Wêreld se ‘oudste persoon’ môre in Pretoria te ruste gelê

Gogo Johanna Ramatse (regs) en haar Wilhelmina Phiri (97) saam met pres. Jacob Zuma. Foto: GCIS

Die “wêreld se oudste persoon” word Saterdag in Pretoria begrawe nadat sy verlede week in die ouderdom van 134 oorlede is.

Volgens die Gautengse departement van maatskaplike ontwikkeling het dié bejaarde vrou, Johanna Rametsi, van Hammanskraal in die verre noorde van die stad, die oudste persoon in die wêreld geword nadat die Indonesiër Saparman Sodimejo in April vanjaar in die ouderdom van 146 oorlede is.

“Gogo Rametsi is op 1 Januarie 1883 in Krugersdorp aan die Wes-Rand gebore. Sy word oorleef deur twee van haar 16 kinders – haar dogters Wilhelmina Phiri (97) en Ouma Thema (79). Sy het 78 kleinkinders en 247 agterkleinkinders,” het die departement gesê.

Die departement was aan die stuur van gemeenskapsinisiatiewe om vir Rametsi ʼn waardige begrafnis te reël.

Die begrafnisdiens vind om 08:00 plaas in Stinkwater, Hammanskraal, in die gemeenskapsaal langs Maratola Primary School. Die stoet vertrek om 10:00 na die begraafplaas in die gemeenskap.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Martie ·

Hoe weet die dame hoe oud syis regtig dit is onmoontlik.By SASSA kom daar mense wat nog nooit n geboorte sertifikaat gehad het nie en dan word hulle ouderdom net geskat.In die ou bedeling het baie swart mense nie geboortes geregistreer nie en ook nie ID dokumente gehad nie.Ek kan onthou die vrou wat vir my Ma gewerk het het nie eers geweet wat haar verjaarsdag datum was nie.

willie ·

nou praat jy wat in my gedagtes was! klomp bollie dat sy so oud was, nie eens die Japenese word nastenby soo oud nie!

Ai ·

Goeiste, om te dink sy was hier gedurende die Tweede Anglo Boere oorlog! Shame, syt n lang lewe gehad en selfs meeste van haar eie kinders oorleef.

Rus in Vrede Gogo.

Wagter ·

Ek kan nie meer by hou nie, ek kon sweer so paar maande terug was die oudste dood erens in Europa, nou is dit hier..

Wagter ·

Ok wag ek sien nou.. hehe dit was n lang week, het nie meer al my varkies by mekaar nie

Lankal oor die muur... ·

Interssant…16 kinders een op 66…o ja vergeet een of anner Gauteng dept is betrokke met die syfers lmga

Pastoor ·

Dat die ou dame oud is sal ek nie stry nie. Laaste kind op 55 eish klink nogals vergesogd maar 134 ???? Daar is nie n manier nie. April jokes is verby. Deur die groot oorloee swart griep groot droogtes en wat ookal. Nog voor die motorkar. Sorry daai een ekke glo nie vir hom eish

HFC ·

Ek sien sy is in 1883 in Krugersdorp gebore, maar Krugersdorp het toe nog nie bestaan nie.

Ai ·

Semantiek. Eks seker daar het n hele paar mense daar gewoon voor hulle offisieel die plek verklaar het as n dorp.

Johann Marx ·

Sy was vier en twenty agt sewe en honderd jaar oud toe Krugersdorp gestig is in 1887 deur Marthinus Pretorius. Sy het hom seker gehelp om die eerste sooi te spit en vir hom ‘n koffetjie aan te dra. Haar een oorlewende dogter is gebore toe sy 55 was…..As sy elke tweede jaar ‘n kind gehad het, moes sy 17 gewees het toe die eerste een gebore is, en as jy al haar swangerskappe bymekaar tel was sy vir ‘n volle 12 jaar swanger. Maar nou ja, lees maar weer die berig…..as “Die departement” so sê…wie is ons om te stry?

Johann ·

Oud, ouer, stokoud, en die oudste, hê hê watter een is die profiel?

Johan. H. ·

Wie het hier help tel, Seker die Dertig Persenters,,,Geen mens word daaie ouderdom nie!!!

Lees n bietjie ·

Kyk wat ek nou nie verstaan nie is die Indo persoon het gesterf op 146. Hoe is 134 dan die oudste

Jaco ·

Sy was voor sy gesterf het die oudste LEWENDE persoon op aarde, nie die oudste mens wat ooit geleef het nie…..

wdp ·

Fantasties, dan net sy sekere die magtige Tshwane ook geken, dalk kon sy gehelp het om geskeidenis boeke teskryf oor al die grond wat deur die inboorlinge beset was voordie kolonialist alles kom ssteel het

w ·

Ek weet vi n feit Binnelandse Sake het soma vi mense Geboortedat gegee. Sien dit steeds daagliks. Verander ook soma die Vanne. Man en vrou se vanne verskillende spellings

MIENIE ·

Ek se geniet die intresante inligting hoekom moet die wit man of vrou altyd fout soek.
Wanneer ons begin ophou na die foute soek en ophou kla ; as dit goed gaan kal julle as dit sleg gaan kla julle.
As wit en swart net albei focus op hulle eise lewe sal dit nie so gaan nie maar nee almal het n problem met almal. as julle so groot problem het met die land hoekom is julle nog hier? Nou besluit julle sommer hierdie berig is “fals”maar hoe weet jy dit? Gin n bietjie son oor ander mense en kulture ons almal verdien dit.

Ja hulle se die swart volk jag bollie aan en doen onderduimse dinge maar ons witmense is nie so onskuldig nie.

Johann Marx ·

Sy was ‘n 13,8 persenter…..van Metusalag se ouderdom…wat heel moontlik ook deur “Die Departement” vasgestel is!!

Robert ·

Lyk my rekenkunde is n probleem hier.
Die twee oorlewende kinders was gebore toe sy reeds 49- en 67-jaar oud was. Rekords as jy my vra.
Ek dink dié storie sal deur die selfde mense geglo word wat glo ons het die grond gesteel waarop ons genoeg kos produseer om almal te voed in dié land, en al die mense vd buurstate ook. Lees bietjie Gustav Preller se boek, Lobengula, veral onderaan bls 4, en besef weer met watter eerlikheid en opregtheid hierdie land opgebou is, om nou afbebreek word.

Jacoba ·

Martie en w stem saam ..SIEN? dít gáán op ou end boemerang, wat jy knoei in die lewe (Departemente) haal jou VALS statistieke een of ander tyd IN.

Darius Els ·

Moes Zoomer gewees het wat die ouderdom vasgestel hett,hy is mos besonder skaflik met syfer werk.
Nog n manier( behalwe redeployment,AA en BEE) om sekere mense geld in te stop

Scalla ·

Darius, daar het fout gekom met die telraam, gaan seker nou begrafnis kry deur die tax betaler geborg, lagwekkend

Veritas ·

Die tannie moet oud wees as haar kinders nou al by die negentigs draai. Wat maak dit nou eintlik saak of sy 134 of 104 jaar oud is. Oud is oud en sy is baie oud. As ek by tagtig kan uitkom, sal ek dankbaar wees.

Jan ·

Binnelandse sake was glo lief om geboortedatum 1 Januarie te maak as die aansoeker self nie seker was van die betrokke datum nie.

De Villiers ·

Op 16 April 2017 het Maroela Media berig dat die oudste persoon, Emma Morano, in Italië oorlede is op die ouderdom van 117. Maroela het selfs berig dat dit die laaste persoon was wat nog geleef het wat in die 19de eeu gebore was. Nou is hierdie persoon, Johanna Ramatse, op 134-jarige ouderdom oorlede en bestempel Maroela haar ook as die oudste persoon te wêreld, ‘n stewige 17 jaar ouer as mev. Morano. Dis verwarrend.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.