Wenner van PowerBall-boerpot kom na vore

Argieffoto

Die wenner van die grootste PowerBall-boerpot tot dusver het na vore gekom om sy geld op te eis.

Ithuba Holdings, wat die Lotto bedryf, het gesê die wenner van die R145 miljoen-boerpot het Maandag telefonies met die Lotto-operateur kontak gemaak.

Naledi Masopha, woordvoerder van Ithuba, het gesê die man het Dinsdagoggend die Lotto-operateur se kantoor besoek.

Die man het sy wenkaartjie by die Evander Diensstasie in Evander, Mpumalanga, gekoop en slegs R20 bestee. Die Lotto-operateur het geen verdere inligting oor die wenner bekend gemaak nie.

Vrydag se wennommers was 1, 15, 23, 24, 35 en Powerball 4.

In Januarie vanjaar het die Lotto ʼn boerpot van R110 miljoen bereik wat deur vier wenners opgeëis het. Verlede maand het ʼn 47-jarige vrou van Bonteheuwel in Kaapstad wat haar lewe lank al in ʼn plakkershut woon R16 miljoen in die Lotto gewen.

Ithuba bied finansiële advies en berading aan diegene wat meer as R50 000 in die Lotto wen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Santie ·

Ek gun die persoon dit. Maar ek word sommer naarrrrrr omdat ek niks gekry het nie! Next time!

Jannie ·

Jy gaan hom nie lank hê nie dan onderhandel hulle en gee hom weg.

koos1 ·

Net vir al my familie, vriende, kennisse, kolegas en almal wat my ken………. dit was nie ek nie, so hou op om my vir geld te vra asseblief!!!!

Blommie ·

He He He, kyk ek koop vir my so gou as wat daai geld land n kaartjie UIT die land UIT….
Met die grootste plesier en gaan koop vir my n klein lappie grond wat ek my EIE kan noem. Sonder GRYPERS…..

Groenie ·

Ek verstaan mens kan in verskeie lande burgerskap koop. Blykbaar kos Australiese burgerskap 1M Aus Dollar. Hoop my inligting is korrek.

Susan ·

Einaaaaaaaaaaaaaaa!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Hoe gemaak met so BAIE geld? Ek kry sommer ‘n beroerte as ek dit moet wen!

sandra ·

ai, en toe is dit ook nie my nommers nie. ek kies elke keer verkeerde nommers!

Petro ·

Baie geluk ek sou dit uitgedeel onder al my kinders en kleinkinders en vir al my arme pelle

Nie Ekke Nie ·

Sou dit ek gewees het, sou ek niemand, maar NIEMAND laat weet het nie. Nie eers my kinders of beste vriend/in nie. Sou wel ‘n anonieme donasie gee aan familie en vriende wat effens té kort het aan finansies, maar ook net genoeg om hulle gate toe te steek en hulle weer asem kan haal. Sou dan my kinders land uit vat en my eie klein stukkie grond gaan koop het waar ons vir die res van ons lewe nie oor ons skouers hoef te loer nie, en hulle in vrede ‘n tersiêre onderrig kan geniet. Natuurlik 80% daarvan belê om dan nét skuldvry van die rente te leef.

Enkel mammas mag seker ook maar droom, maar niks gaan gebeur as ek nie speel nie :-(

Ek gun jou jou geld, maar wees asb wys met die spandering daarvan :-)

Melkies ·

Dis baie geld. Die probleem wat mens te staan kom is dat SA goverment jou net toelaat om R10 miljoen rand per persoon per jaar uit die land uit te vat.

Johan Barnard ·

Maklik, koop vir jou n paspoort met die van Gupta of Zuma en siedaar, Al jou geldjies gaan saam landuit

Johan Barnard ·

Maklik, koop vir jou n paspoort met die van Gupta of Zuma en siedaar, Al jou geldjies gaan saam landuit

Chekoree ·

Gelukkig het ek ook met my R75 kaartjie gewen – ‘n stuk papier so 10cm breed en 20cm lank wat handig te pas gaan kom met my volgende kleinhuisiebesoek!

Basjan ·

Chekoree, dit moet beslis baie moeilik gaan in jule huishouding. Jy het R75 om aan Lotto te bestee, maar R5 vir ‘n rolletjie toiletpapier nie. Buitendien, daardie Lotto kaartjies is effens hard!

ES ·

Sal vir my ouers, skoonouers en naaste familie genoeg gee sodat ons almal ‘n nuwe bestaan kan maak elders anders. Moeg vir die land se wetteloosheid. Ander lande het ook hulle probleme, maar dit kom nie NABY Suid Afrika nie. Sal maar hier kom vakansie hou een maal ‘n jaar…

Weskus ·

Nee wat. Ek is te goed vir die lotto. Hulle kon nog nooit my nommers reg raai nie

Bees ·

Ek sal vir my skoon ma n one-way kaartjie koop na enige plek vêr van my af.

Susan ·

Is soos Worsie altyd gesê het: Jy het ‘n beter kans dat ‘n giftige slang jou aan jou tong gaan byt, as wat jy het om die Lotto te wen! Maar as jy nie speel nie, kan jy glad nie wen nie.

Anna de Lange ·

Soos my man se as jy nie geld het nie Kan jy nie dorp toe gaan om te spend nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.