‘Wêreld moet kennis neem van slagting onder SA boere’

Argieffoto: SAPD

Die VF Plus sê hy sal aanhou om “alles in sy vermoë te doen” om die internasionale gemeenskap oor “die slagting onder Suid-Afrikaanse boere” in te lig.

Dit kom nadat ʼn plaasbestuurder (40) en sy vrou (39) van Ladybrand Maandagaand (19 Maart) omstreeks 19:00 oorval is kort nadat hulle op die plaas Brandenberg in die Ladybrand-omgewing tuisgekom het.

Die plaasbestuurder en sy vrou is vasgebind en die man is met ʼn mes doodgesteek. Die vrou is glo ook met messe gesteek en vermoedelik verkrag. Sy kon later loskom en het te voet gaan hulp soek. Die egpaar het drie kinders, ʼn dogter (14 jaar oud) en twee seuns van 11 en 7 jaar oud.

Jan van Niekerk, die VF Plus se provinsiale leier in die Vrystaat, sê die “onopgetekende tragedie van die laaste dekades se plaasaanvalle waarin honderde boere vermoor is, lê in die effek wat dit op naasbestaandes het” – volgens hom soos in dié geval waar drie jong kinders sonder ʼn pa gaan grootword.

“In die ANC-regering se arrogante reaksie op ʼn land soos Australië se uitlatings oor plaasmoorde en onteiening sonder vergoeding verlede week het veral een aspek duidelik uitgestaan: Dit is dat die boodskapper aangeval is, maar dat niks oor die boodskap self gesê is nie. Hierdie boodskap is die harde werklikheid van plaasmoorde en werklikheid van onteiening sonder vergoeding waarvoor die ANC-regering hom beywer,” sê Van Niekerk.

Volgens hom reis dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier, juis vandeesweek na Brussel in België om bewusmaking van plaasmoorde in Suid-Afrika in die buiteland te bewerkstellig.

“Die VF Plus sal nie rus in sy pogings om die wêreld hieroor in te lig nie. [Groenewald is in België] om te sorg dat daar kennis geneem word van die lot van minderhede in Suid-Afrika.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Gatvol ·

Go VF plus! Al ou wat sy sê, sê. En waars die DA se ondersteuning? Te veel gepla om De lille uit te skop. Julle verloor kiesers.

Ook Gatvol!! ·

Ek stem saam met jou Gatvol, ek is ook GATVOL. Wat die hartseerste is daar word absoluut niks maar niks gedoen omtrent die plaasmoorde nie. En vir my is dit soos daglig, die polisie voel ‘n veer en so-ook die regering. Al waaroor hulle karring is grondonteining. Ek het in elke geval klaar beluit vir wie ek my kruisie gaan trek met die volgende verkiesing, my oe het oop gegaan wat baie partye aanbetref….. hulle het net lee eidle woorde.

Lolla ·

Mnr Groenewald, noem dit wat dit is asb, “Genocide in slowmotion”, wat lankal in aksie en werking is. EFF hoef nie vir Genocide te roep nie, want hulle is reeds besig daarmee. Die “denkers” het gedink…dat hulle nie bohaai gaan opskop deur wit mense stadig maar seker te verminder ( sodat padda nie uit kook water spring nie). NOU is ons getalle waar hulle dit wil he. Baie wit mense het oorsee gevlug. Baie wit mense is vermoor. Oorblywende wit mense is vrees bevange en min genoeg in getalle om vandag se optredes en aksies te verstaan. Geen selfbeskerming, army of terug veg aksies of planne is in plek teen die tyd wat die paddas besef genocide is in werking en die water kook nou. EFF se getalle “skyrocket”. En die denkers se: “skaakmat” … Nog nooit het ons soos nou nodig om nie onder mekaar onderonsies te he, maar kammeraadskap bevorder tussen ons. Regtig op ons kniee by ons Skepper inniglik te pleit en opreg te soek na wat ons waardes en morale moet wees. Dan glo ek, sal ons wen. Maar sokkies sal ons moet optrek en in aksie kom. VFPlus, julle is my en baie ander se leier, se ons asb wat ons kan doen en waar om te begin tov kammeraadskap en beskermings aksies en verskeie voorsienning teen oor mekaar?

Eish ·

Die lae intensiteit oorlogvoering moet verseker onder die wêreld se aandag gebring word in al sy naakte geweld.
Die meerderheidsregering het nog elke poging om voorkomend hierteen op te tree geboikot deur met gevoude arms te sit met parlementariërs wat skree, ” Bury them alive!
Die tyd het aangebreek om op die wydste front moontlik hierdie vergrype teenoor minderheidsgroepe aan die groot klok te hang.

Christo ·

Ek begin ook deesdae wonder die DA se agenda. Indien hulle ons belange in ag sou neem sou hulle saam met Afriforum en VF plus in die ry gestaan het. DA verdien nie my stem.

LR ·

Asb VF Plus hierdie boodskap moet so gou as moontlik , so wyd as mootlik, met soveel trefkrag as moontlik oor die aardbol versprei word.

Dafer ·

Iemand word nie gehelp net omdat hy hulp nodig het nie. As sou ons ernstig genoeg weerstand bied om ons eie situasie te verbeter, sal ons hulp kan vra, en verwag om dit miskien te kry. Die Afrikaner is nog nie ernstig genoeg in sy pogings om homself te help nie.
Die onderdrukkers laat toe dat daar genoeg chaos heers, oor die hele land, en ons, die Afrikaner, is orals besig om vuurtjies dood te slaan, of aan te blaas. As ons nie begin om gekonsentreerde weerstand teen die chaos te bied nie, is ons verdeeld, en verlore! Gesamentlik kan ons wen. Een-een gaan ons verloor!

Bietjie bietjie ·

Ek stem saam met Dafer
Vertel die wêreld ja dit is goed maar help jouself deur daadwerklik saam te staan .
Wat gaan die buiteland doen vir die Afrikaner ?
Wat wil hulle doen ?
Praat praat praat tot vervelens !
Vat Israel as jou voorbeeld
Wat doen hulle as een van hulle soldate vermoor of ontvoer word …
Gaan sien eerder vir Benjamin vir raad as België
Israel weet as hulle nie vir hulself sorg en oppas nie
Wie sal ?

Wors ·

Bietjie Bietjie. Ek stem saam. Ek het by België probeer in kom maar dis baie moeilik. Daar is wel baie mense wat belangstel om ons te help maar net as jy daar is… Meerderheid van ons is so vas met skuld en daaglikse onderhoud dat dit net te moeilik is om te vlug. So wat doen ons as julle sê ons moet “saam staan”?

Piet ·

Wys vir hulle sommer die videos ook hoe wreed ons mense vermoor is julle doen goeie werk hou so aan VF trots op julle

Jan ·

Nou VF Plus doen asb dit en saai/versprei dit die wereld in dat almal weet.
Stuur dokumentere programme oor plaasmoorde en ander moorde die wereld in dat dit uitgesaai kan word.
Dan begin stappe neem saam daai lande om boere en werkers te help en beskerm.

Polonie ·

Hierdie ding het al lankal heeltemaal hande uitgeruk en elke keer se ons sterkte aan die wat agterbly en verder gebeur daar net mooi niks tot ons van die volgende slagoffer kennis neem en dan se ons maar weer jammer. VOORSTEL: Sou graag wou weet of daar ondersteuning en lewensvatbaarheid sou wees om n onafhanklike sekuriteitsmag, nie -winsgewend te stig deur die VF om ons boere en mense te beskerm. Ons kan almal bydrae om hierdie lede toe te rus en te bevonds wat sal meebring dat ons die soort van optrede kan elimineer en ons mense kan beskerm. Dis dalk nie die beste voorstel of oplossing nie maar ons kan nie terugsit en wag vir die volgende slagoffer nie……dis dalk ek of jy….wie weet? Ek dink in terme van ex weermag soldate wat nie meer werk of heenkome het nie en dan natuurlik ook die wat weerbaar is om aan te sluit.
Se maar net……

Dafer ·

POLONIE daar is alreeds ‘n organisaie wat hard werk hieraan! AFriForum se Projek Nehemia is reeds goed gevorderd, en vorder daagliks sover my kennis strek. Maar, kontak hulle self en vind gerus meer uit vir jouself.

Cornelius ·

Polonie jy is reg. Ons doen hierdie gepratery al vir 23 jaar Het dit nie tyd geword dat ons na God gaan vir hulp? Ons is net so in die moeilikheid as die Voortrekkers by Bloedrivier. Almal van ons wat hierdie slagting wil oorleef moet op n gegewe dag na ons kerke gaan en God aanroep om hulp. Ons moet nie skaam wees om openlik te wys dat ons, ons op God verlaat vir Sy hulp en beskerming en verlossing van almal wat ons ondergang beplan en uitvoer. Ek sou selfs voorstel dat ons n Nuwe Gelofte aan God maak dat sou Hy ons verlos van iedere en elk wat ons ondergang wil sien en ons ons self kan regeer, ek my tot my sterwe sal toewy om God te dien deur in alle opsigte opreg en volgens Sy Woord te leef.
Cornelius

Dirk Breytenbach ·

Die oplossing – eie grond, eie regering en eie arbeid. Niks minder en niks meer nie.

Hanna ·

Kan mens dalk hierdie artikels in Engels vertaal kry? Elkeen moet sy deel probeer doen deur hierdie tragiese gebeure in die buiteland te versprei. Dankie VF+ vir wat julle doen!

Boland ·

Ook maar nou my blou baadjie opgehang in ruil vir die VF.Hou aan met julle goeie werk.

Lizette ·

Ek het ook my blou baaitjie opgehang vir VF+. En my seuns en ouers gaan vir die eerste keer stem volgende jaar. Definitief vir VF+.

willem ·

As ‘n Suid-Afrikaner in Australië, is my ervaring dat die gewone Aus “man of vrou op straat” nie die lot van SA se blankes as ernstig kan opneem nie. Nie omdat hulle nie ernstig is nie, maar omdat SA as n normale land beskou word: geen oorlog wat word nie, sportspanne wat lekker rugby en krieket speel, ens. Beslis nie n Sirië of Irak nie.

Dalk moet hierdie “normale” aktiwiteite wat die voorkoms van n stabiele situasie skep onmiddelik gestaak word; dan sal die internasionale wêreld dit ernstig opneem?

Jan ·

Persies my persepsie hier in Duitsland ook. As mens se mens kom uit Suid-Afrika is die eerste woorde uit die Duitse monde. So ‘n mooi land. Hier word net vakansies na Suid-Afrika adverteer. Net die minderheid weet wat in SA aangaan en ek neem aan dit is dieselfde vir Nederland. Hier word glad nie berigte geplaas oor moorde nie. Wel oor vakansie in Suid-Afrika in vyf ster hotelle. Hulle sien almal Suid-Afrika met rooskleurige brille. En al die Afrikaners kyk dan so graag Rugby en daar word krieket gespeel. Waar is nou ‘n probleem? As julle hulp nodig he moet julle begin drastiese stappe neem. Rugby boycot. Internasionale sportbyeenkomste boykot. Meer Swart Maandag aksies neem. Begin ernstig raak op internasionale vlak.

Penellope Jones ·

Asseblief, hou die wereld op hoogte van wat hier aan die gang is.

Vermeendes ·

Ek wil net iets hier aanroer.
Verkragting is sekerlik een van die ergste ervarings wat n vrou kan ondervind, dit verander jou hele lewe, gedrag, uitkyk op die lewe, emosies en verhoudings.
Hoekom word hierdie slagoffer verder deur die media verneder om te se GLO VERKRAG, vat haar woord want net om dit te beweer moet sy haar aan die mees onmenslike inwendige toetse en ondervragings onderwerp.
Ek hoop regtig die skrywer van hierdie artiekel is n dame en die redakteer wat wat die goedkeur ook, en ek hoop julle kan julle in die slagoffef se skoene sien staan in hierdie tyd.
Al my meegevoel met die vrou.

Michael ·

Nee wat die D A het lankal my stem verloor hulle gee nie om vir die mense wat kos op ons tafel sit nie. Ek hoor nooit hulle daar oor praat nie net gepla wie hulle kan hof toe sleep oor alle nonsens in die parlement en wat niks van kom nie. hulle steur hulle nie aan plaasmoorde nie. V F + ek steun julle al die pad.?

Jerry ·

Mnr. Groenewald, druk jou trots in jou sak en gaan vra vir CR om staatsvermoe aan te wend om boere en hulle werkers te beskerm! Dit kom ons toe, want ons betaal die belasting! Dit mense is die oplossing, want soos Willem heel tereg se, buitelanders het nie n saak nie. Die buiteland sal eers reageer nadat geweld en vervolging op groot skaal begin het.

White Rhino ·

Ek weet nie hoe kan iemand nog dink om vir die DA te stem nie.Jy skiet jouself in die voet indien jy hulle sou ondersteun.

Jerry ·

Polonie en Dafer, n sekuriteitsmag moet sy mandaat vir polisieering vanaf die minister van polisie ontvang. Die minister sal dit nooit toestaan nie, want dan sit die ANC se vyand met sy eie polisiemag! Die enigste optrede wat n sekuriteitsmag mag uitvoer is om arrestasies uit te voer en die polisie te ontbied. Vuurwapens mag net uit selfverdediging gebruik word en dan word die sekuriteitsbeampte wat skiet aangekla vir moord of poging tot moord soos met die beampte wat die werker op die trekker geskiet het en die beampte wat die oortreder wat visgevang het, by die dam geskiet het! Sekuriteit dien as vroee waarskuwing wat die polisie ontbied voordat opgetree word. Projek Nehemia het dus n paar ernstige hindernisse wat uitvoering gaan belemmer.

willie ·

om die waarheid te ontken is soos om te lieg en ons as gelowiges weet die satan is die vader van die leun! nou word daar beweer Afriforum lieg oor die boere se moorde, dit bevestig net weer wie die regering is!

Oom Kalahari ·

Dr Groenewald, gaan maak asb oral in die buiteland almal se oe oop wat werklik hier aangaan. Ons bid vir uitkoms en dat daar begrip sal wees vir al hierdie onsinnige moorde, dreigemente en mense skendings.

Casper Labuschagne ·

Daar is tans ‘n momentum op sosiale media waar die slagting onder SA plaasboere toenemend ondersoek word. Juis vandag is daar ‘n lang dokumentêre program oor plaasmoorde wat op Youtube deur die Sweedse Palaestra Media vrygestel is. Politieke partye en organisasies in SA moet nie toelaat dat hierdie slagting weer onder die mat gevee word nie, allermins nie noudat die openlike haat teen die wit minderheid so verspreid en algemeen sigbaar is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.