Wenda haal ook nie eindronde  

Suid-Afrika se Wenda Nel. Foto: Anton Geyser/SASPA.

Wenda Nel kon nie daarin slaag om die 400 m-hekkies se eindronde te haal nie.

Nel, Suid-Afrika se 400 m-hekkieskampioen, was sewende in die tweede halfeindronde in ʼn tyd van 56,35 sekondes. Die 33-jarige Nel was derde in haar uitdunne in ʼn tyd van 56,06 sekondes.

Nel het in Junie ʼn tyd van 55,25 sekondes gehardloop tydens haar eerste internasionale wedloop sedert 2019. Haar beste tyd vanjaar is die 55,16 sekondes wat sy in Potchefstroom gehardloop het.

Die VSA se Sydney McLaughlin het haar plek in die eindronde bespreek met haar tyd van 53,03 sekondes. Sy is die wêreldrekordhouer in die item. Haar landgenoot Dalilah Muhammad, ʼn Olimpiese en wêreldkampioen, het ʼn tyd van 53,3 sekondes aangeteken vir haar plek in die eindronde. Nog ʼn Amerikaner, Anna Cockrell, sal ook saam met haar twee landgenote in die eindronde meeding.

Twee vroue van Oekraïne, Anna Ryzhykova en Viktoriya Tkachuk, is ook deur na die eindronde terwyl Nederland se Femke Bol, Jamaika se Janieve Russell en Panama se Gianna Woodruff hul plekke bespreek het. Die eindronde vind Woensdagoggend 04:30 (SA tyd) plaas.

Maroela Media het vroeër berig Wayde van Niekerk sal ook nie die kans kry om sy Olimpiese titel te verdedig nie. Die Suid-Afrikaner het ’n teleurstellende vyfde plek in sy halfeindronde met sy tyd van 45,15 sekondes behaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
Hester Wilhelmina

Daai sal nou die duurste raakrugbywedstryd van Wayde se lewe wees…..

Kompas

Kan nie glo ons het so min atlete wat deelneem . Akani Simbini sover die beste gevaar.

Flower Girl

Dankie net vir die feit dat hulle ons land gaan verteenwoordig.Trots op hulle almal.

Kathleen

GENADIGLIK HET ONS DAREM ‘N PAAR ATLETE DAAR , DAREM ‘N OU IETSIE OM OOR BLY TE WEES .

isabelle

as 5 jaar verby gaan maak dit n groot verskil hoor sjoe