Wenk van gemeenskap lei tot reusevonds perlemoen

Foto: Verskaf.

ʼn Reusevonds perlemoen is Donderdag in Grassy Park gemaak.

Sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het gesê die perlemoen het ’n beraamde straatwaarde van R200 000.

“Die polisie het gereageer op ’n wenk van die gemeenskap oor perlemoen by ’n huis in Water Crescent in Zeekoevlei.

“Die huis is deursoek en daar is beslag gelê op 136 kg perlemoen,” het Rwexana gesê.

Die polisie het volgens haar ook beslag gelê op ’n groot vrieskas [waarin die perlemoen gestoor was], ’n skaal, ’n Toyota Conquest-motor, ’n onbevestigde hoeveelheid kontant, ’n skootrekenaar en selfone.

Twee mans, onderskeidelik 37 en 52 jaar oud, is in hegtenis geneem en sal Maandag in die Wynberg-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

PJC ·

Die eintlike probleem is dat die polisie die mense moet vasvat wat die perlemoen stroop. Dit wil egter voorkom of daar ń groot aantal polisielede is wat kop in een mus met die stropers is. Inwoners van die omgewing vind dat wanneer hulle die polisie bel om stroping te rapporteer daag die stropers kort daarna by hulle op en dreig hulle oor hulle dit gewaag het om die polisie te bel. My eggenote is ń amateur natuurfotograaf maar durf nie fotos neem langs die betrokke gedeelte kuslyn nie vir in geval die stropers dink hulle word afgeneem. Dit sal in elk geval nie werk nie want ek is nie van die soort wat sal ondergaan sonder ń geveg nie so my eggenote vermy maar om enige fotos daar te neem.

Gerrit ·

Perlemoen polisiëring is seker die nr 1 prioriteit vir die klomp in blou wat hulsélf polisie noem

humor ·

Hier is n klomp amptenare wat die kus leeg stroop en ryk word. Nog nooit het ek enige berig gelees waar stropers vasgetrek word gedurende hul stropingsproses aan die kus nie. Dit is tog n ooglopend proses wat tyd neem.

ben ·

Die stropers en “runners” kom niks oor nie. Dis werkskepping.
Hier by ons in onse klein dorpie, is meer van hulle as inwoners.
Daar was vir hulle huise gebou. Hulle ry splinter nuwe 4×4 dub. cabs. Hulle gebruik duik toerusting wat R30 000 gem. kos.
Dan is daar bote wat oop en bloot in die strate staan. Stap in die strate met hulle duikpakke aan. Die “gereg” ry by hulle verby. Soms stop hulle en gesels noggal, of onderhandel?
Hier by ona is dit ñ “sirkus”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.