Die “wêreld se oudste persoon” word Saterdag in Pretoria begrawe nadat sy verlede week in die ouderdom van 134 oorlede is.
Volgens die Gautengse departement van maatskaplike ontwikkeling het dié bejaarde vrou, Johanna Rametsi, van Hammanskraal in die verre noorde van die stad, die oudste persoon in die wêreld geword nadat die Indonesiër Saparman Sodimejo in April vanjaar in die ouderdom van 146 oorlede is.
“Gogo Rametsi is op 1 Januarie 1883 in Krugersdorp aan die Wes-Rand gebore. Sy word oorleef deur twee van haar 16 kinders – haar dogters Wilhelmina Phiri (97) en Ouma Thema (79). Sy het 78 kleinkinders en 247 agterkleinkinders,” het die departement gesê.
Die departement was aan die stuur van gemeenskapsinisiatiewe om vir Rametsi ʼn waardige begrafnis te reël.
Die begrafnisdiens vind om 08:00 plaas in Stinkwater, Hammanskraal, in die gemeenskapsaal langs Maratola Primary School. Die stoet vertrek om 10:00 na die begraafplaas in die gemeenskap.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
30 Kommentare
Hoe weet die dame hoe oud syis regtig dit is onmoontlik.By SASSA kom daar mense wat nog nooit n geboorte sertifikaat gehad het nie en dan word hulle ouderdom net geskat.In die ou bedeling het baie swart mense nie geboortes geregistreer nie en ook nie ID dokumente gehad nie.Ek kan onthou die vrou wat vir my Ma gewerk het het nie eers geweet wat haar verjaarsdag datum was nie.
Goeiste, om te dink sy was hier gedurende die Tweede Anglo Boere oorlog! Shame, syt n lang lewe gehad en selfs meeste van haar eie kinders oorleef.
Rus in Vrede Gogo.
Ek kan nie meer by hou nie, ek kon sweer so paar maande terug was die oudste dood erens in Europa, nou is dit hier..
Interssant…16 kinders een op 66…o ja vergeet een of anner Gauteng dept is betrokke met die syfers lmga
Stem 100 % saam jou Martie.