Wenk lei polisie na gesteelde motors, vee

Kapt. Ngcobo, ao. Mazibuko en konst. Thusi by die dagga. Foto: SAPD

Kapt. Ngcobo, ao. Mazibuko en konst. Thusi by die dagga. Foto: SAPD

KwaZulu-Natalse polisiebeamptes het twee mans Dinsdag in die vroeë oggendure in hegtenis geneem nadat dagga en gesteelde vee en motors in hul besit gevind is.

Lt. Kol. Shooz Magudulela, woordvoerder van die polisie, het gesê polisiebeamptes het ʼn wenk oor ʼn gesteelde voertuig in die Mqedandaba-omgewing naby Estcourt opgevolg. Hulle het omstreeks 02:00 die rooi bakkie met Vrystaat-nommerplate by ʼn plaaslike nedersetting opgespoor.

“ʼn Man het agter die stuurwiel gesit en 11 bokke was agter in die bakkie gelaai,” het Magudulela gesê. “Die 36-jarige man kon geen bewyse lewer vir eienaarskap van die bokke nie en is in hegtenis geneem op ʼn aanklag van die besit van gesteelde vee. Nadere ondersoek het getoon dat die voertuig vroeër vandeesmaand in Harrismith gesteel is. Nog ʼn voertuig, ʼn bruin Toyota Corolla wat in Augustus in Howick gesteel is, is op dieselfde perseel gevind.”

Die polisie het op die twee voertuie en die bokke beslag gelê.

Kapt. Ngcobo en konst. Thusi by die voertuig en bokke waarop beslag gelê is. Foto: SAPD

Kapt. Ngcobo en konst. Thusi by die voertuig en bokke waarop beslag gelê is. Foto: SAPD

Die polisiebeamptes het verder ondersoek by die informele nedersetting Nyezane ingestel en daar 56,6 kg dagga in een van die huise gevind. “ʼn 30-jarige verdagte is in hegtenis geneem vir die besit van dagga. Die dagga se straatwaarde is ongeveer R80 000,” het Magudulela gesê.

Albei verdagtes sal Dinsdag in die Escourt-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Thea Gerber ·

Mooi so julle. Ek weet hoe moeilik dit vir julle is om tussen julle eie gemeenskap in te beweeg en die wet toe te pas. Hulle brand sommer julle huise en voertuie want julle woon tussen hulle. Polisiemanne om op trots te wees

Minnie ·

Bravo, ons is trots op julle! Polisie moet meer saam werk dan
sal daar meer sukses wees in die land.

Minnie ·

Jammer oom, ek voel jou pyn! Mag jy gou gesond word en alle pyn vergete wees.
Mag daardie mans gevang word.
,

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.