Wending in Blou Bul-‘aanrandingsaak’

Dylan van der Walt en sy regsverteenwoordiger, Jacques Diemieniet, buite die hof. Foto: Maroela Media

Die saak teen Dylan van der Walt (20), die Blou Bul-o.21-rugbyspeler wat daarvan verdink word dat hy Louis Pienaar (38), ʼn IT-spesialis, verlede jaar buite ʼn nagklub in die ooste van Pretoria aangerand het, is Donderdag voorlopig teen hom teruggetrek.

Van der Walt sou na verwagting verskyn het om te pleit waarna die verhoor sou begin, maar die staat het aangevoer dat hy nie gereed is om voort te gaan nie. Die staat het aangedui dat twee van die vier getuies op wie hy steun, nie hul samewerking wou gee nie. Die staat het derhalwe uitstel versoek.

Jacques Diemieniet, Van der Walt se prokureur, het sterk kapsie gemaak dat die saak weereens uitgestel word aangesien die staat nie gereed is om voort te gaan nie. “My kliënt het nog elke keer getrou die hofverrigtinge bygewoon. Dit sal nie in die belang van geregtigheid wees as die verhoor nie vandag voortgaan nie aangesien hy self verantwoordelik is vir sy regskoste en die staat se huiswerk nie gedoen is nie,” het Diemieniet gesê.

Landdros L Muller het die uitstel van die hand gewys en die saak voorlopig teruggetrek aangesien dit al byna ses maande lank op die hofrol is.

Meer inligting volg.

Lees die vorige berigte oor die voorval op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

MAGGIE ·

Jaaaa…… So gaan dit elke dag by Justisie oral in elke hof ini land, met enige saak.

Verval ·

Die land is nou wetteloos en ons moet ons eie regsisteem en land op die been bring, ons kan nie meer onder die ANC se afwesige regsisteem lewe nie. Die verval raak ons nou in elke opsig. VF+ begin asseblief die gesprekke vir selfbeskikking.

Bul ·

Ek glo jou – lam , siek en dood in al die staatsinstellings. Intussen vloei die riviertjie belasting geld al nouer.

Jan Nel ·

Waar kom jy aan jou feite vir daardie wilde stelling Maggie?

MAGGIE ·

Ek werk vir dié instelling. So ek sien dit daagliks ……..Jan Nel.

Jan Nel ·

Ek weet nie in hoeveel howe jy in die laaste jaar was nie Maggie? Ek was in 12. My ervaring was anders. Dit gebeur inderdaad die staat by sommige howe slaplê, maar om ‘n ongekwalifiseerde stelling van “alle howe – alle sake” te maak is ‘n ongegronde belediging in die gesigte van talle bekwame mense wat hul werk doen.

marous ·

As getuies nie hul “samewerking” gee nie word hulle of gediskrediteer en vervolg of die hof verklaar hul vyandig en kan hul aangehou word . Waar het die nvg se mense studeer ?

Ait tog! ·

As die persoon nie wil betrokke raak of getuig nie dan is daar nie veel wat die staat kan doen nie.

Verval ·

Die land is nou wetteloos en ons moet ons eie regsisteem en land op die been bring, ons kan nie meer onder die ANC se afwesige regsisteem lewe nie. Die verval raak ons nou in elke opsig. VF+ begin asseblief die gesprekke vir selfbeskikking.

hoffie ·

louise ek was vir sewe maande rond geneuk met my hofsaak omdat die staat nie hulle werk gedoen het nie. R21000 later toe gooi die staat die saak uit omdat hulle telank vat. Maar die punt bly staan ek het R21000 verloor oor ‘n ding wat ek nie eers gedoen het nie. so ek ondersteun maggie se kommentaar. My vriend se hofsaak vir ‘n stupid ding word heeltyd uit gestel oor strooi en al wat hy wil doen is die boete betaal en die saak afhandel.

Alida ·

In die kommentare spasie is daar baie slim mense wat dink hulle is prokureurs, advokate en moet asb nie Regters vergeet nie. Elke saak word op sy eie meriete voorberei en ons hier buite weet nie wat aangaan nie. Mens lewer nie kommentaar as jy niks van die onderwerp af weet nie.

Dankie ·

Alida—ses maande om ‘n saak voor te brei kos tyd en geld wat iewers deur belastingbetalers betaal moet word. Hoe lank moet nog gegee word om jou kant van die saak te stel? Nog ses maande? Aan die ander kant is die beskuldigde elke in die hof om sy kant te stel wat hom geld kos. Dis mos onregverdig in my boekie. Die staat moet in hierdie geval die beskuldigde se regkostes dek omdat hulle nie gereed was met hulle saak nie. As dit gebeur sal daar nie meer uitstelle wees nie.

Regter se baas ·

@Alida, ons gewone mense is mense met logika. Ons weet mos wat is redelik en wat is nie redelik nie. Die regsisteem in baie lande het so vol stuiwergate geword om sekeres se belange te beskerm dat dit nie meer rasioneel is en die gewone mens beskerm nie. In ons land is dit nog erger met n regering wat stringe wette uitryg en dit nie eers kan oif wil nakom nie.

B ·

Kom ons vra eeder hoekom die getuies nou koue voete gekry het, as om die proses wat 100% wettig en akkuraat gevolg word, te kritiseer?

Dankie ·

Dankie aan Landros Muller vir sy insig om die saak terug te trek. Ek het begin wonder of landrosse bonusse kry op sake wat uitgestel word. Gelukkig het landros Muller my verkeerd bewys. As ‘n party nie sy saak kan stel in ses maande nie mors iemand iemand anders te tyd en geld. Ek glo die helfte van bestaande sake kan vinniger afgehandel word sonder uitstel.

Onskuldig ·

As die getuies nie hulle samewerking wou gee nie, wys net vir my dat hierdie man dalk werklik onskuldig is.

Nettie ·

Ekskuus????? 2 van die 4 getuies op wie die staat staatmaak, WIL nie getuienis lewer nie? Wat het dan geword van dagvaar om in die hof te verskyn?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.