Wêreld se mooistes kom van Suider-Afrika

Chanique Rabe van Namibië is gekroon as Mej. Supranasionaal 2021 (Foto: Sweetness Mootseng/Facebook)

Mej. Namibië, Chanique Rabe, is Saterdagaand gekroon as Mej. Supranasionaal by die Strzelecki Park-amfiteater in Malopolska, Pole.

Sy het geskiedenis gemaak as die eerste Afrikaan om met dié titel weg te stap nadat sy 57 ander skoonheidskoninginne van ander lande uitgestof het.

Mej. Puerto Rico, Karla Acevedo, is as die eerste naaswenner, gevolg deur Mej. Suid-Afrika Thato Mosehle as tweede naaswenner en Mej. Venezuela Valentina Sanchez as derde naaswenner.

Mosehle is verlede jaar op die Mej. Suid-Afrika-verhoog as Mej. Supranasionaal Suid-Afrika 2020 gekroon. Sy was die eerste persoon wat amptelik onder die vaandel van die Mej. SA-organisasie deelneem. Haar nasionale kostuum is ontwerp deur Sello Medupe, eienaar van Scalo. Dit is geïnspireer deur die voorkoms van ʼn Afrika-krygerprinses met elemente van Mosehle se Sotho-kultuur en ‑erfenis daarin verweef.

“Die Mej. Supranasionaal-kompetisie het ʼn nasionale kostuum vereis wat ʼn persoonlike verband hou met die deelnemer,” het Werner Wessels, kreatiewe direkteur van die Mej. SA-organisasie, vroeër gesê. “Aangesien Thato ʼn dokter is, wat op die voorste linies teen Covid-19 veg, wou ons wys hoe sy nie net haarself sien nie, maar ook haar kollegas – as krygers. Ons wou ook iets persoonlik uit haar kultuur insluit in die vorm van ʼn tradisionele kombers genaamd ʼn seanamarena, wat vertroosting, hitte en trots simboliseer wat sy vir haar mense voel.”

Foto: Pawee Ventura/Miss Supranational via Facebook

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

19 Kommentare

jongste oudste gewildste
Jasper

Vroue baklei altyd vir gelyke regte,en dat hulle verwag om gerespekteer te word en nie net ‘n item wil wees nie,nou wonder ek hoekom hulle soos beeste by ‘n vendusie wil rondtrap sodat die beste een gekies kan word en ‘n titel en prys kan kry.
Net my opinie.

Cherokee

Dames, die tuiting van lippe (om die gesig skraler te laat lyk?) mag oulik gelyk het by die eerste 2 of 3 soortgelyke fotos jare gelede, maar dit bevoordeel nie werklik jou looks nie. Van vyf op die foto doen 3 dit. Dit is kunsmatig. ‘n Pragtige sonnige glimlag bring ‘n wenfoto.

Marianna

Baie geluk Mej. Namibia. Ek bars van trots oor my land se mooi meisies. Ek hoop jy plaas Namibia op almal se lippe in die wereld. Jy is ons beste bemarker van ons mooi land.

Stephen

Ek stem saam Marianna. Ek nie juis iemand wat na hierdie tipe kompetisies kyk nie maar mense wat nie in Nam bly nie sal nie verstaan hoe trots (en jaloers) ons op ons mooi land en sy mense is nie.

Althes

Sy is beeldskoon. Baie geluk!!! Namibië se eie diamant!