‘Wêreld is besig om kennis van SA te neem’

Peter Dutton. Foto: Facebook

Die VF Plus het Donderdag die Suid-Afrikaanse regering se verbasing rondom die uitsprake van Australië se minister van binnelandse sake oor die “gruwelike omstandighede” waarin wit Suid-Afrikaanse boere hulle bevind, as “lagwekkend” beskryf.

Maroela Media het vroeër berig Peter Dutton, Australië se minister van binnelandse sake, het in ʼn onderhoud met The Daily Telegraph gesê sy departement is besig om ondersoek in te stel na ʼn reeks maniere om wit Suid-Afrikaanse boere te help om vinnig na Australië te kan emigreer. Dutton het gesê hy meen wit Suid-Afrikaanse boere verdien “spesiale aandag” weens die omstandighede waarin hulle hul bevind.

Adv. Anton Alberts, VF Plus-voorsitter en die party se parlementêre woordvoerder oor ekonomie, het in ʼn verklaring gesê dit is lagwekkend dat die ANC-regering verbaas is oor Dutton se woorde, gegewe die regering “se eie bydrae tot die skep van die omstandighede wat die Australiese regering bekommer, naamlik wrede plaasmoorde en onteiening sonder vergoeding”.

Volgens Alberts kan die Suid-Afrikaanse regering eenvoudig nie meer glo “die wêreld sal wegkyk terwyl hy in die spore volg van ander mislukte regerings soos Zimbabwe en Venezuela nie”.

“Die wêreld is inderdaad besig om kennis te neem van die ware kommunistiese aard van die ANC en daarom moet dié party nie verbaas wees indien daar spontane desinvestering plaasvind en ander state hulp begin aanbied aan geteikende minderhede nie,” het Alberts gesê.

“Die ANC moet besef dat talle Europese lande, asook Brittanje en Amerika, skepties en met kommer na die ANC-regering begin kyk, en soortgelyke aksies van visa-aanbiedings en desinvestering van elders kan te wagte wees. Die enigste manier hoe die ANC Suid-Afrika se aansien in die wêreld kan herstel, is om die beleid van onteiening sonder vergoeding te laat vaar, plaasmoorde te bestry met doeltreffende polisiëring en minderhede se regte as volwaardige burgers te bevestig deur Swart Ekonomiese Bemagtiging en Regstellende Aksie uit te faseer.”

Alberts meen indien hierdie aspekte nie gebeur nie, sal beleggings en talentvolle en hardwerkende burgers voortgaan om die land te verlaat.

Maroela Media het vroeër berig Lindiwe Sisulu, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, het Woensdag in ʼn verklaring gesê dit is jammer dat die Australiese regering nie gekies het om die “beskikbare diplomatieke kanale” te gebruik om hul kommer oor die grondhervormingsproses in Suid-Afrika te kenne te gee nie.

“Daar is geen rede vir enige regering enige plek ter wêreld om te vermoed dat enige Suid-Afrikaner in gevaar is van hul eie demokraties verkose regering nie. Daardie bedreiging bestaan doodgewoon nie.”

Volgens Sisulu sal die Suid-Afrikaanse regering met die Australiese regering in gesprek tree oor die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

Boer ·

Ek hoop daar kom nog uitnodigings soos Australie s’n en spoedig.Ook onttrekking van groot maatskappye uit ons land uit
Dit sal wonderlik wees.Ek hoop ook die IMF wat so in hulle skik was met Ramaposa neem kennis.

Boerin ·

Dit het die wêreld meer as 20 jaar geneem om hulle oë uiteindelik oop te maak. Bakgat. Ek hoop meer lande volg in Australie se voetspore.

Werner ·

Boerin, ja meer as 20 jaar! Maar dis asof die onmoontlike nou gebeur, die Weste sien dit eindelik raak. Weet jy, ek dink daar is baie wonderlike mense wat deur die jare baie moeite gedoen het, en aangehou het om dit onder die buiteland se aandag te bring, en ek dink daardie volgehoue Boere-uithouvermoee het eindelik vrugte begin werp.

Martin ·

For 15 years I have been trying to educate foljs in USA and abroad about the hidden agenda abd atricrosities of ANC. So gkad to find this site. Just wish you had an English version. It woykd help my cause tremendously. Have you perhaps translations of you site? Where can I find it?

Patriot ·

Ek sal oor die maan wees as ons ALMAL kan immigreer, dan moet SA maar self sien hoe kom hulle klaar sonder boere en die res van ons blanke gemeenskappe. Dit sal my groot genot verskaf om te sien hoe hulle sink.

LR ·

Patriot hierdie is ook my wens alhoewel ek besef dis nie uitvoetbaar nie. Ons is maar die afstamelange van swerwers. Ons voorvaders is Europeërs miskien is hierdie rondtrek oor die wêreld heen n deel van ons gene.
Dus kan ons NIE diè van ons wat emigreer veroordeel nie. Ek voorsien in elk geval dat Afrika as n geheel besig is om stadig te blank ontvolk.

Stella Barnard ·

Amen..nou praat jy. My hele familie is al oorsee. My broer en sy gesin trek Mei mnd frankryk tu en ons gesin emigreer end vd jaar Franklin toe..wit is ni meer welkom in hierdie land ni. Laat di res mar opsnork.

Tanzie ·

Sisulu is eenvoudig net die grap van die jaar. Dit maak my hart warm om te weet dit wat in hierdie land aangaan gaan nie ongesiens verby die buiteland nie. Toe Mnr Ramaposa, ons sit terug en wag….

Werner ·

Jy’s 100% reg, Sisulu verwag die regte diplomatiese kanale moes gevolg word om uitsluitsel te verkry oor plaasmoorde. Dis sou wees soos om die wolf te vra of die skape veilig is

Christo ·

Net jammer ons radio -stasie kies sisulu se kant in hulle nuus

Manie Strydom ·

Ek stem saam hierdie rasistiese regering moet hulle rasistiese beleid staak of vat wat kom ,Presedent Trump het ook gesê die VSA sal dit nie toelaat nie hulle sal intree.

JV ·

Manie, waar het hy wat gesê?
Ek neem aan dit is iewers te lese – deel bietjie.

Deon ·

Die Afrikanervolk is nie gevange en hopeloos nie! Ons is internasionaal. Ons het invloed in baie westerse lande. Ons het internasionale netwerke. Ons is oral en in 26 lande. Ons sal terugveg en wen wanneer die anc dit die minste verwag. Wees regverdig. Respekteer ons regte. Ons hou julle dop. Ons sal nooit julle moord en gronddiefstal ongestraf laat nie. Ons het nie sentrale leierskap wat julle kan toesluit of keer nie.

Jerry ·

Vanaf 1994 tot en met Desember 2017 was daar niks wat die ANC regtig sou keer om grondhervorming aan te gespreek het nie en tog het die ANC besluit om nie n vinger te verroer nie. Met die plaasmoorde wat aan die orde van die dag was en steeds plaasvind en die regering se ongeergde houding jeens die moorde dui dit vir my daarop dat plaasmoorde deel uitgemaak het van n goed georkestreerde strategie om boere se wil om te wil boer te knak en dan daarna met grondhervorming sonder teenstand te begin. Iets het egter skeef geloop gedurende Zuma se termyn wat die ANC gedwing het om te hervorm op n tydstip waar die boere se wil om te boer nog nie geknak is nie en teenstand teen onteiening sonder vergoeding by die dag groei. Vir die regering is dit n taamlike tammeletjie en vir die opposisie n geleentheid om onafhanklike forensiese ondersoeke te laat doen op plaasmoorde wat plaasgevind het, onderhoude te voer met moordenaars wat gevang was en bewyse te probeer bekom om die ANC verder te ontbloot en verantwoordelik te kan hou vir die plaasmoorde.

Tanya ·

Die daaglikse nuus berig nie oor al die plaas aanvalle nie. Die regering ontken die werklikheid en so word die feite hiervan toe gesmeer en af gelag. Dit se mos die regering self sit agter die aanvalle. Dis die ding met skelm mense, dink mos niemand kan deur hulle sien nie.
Ek is so bly die offer om hulp is gemaak. Die houding van SA regering hieroor verklap hul motiewe net verder. Die minister wou he Australie moes eers met hulle gesels voor die uitlating… Vir wat? Om hulle stil te maak?

JSG ·

Geneig om saam te stem en raai wie gebruik hulle om hul vuil werk te doen. Die EFF. Dan kan niemand mos ‘n vinger na die regering wys.

Elize ·

Eks bly die wereld begin notisie neem, kadawers met onderduimse planne kan nie meer weggesteek word nie

zoom zoom ·

En toe is dit wat Trump gesê het oor sekere lande die waarheid.

_______ ·

Wat gee hulle om, hulle sing om ons dood te maak, hoe hulle ons uit die land soek, hoe ons al die probleme is, ek het gedink hulle sal gelukkig wees.

Johann ·

Lindiwe… hulle vermoed nie wat. die ANC aan SA se blankes doen nie! Hulle WEET DIT! Maar jy en jou ANC anargiste dink mos julle is verhewe bo gevolge van moord, verwoesting, vergrype, diefstal… LEUNAARS sonder gewete!

Anoniem ·

Sisulu jy laat my lag
Jou party ondersteun die moorde op boere want as hulle dit nie ondersteun het nie sou hulle nou al polisie en selfs die weermag ingespan het om boere se veiligheid te verseker.

Jacques ·

Mev Sisulu moet net spesifiseer van watter mense sy praat as sy se die MENSE moet nie bekommerd wees nie , praat sy van die regering en sy aanhangers ?? Maak oop jou oe Mev die dag gaan verby jou sonder dat jy sien wat aangaan.

Robert Naude ·

Ja, en vir hoeveel van ons mense is dit nie al te laat nie.
Die wereld het ons in die situasie gesit met hul sanksies en politiek in die 70 ‘s , dis ook gedeeltelik hul plig om toe te sien dat daar nie nog n land ondergaan en ń nasie verder vertrap word nie.

Pikkie ·

Ag, miskien moet ons maar almal emigreer en ‘n tuiste in Australie vind. As die boere emigreer is dit pikswart nag vir ons wat hier oorbly – sonder kos.

Eish ·

Die einste minister Sisulu het in die parlement gesê dat die TV aanbieder, Peter Ndoro afgedank is oor sy glips dat Ramaphosa oorlede is ipv Lucas Mangope, terwyl hy slegs op verlof geplaas is.
Dit wil voorkom of die ministers nie n koeken clue het wat om hul aangaan nie.
Mag die inligtingsveldtog aan die buiteland van krag tot krag gaan sodat ook onse ministers agter die kap van die byl kan kom.
Kry n mediamaatskappy soos potklok (Bell Pottinger) om professionele aanbieding te doen, advertensies op TV, maak dokumentêre films, laat die waarheid in Vadersnaam tog net uit.
Die Simson opsie begin vrug dra.

Wurmpie ·

Met so ń minister skreeu ek die volgende krieket toets vir hulle

Jorie ·

Ironies genoeg, as ons regering hul sout werd was sou hule inderdaad onderhandel met buiteland om wittes te hervestig in buiteland. Heelwat swart EN wit kiesers sal baie bly wees hieroor.

Adriaan ·

Hoe gouer die regering die volgende implimenteer, hoe gouer sal SA een van die mees suksesvolle lande ter wereld word:
1. Hul rasbeheptheid en naakte rassisme opsy stel
2. Regstellende aksie onmiddelik staak
3. Oorvol, onbekwame staatsinstellings regruk privatiseer waar enigsins moontlik
4. Verteenwoordigende regering in plek kry
5. Fokus op Klein- en mediumgroote ondernemeings en verleen regeringshulp waar moontlik. Dit is die vinnigste sektor waarbinne werk geskep kan word
6. Vat korrupsie vas
7. Ruk Polisiemag reg
8. Beperk die mag van unies, sodat hulle nie die ekonomie kan lam lê nie

Die alternatief is net nog ‘n mislukte Afrikastaat wat soveel potensiaal het en niks daarmee doen nie.

Gerhard ·

Selfs al het hulle al die goed gedoen wat jy noem sal SA nooit een van die suksesvolste lande op aarde wees nie. Die ergste is egter dat hulle geen van jou voorstelle kan of gaan uitvoer nie. M.a.w. dit is nag.

Theresa ·

Uiteindelik word ons gehelp. Vat net ons kleinkinders saam Australie toe. Ek boer nie maar sal ook onder diegene. Wil tel wat ook kan immegreer. SA is n baie mooi en unieke land gewees maar ons is baie vinnig oppad Zimbabwe toe dis baie sad

#houaanglo ·

Het onlangs na die UK immigreer, op n ancestral visa vanaf man se kant. Hele familie is nog in SA. Mis hulle baie. Vrede het n duur prys om te betaal. Ongelukkig kan jy almal nie saam in jou tas pak nie, maar ons het n Almagtige Vader wat na julle almal omsien. Dankbaar vir n uitkoms vir sommiges.. vir die ander bly by Jesus se voete

CJ ·

Regering maak net “regte geluide” om almal te bluf. Ek sê dankie aan buitelanse joernaliste soos Katie Hopkins en Lauren Southern wat albei die skokkende feite rondom plaasmoorde die wye wêreld ingestuur het. Lg se “Why white people” op Youtube is goed gestruktureerd en feitelik korrek.

Hartseer ·

Ek is bly dit word nou openbaar, en die wêreld neem kennis maar wat my bekommer is ons harte gebede en smeking voor God gaan uit na ons boere en nou word hul weg gevat, wat van al die ander hulpelose “minderheid” ou mense, arm mense in plakkers, die op straat? En dan dink ek, my lewe is tog soos ‘n damp, ek gaan my oë uitvee en voor God staan en dan…. was my geld tog alles om net aan myself en my gesin te dink en ander agter te los om verder weg te kwyn. Hartseer

Boerseun ·

Sisulu is verkeerd: Die ANC-regime is nie ons Boere se wettig verkose regering nie. Inteendeel, ons aanvaar nie die ANC-regime nie, want hulle beset ons land onwettig nadat die Afrikaner De Klerk oorgegee het. Daarom neem ons ook nie deel aan die swart kommunistiese regime se futiele verkiesings nie!

JSG ·

Stem ten minste vir die VFF+. Was dit nie vir hulle en Afriforum, het die buiteland dalk nog niks geweet wat hier aangaan. Indien ons hulle kan sterker maak, kan hulle nog meer vermag.

Sarel ·

Die Lande wat ou so reageer het die ANC ondersteun toe ons hulle nodig gehad het. Te min Te laat.

Tertia Human ·

Dankie Minister van Buitelandse sake in Australia, moenie dat hulle julle n rat voor die oe draai nie moorde vind daagliks plaas , grond wat nie bewerk word nie gaan beset word DANKIE VIR DIE HULP EN UITNODIGING ons sal dit aanvaar……WAAR KAN ONS AANSOEK DOEN ASB – BAIE DANKIE

Nadine ·

Maak nie saak waarna toe ons kan gaan nie, ek het iets baie interessant gelees in die Bybel die week die boek Deuteronomium – daar vertel Moses presies hoe ons Vader se ons moet lewe, en presies wat met ons gaan gebeur as ons nie vas klou aan sy gebooie en sy woord nie.
Dis nou ongelukkig so.. Ons ALMAL lewe so op ons eie manier, ek meen God het vir ons 10 Gebooie gegee waar volgens ons moet lewe 10 reëls… hoekom maak ons dit so moeilik vir ons self, maar ons VADER het ons die land van melk en heuning belowe as ons klou aan sy geboei, SA moet eerder terug keur na GOD dan sal dinge beter gaan vir ons almal. Dis nooit te laat nie, God het ons belowe hy sal ons NOOIT verlaat nie. Lees gerus die week Deuteronomium en dink vir julle self is dit nie presies wat in vandag se lewe gebeur nie?

Billy Engelbrecht ·

Ek is bly vir die boere se part. Wonder net of die andr lande ook vir ons ander Afrikaner blankes dit makliker gaan maak of net vir die boere?

Carina ·

Wat skerm ons regering nou so….is hulle dalk bang daar bly te min blankes oor om nog te vermoor….uiteindelik …hoop Amerika en die hele Europa begin om hulle mening te lig en te help….dankie Australie

Herman ·

Dis baie insiggewend dat die liberale media (Media 24 en Huffpost) meer artikels in die laaste 2 dae oor hierdie uitspraak gepubliseer het as wat hulle in die laaste 5 jaar oor plaasmoorde gepubliseer het.

Wilmar ·

Hier gaan baie kundigheid uit die land. Zambie subsideer ons boereom daar te kom boer. Hul soek nou al veeartse, dgts, alle kundige mense in bdry soos wat hulle aangaan. Baie Wit Zim boere het daarheen gegaan na Zim se val.

Marie besselaar ·

Yes please help us as a minority we are suffering under current ANC rule

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.