Wenners van korter Kaapstad-fietstoer

Nolan Hoffman en Lynette Burger. Foto: Twitter

Nolan Hoffman en Lynette Burger. Foto: Twitter

Nolan Hoffman en Lynette Burger het onderskeidelik die mans- en vroue-afdelings van Sondag se verkorte Kaapstad-fietstoer (voorheen bekend as die Cape Argus-fietsrytoer) gewen.

Hoffman se wentyd was 01:01:49 terwyl Burger die wedren in 01:17:52 voltooi het. Tyler Day en Brenton Jones het die tweede en derde plekke behaal in die mans-afdeling in onderskeidelik 01:01:49 en 01:01:49.

Cherise Stander, weduwee van die Olimpiese bergfietsryer, Burry Stander, wat in 2013 dood is nadat hy deur ʼn taxi raakgery is, het die tweede plek behaal in die vroue-afdeling. Maroesjka Matthee was derde.

Dié bekende fietsrywedren was vanjaar slegs 47 km lank as gevolg van die verwoestende brande in Kaapstad. Die wedren is gewoonlik 109 km lank. Die organiseerders het gesê die roete is verkort om die veiligheid van die 35 000 deelnemers te verseker.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Gerrit ·

Wie skryf/ versorg hierdie berig? Beide die wenner van die mans-en vroueafdelings se tye is dieselfde as die wat tweede en derde gekom het.

Manie Stadler ·

Almal in die bondel wat saam klaar maak kry dieselfde tyd, net solank daar nie “gaps” tussen die fietse is nie, so daar is niks verkeerd met Nico se stophorlosie nie.

scalla ·

Nico Strydom, gebruik eerder n almanak vir jou berig, want jou stophorlosie werk nie.

Manie Stadler ·

Dieselfde hier. Almal in die bondel wat saam klaar maak kry dieselfde tyd, net solank daar nie “gaps” tussen die fietse is nie, so daar is niks verkeerd met Nico se stophorlosie nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.