalwe alles ondergronds, alle grond, alles ookal direk of inderek verbind met die vaste meetbare en dus bakenbare grond binne die Internationale grens van die land, asook alles geregistreerd onder die Staat se beskerming en/of beheer is die gesamentlike onverdeelbare eiendom van net egte geboortereg Burgers van die land, waarookal diegene hul mag bevind.
Eksklusiewe okkupasie, benutting en vrugregte word grond afgebakend gelisensieer, onder afgebakende Lokale Regerings beheer en bestuur geplaas, wie die waardasie daarvan bepaal en die se bepaalde verhuur gelde (Rates) daarvan vir die Staatskas invorder.

Skrik wakker, Nationalisering is alreeds gedoen, met behoud van vryehandel van gelisensieerde regte as markverwante vergoeding, per die Konstitusie.
New Mining License Rights, per prescribed T&C’s.
Municipal Property (Rental) Rates Act of 2004, fully re-Demarcated, Valued and rental Rated from 2007.
All entities must now submit Statutory Returns and Annual Audited Financial Statements how entity is managed for and on behalf of the State (Citizens).

Nationalisation in reality and law, done and dusted.

Veronderstel daar is 40 miljoen ware Burgers en 15 miljoen ander inwoners in die RSA, totaal 55 miljoen
Veronderstel Burgers is geregtig op 150 vk.meter grond (60,000 vk. Kilometer) en alle ander op 100 vk.meter grond (15,000 vk. Kilometer). In totaal 75,000 vk.Kilometer grond vir Bewoning en Tuisbedryf, net 6% van RSA se 1,221, 017 vk.km

Andre ·

Pieter, jou veronderstelling oor die bevolkingsamestelling is dalk bietjie onakkuraat. Twee jaar gelede het ‘n professor ‘n studie gedoen oor die waterverbruik in SA; vermorsing, lekkende pype, krane ens. was o.a. deur hom in berekening gebring. Sy gevolgtrekking was dat hier minstens 100 miljoen mense moet wees vir die water wat verbruik word. Ek glo die professor voor ek die “sensus-resultate” glo.

foxi ·

Verkoop jou eiendom nou……..kry vir jou n luukse karavaan, gaan huur n staanplek in n luukse karavaanpark. Probleem opgelos! Jy skuld dan dié regering niks………

Pandokkie ·

Tot die regime besluit jou luukse karavaan is so goed soos n huis, en dit ook belas. Ons sal nooit wen nie…..

jess ·

en hou maar die geld in n koekblik onder die teesakkies in die kas. dan gaan jy nie diensgeld of belasting op toegevoegde rente daarop betaal nie.

MCH ·

Mattheus 6: 19-21 :” Moenie vir jul skatte bymekaarmaak op die aarde, waar mot en roes verniel en waar diewe inbreek en steel nie;
maar maak vir julle skatte bymekaar in die hemel, waar geen mot of roes verniel nie en waar diewe nie inbreek en steel nie;
want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees.
Mattheus 19:21-22 :” Jesus antwoord hom: As jy volmaak wil wees, gaan verkoop jou goed en gee dit aan die armes, en jy sal n skat in die hemel he, en kom hier, volg my.
Maar toe die jongman die woord hoor, het hy bedroef weggegaan ; want hy het baie besittings gehad.
Mattheus 8:20 :” En Jesus se vir hom: Die jakkalse het gate en die voëls van die hemel neste, maar die Seun van die mens het geen plek waar Hy sy hoof kan neerlê nie.”

Jy moet tog eet ·

Aggenee hoekom die preek nou? Waar wil jy bly as jy nie ‘n huis het nie? Waarvan wil jy leef as jy nie geld het nie? So maklik om die Bybel aan te haal, ongelukkig sit die Bybel nie vir jou kos op die tafel en water in jou glas nie. Kan nie glo dat die dit toegelaat word dat mense die Bybel in kommentaarkolomme aanhaal in plaas van om iets konstruktiefs te se wat bekommerde mense sal gerusstel nie .. .

Rerig ·

Daar staan nêrebs dat jy jou geldjies vir die antichris of voorvadergeeste aanhangers moet gee nie. Elke seëning en gawe is uit dievhandvvan God en gee jou tiendes. Help jou NAASTE. As jy weet wie dit is. Hoop jy staan sommer voor id ry met die uitdeel, hoor.
Shalom

Rerig ·

Kom ons kyk asof my kommentaar nou geplaas word.
MCH ek hoop jy staan voor in die ry as dit by uitdeel kom. Ek gee my tiendes en vir my naaste. Ek hoop ook jy weet wie jou naaste is.
Nêrens in die Bybel staan daar dat jy korrupsie of kommunisme moet onderhou nie.
Ek is ook nie verplig om vlgns Bybel om vd antichris of enige ander ongelowige vet te voer nie.
Elke gawe en seën is uit die hand van God. Abraham Isak Jakob was welgesteld. Talle voorbeelde in die Bybel. Geld moet net nie jou afgod wees nie – die tekse wat jy aangehaal het dui daarop.

Jan ·

Wat is fout met die “preek”? MCH is geregtig op ‘n opinie. Net soos jy. Jy is welkom om op sy/haar kommentaar te reageer, maar jy suggereer MCH moet nie toegelaat word om kommentaar te lewe nie?

Lynni ·

Mnr Castle se somme maak nie sin nie. As ‘n mens in 1980 ‘n huis vir R500 000 gekoop het is die waarde baie meer as R2 m. Dit moet ‘n paleis wees wat in 1980 R500 000 gekos het. Mens kon daai jare huise koop vir onder R50 000. Ek praat van 1980.

Charles Castle ·

Geagte Lynni,
Die som is fiktief om die senario uit te beeld. Dit is glad nie gekoppel aan enige werklike waarde nie. Die eindbedrag en gevolgtrekking met die voorbeeld is ter illustrasie van die moontlikheid wat in die toekoms kan gebeur indien die regering hierdie tipe van welvaartbelasting implementeer.

Lola ·

Julle sal verbaas wees oor die meerderheid DA mentaliteit en dat hulle die welvaartbelasting goedkeur want hulle wil ‘n sosialistiese staat he.

CAROL ·

ek kom agter ek het vir die verkeerde “span” gestem. Nie weer sal ek stem nie!!!

Robert ·

Seker maar op alle bevolkings groepe van toepassing. Sal sien hoe ver kom hul daarmee. .

Fires ·

Die blankes is die melkkoeie van die land, dis hoekom stortkop hulle nie haat nie

Marisa ·

‘n Eiendom in 1980 vir R500,000 gekoop???? Ons het ‘n groot huis in ‘n welvarende Bolandse dorp vir R35,000 gekoop daai tyd. Waarvan praat julle???

Charles Castle ·

Geagte Marisa,

Die som is slegs fiktief. Die grootste probleem is egter nie die bedrag van die huis en/of huiswaarde in die 80’s nie maar wel die moontlike implementering van ‘n welvaartbelasting.

marous ·

Hoop hulle begin by ou pienkes , en ou “ek het ‘n wildsplaas ook” en die seunse weenkoor en al hulle vrinne wat luidkeels verkondig het dat hierdie dinge nooit sal gebeur nie….

Tinktinkie ·

Dink hoe baie welvaartsbelasting sou d skelm Guptas moes betaal?? Dalk moet hulle terugkom d staat n paar miljard belasting kan eis

Trudie ·

Dit is belaglik. Gaan die mense in die parlement met eiendom, ook die welvaartsbelasting betaal? Die president ingesluit. SA is in een GROOT GEMORS. Dis n kwesie van, stealing from Paul to pay Peter. Wat vir een tel, tel vir ALMAL

Christo Henrico ·

Ek dink RSA wink na kommunistiese land almal moet betaal vir regering nonsens,hoe kan die wat goed vaar gestraf word omdat hulle beter vaar? Daar is soveel wat net een voudig te sleg is om te werk ek skeer nie almal onder een kam nie daar is mense wat regtig nie werk kry nie .Maar dat ń man wat ook swaar verdiende geld moet betaal vir ń ander,is sommer nonsens.
(1)Rook besoedeling boetes en kostes, maak die regering die lug skoon met daai geld? Kyk eerder na koolstowe dan praat ons waar.
(2)Suiker belasting? Waar in mens se lewe? Ek dog ons het ń vrye lewe.Haal die regering nou die gifstowwe uit die suiker met daai geld?
Geld gurig as jy my vra.

Robin Hood ·

Ag nee man outjies. Hoe is jule harte dan nou? Die ANC speel Robin Hood. En volgens die sprokie was hy die “hero”

JoeV ·

Mense sal verplig word om eiendomme to “on” ontwikkel deurdele van die struktuur af te breek en met sink vertrekke aan te bou om die komminisme hoek te slaan.

Uiters snaaks dat dit niemand in die anc nog opgeval het dat deur ‘n groeiende ekonomie te skep, dit welvaard sal skep nie. Dit word net die heeltyd op witmense se stoep geplaas.

jan jan ·

WONDER NET WAT SE SLIM IDEES ( SKELM) DIE KORUPTES VOLGENDE GAAN UITDINK OM GELD TE GENEREER?? ALLES DRAAI MOS OM GELD WANT DIE STAATSKAS IS LEEG GESTEEL DAAROM MOET DAAR NUWE MANIERE GEVIND WORD OM GELD TE IN NET SOOS MET DIE NUWE NOMMERPLAAT STORIE!! DIE GUPTAS GAAN WEER HIERDEUR VERRYK WORD!!

Paul ·

Die term is “rykdombelasting”, nie “welvaartbelasting” nie.

Die Engelse woord “wealth” is in Afrikaans “rykdom” en nie “welvaart” nie.

Net omdat “wealth” en “welvaart” met dieselfde letter begin, beteken nie dis dieselfde nie.

Algemene fout, maar net omdat dit algemeen is, beteken nie dis reg nie. Die Engelse “wealth tax” is “rykdombelasting” in Afrikaans.

Rerig ·

JAN, ek het my kommentaar gelewer soos MCH syne of hare gelewer het. Touché

Esra Nell ·

Ek dink dit het tyd geword dat ons saamstaan en ophou om die volgende te betaal.
Erfbelasting
Voertuig lisensies
Ongelukkig word belasting op inkomste reeds deer die werkgewer verhaal, en het ons nie n keuse daarin nie.

anton ·

Ek stem saam met jou.
Motorvoertuig lisensies is besig om belaglik te raak en elke jaar betaal ons meer en meer en wat kry ons daarvoor?
Paaie word nie eers meer instand gehou nie!
Wonder wat kan hulle regtig aan ons doen as ons eenvoudig weier om dit te betaal?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.