Wenners van Twee Oseane-halfmarathon bekend

Foto: Twee Oseane/Twitter

Twee Suid-Afrikaners tel onder die eerste drie mans wat Saterdag die Twee Oseane-halfmarathon oor 21 km voltooi het.

Suid-Afrika se Elroy Galant (1:03:20) was die wenner in die mansafdeling gevolg deur Jobo Khatoane (1:03:31) van Lesotho en nog ʼn Suid-Afrikaner Stephen Mokoka (1:03:37).

In die vroue-afdeling was Helalia Johannes (1:10:30) van Namibië eerste oor die wenstreep gevolg deur Betha Chikanga (1:14:29) van Zimbabwe en haar landgenoot Fortunate Chidzivo (1:15:39).

Minstens 16 000 atlete neem aan die halfmarathon deel terwyl 13 000 deelnemers sake in die ultramarathon uitspook.

In die ultramarathon is Sintayehu Legese Yinesu van Ethiopië intussen in die posisie om die rekord van die Twee Oseane-wedloop, wat al 31 jaar agter die naam van Thompson Magawana pryk, te verbeter.

Magawana het die formidabele rekord van 3 uur, 3 minute en 44 sekondes in 1988 opgestel.

Die roete vir die ultramarathon oor 56 km is Vrydag op die nipper verander in belang van deelnemers se veiligheid te midde van betogings in die Kaap.

Die roete loop dus nié meer oor Chapmanspiek nie, maar eerder al langs Ou Kaapse-weg.

Dit is vanjaar die 50ste keer dat dié ultramarathon aangebied word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Hennie ·

Daai Zimbo’s gaan seker sommer maar bly… Hoekom dan nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.