Wenk lei polisie na daggavonds

Foto: SAPD

Foto: SAPD

ʼn Man is Saterdag in Khayelitsha in Kaapstad in hegtenis geneem nadat die polisie ʼn wenk ontvang het dat hy dagga in sy besit het.

Lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê die inligting wat die polisie ontvang het, het hulle na ʼn huis in Harare gelei. Hulle het die huis deursoek en op dagga ter waarde van R40 000 afgekom.

“ʼn 30-jarige man is in hegtenis geneem en daar is op die dagga beslag gelê,” het Traut gesê. “Die man sal Maandag in die Khayelitsha-landdroshof verskyn op ʼn aanklag van dwelmhandel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Carel ·

As dit ook nie vir wenke was nie, het die polisie ‘n 0% sukseskoers gehad.

Grap ·

Ek stem saam net so geen kommin sense nie hulle dink misdaad voorkoming is om karre af te trek en net na bestuurslisensies te kyk.

Charl Henning ·

Dagga is medisyne. Dit het geen slagoffer en behoord nie ñ misdaad te wees nie. Die polisie is te lui om te werk nou neem hul heeltyd botaniese selfies. Daai hoop dagga kon BAIE mense van kanker genees het. Hulle mors ons belasting geld en mense se tyd en goeie bedoelings terwyl ou tannies chemo ondergaan en doodgaan terwyl hul mans wat vir hulle medisyne groei in die tronk sit. Sies. Kyk na fieldsofgreenforall se webtuiste en vind uit wat werklik onder ons neuse aangaan.

Louis ·

Carl, die polisie se werk is baie sterk op beriggewing gebasseer , die sukses word duidelik hier weerspieel. Dit hangaf van hoe die polisie die wenk handteer om suksesvol te wees. Hierdie groep lede het dit uitstekend gedoen en die sukses kan duidelik gesien word.
Baie geluk manne, julle deursettingsvermoee kan ook duidelik aan julle voorkoms gesien word. Hou so aan en sterkte met julle uiters moeilike werk!!!!!!!

Johanna Botha ·

Is maar pateties intelegensie op grondvlak skop eers in as die 10 de skool brand of as iemand bel en se hier is dwelms ….dan sal hulle miskien dit ondersoek ….raporteer al n geruimetyd mense wat in ons area bv bourommel dump …niks gebeur nie …die mense doen dit al helder oordag asof dit die norm in …..niieeemmand doen iets nie …is maar ok seker .. hel al selfs n foto geneem met n nommerplaat wat duidelik wys … polisie is maar net daar want dis n ”job”

KarooKlong ·

Johanna Botha, het jy al probeer om die Munisipaliteit hieroor te kontak?
Sommige woorde ontbreek nou as gevolg van die vlak van my intelligensie (regte spelling) maar ek wil vir jou noem rommelondersoeke is nie rêrig SAPD werk nie.

Zumie ·

Die berig het vergeet om te meld die gearresteerde is ‘n erge kettingroker hehehehe….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.