Wenk lei polisie tot berugte ‘dwelmhandelaar’

Van die dwelmmiddels en kontant waarop daar beslag gelê is. Foto: EMPD

Van die dwelmmiddels en kontant waarop daar beslag gelê is. Foto: EMPD

ʼn Vermeende dwelmhandelaar is Sondagoggend in Benoni in hegtenis geneem nadat die polisie inligting ontvang en hom ʼn week lank agtervolg het.

Lt.kol. Wilfred Kgasago, woordvoerder van die Ekurhuleni Metropolisie (EMPD), het gesê metropolisiebeamptes het inligting oor die berugte dwelmhandelaar ontvang en met hul ondersoek begin om hom op te spoor.

Nadat hulle hom ʼn week lank agtervolg het, is die verdagte Sondag omstreeks 10:00 by sy woonstel in Benoni in hegtenis geneem. ʼn Groot hoeveelheid Kat ter waarde van R100 000 is in sy besit gevind.

“Daar is ook beslag gelê op R21 500 kontant wat die verdagte vermoedelik deur dwelmhandel bekom het. Die 28-jarige Nigeriese burger is in hegtenis geneem en aangekla van die besit en handel van onwettige dwelmmiddels,” het Kgasago gesê.

Die verdagte sal Maandag in die Benoni-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Grap ·

Nigeriërs en dwelms het sinoniem geword in hierdie piesang republiek is dit ‘n goeie of slegte ding ?

Debbie Viljoen ·

Ek wens eiendomsagente wil ophou om aan hierdie mense te verhuur. As hulle nie ‘n geldige bewys van inkomste kan lewer nie? Waar kry hulle geld vir die huur????

Cherokee ·

Die standaard vir eiendomsagente en en ander verhuurders is om bewys van inkomste te vra.

Drieks ·

Die S A vroue huur op hul name die woonstelle vir die Nigeriérs en maak so ook geld. Daarom sukkel die eienaars om soms die regte huurder op te spoor.

Wonder maar net ·

Debbie dit is nie soseer eiendomsagente wat woonstelle aan hul verhuur nie. Dit is eienaars self wat die plekke aan hul verhuur vir dubbeld die huurgeld.

Veritas ·

Die outjie was seker in opposisie met die beskermde dwelmhandelaars. Die Oos-rand is vrot van dwelmhandelaars. Die publiek weet dit maar die SAPD is skynbaar salig onbewus daarvan. Dwelmhandel word openlik in plekke soos Springs, Brakpan, Benoni, Boksburg en Germiston bedryf sonder dat daar teen diegene opgetree word. Vra maar enige hoërskoolkind waar die hole is en jy sal verbaas wees om te sien dat feitlik almal weet.

Bly in Wesrand ·

Die Wes Rand is net so vol dwelms en handelaars. Nie net die Oos Rand nie… Dink oor die algemeen, gaan dit maar vrot regoor die land met dwelms en moord en alle crime waaraan jy kan dink. Die hele SA is vrot!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.