Wenk lei polisie na reuse dwelmvonds

Kapt. Mpuru by van die kontant en dagga waarop daar beslag gelê is. Foto: SAPD

Kapt. Mpuru by van die kontant en dagga waarop daar beslag gelê is. Foto: SAPD

Vrystaatse polisiebeamptes het Donderdagaand op talle sakke dagga en meer as R80 000 in kontant beslag gelê nadat hulle op twee huise in die Kopanong-gebied buite Bloemfontein toegeslaan het.

Sers. Ikobeng Hlubi, woordvoerder van die polisie, het gesê lede van die Bloemfontein honde-eenheid en die Kopanong-misdaadvoorkomingseenheid het ʼn wenk ontvang dat iemand by ʼn huis in die gebied met dagga handel dryf.

“Die polisie het by die huis opgedaag en die inwoners gevra of hulle die huis kan deursoek. In die hoofslaapkamer het ʼn swart drom gestaan, wat met ʼn ketting en slot gesluit was,” het Hlubi gesê. “Die verdagte is gevra om die slot oop te sluit en die polisie was geskok om talle sakke Swazi-dagga en R82 000 in kontant daarin te vind. Die verdagte (33) is op die plek in hegtenis geneem.” Hlubi kon nie onmiddellik bevestig op hoeveel dagga beslag gelê is nie.

Dit was egter nie die polisiebeamptes se enigste dwelmvonds van die aand nie. Hulle is kort daarna na ʼn huis in ʼn nabygeleë informele nedersetting, waar hulle op nog dagga en R1 920 in kontant beslag gelê en ʼn verdagte (40) in hegtenis geneem het.

Volgens Hlubi sal die twee verdagtes binnekort in die plaaslike landdroshof verskyn op aanklagte van dwelmhandel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

John ·

Ons sal nou maar die R100-note net stywer moet rol en rook. Die blou kleurstof gee glo ook ‘n heerlike ‘hype’ sonder bossies by. Mens kan selfs kos koop vir jou gesin met die bloues.

David Verryn ·

Die beskuldigdes gaan net weer gelos word, soos diè week in Matsulu, naby Nelspruit waar Z. Mabusela skuld erken het nadat hy betrap is met daga ter waarde van R250 000 en beboet is met R3000. (Laevelder 9 Des 2016). Soms wonder mens of daar iets agter die storie is dat die regerende party fondse insamel dmv die dwelmbedryf?

Netekke ·

Nou wonder ek, as dagga nou legal gemaak word, wat gebeur met die ouens wat toegesluit is daarvoor???

zoom zoom ·

Dan mag hulle dit verkoop aan daai kinders wat net 20% benodig vir wiskunde. Na n ZOL van die tree of knowledge behoort hulle deur die vraestel te vlieg en 80% te kry. Lekker plek die land van ons.

brenda ·

Pleks hulle vat al daai en gaan maak cannabis olie en verskaf dit gratis vir mense wat kanker en osteoarthritis het!

Lance ·

Kyk nou mooi hoe verdwyn dit uit die ” R stoor ” en word dit weer verkoop ….ja presies deur dieselfde mense wat daarop beslag gele het

Aubrey Vermaak ·

Sien daar is nog eerlike hardwekende polisie lede swart en wit. Trots op julle en ons bid dat julle veilig gehou sal word om ons verder met eer en trots te dien. Saluut!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.