Wêreld spartel om nuwe Covid-variant te beheer

Reisigers by OR Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg (27 November 2021) (Foto: Phill Magakoe/AFP)

Verskeie Europese lande het Saterdag hul eerste gevalle aangemeld van ʼn hoogs aansteeklike nuwe koronavirus-variant. Owerhede wêreldwyd het hul deure begin sluit om die nuwe Omikron-variant te beheer.

Brittanje, Duitsland en Italië het reeds hul eerste gevalle van die nuwe Covid-19-variant bevestig, terwyl Nederlandse owerhede 61 passasiers van Suid-Afrika in kwarantyn geplaas het wat positief getoets het vir Covid-19.

Suid-Afrikaanse owerhede sê hy word gestraf met ʼn reisverbod omdat hy eerste die variant opgemerk het. Die Wêreldorganisasie het gesê hy is “besorg” oor die nuwe variant.

ʼn Rits lande reg oor die wêreld het reeds reise van Suid-Afrika begin beperk in ʼn poging om enige bedreiging teen wêreldwye pogings teen die pandemie hok te slaan.

Wetenskaplikes poog om te bepaal watter bedreiging die nuwe hoogs gemuteerde variant inhou, veral of dit bestaande entstof kan omseil. Daar is reeds bewys dat dit meer oordraagbaar is as die dominante Delta-variant.

Reisigers het hul na OR Tambo Internasionale Lughawe gehaas – desperaat om die laaste vlugte na lande te haal wat ʼn skielike reisverbod ingestel het. Talle van dié mense moes vakansies kortknip en van Suid-Afrikaanse safari’s en wynplase terugjaag.

“Dis belaglik. Ons sal altyd nuwe variante hê,” het Britse toeris David Good aan AFP gesê, paspoort in die hand. “Suid-Afrika het dit opgespoor, maar dit is waarskynlik reeds reg oor die wêreld.”

“Kommerwekkende variant”

Die virus het reeds deur die krake geval met gevalle wat in Europa, Hongkong, Israel en suidelike Afrika aangemeld is.

Brittanje het Saterdag strenger toegangsreëls aangemeld vir alle passasiers wat in die land aankom en maskers is weer verpligtend ná twee gevalle van die nuwe Omikron-variant bevestig is.

Eerste minister Boris Johnson het gesê maskers is weer verpligtend in winkels en op openbare vervoer.

ʼn Hospitaal in die Tsjeggiese Republiek het ook ʼn geval van die Omikron-variant bevestig in ʼn vrou wat van Namibië gereis het.

Duitsland het sy eerste twee gevalle bevestig in reisigers wat van Suid-Afrika in München aangekom het.

Italië het sy eerste geval van Omikron bevestig in ʼn reisiger van Mosambiek.

Nederlandse owerhede sê die Omikron-variant is “waarskynlik” onder 61 passasiers wat die dag tevore op twee vlugte van Suid-Afrika aangekom en positief getoets het vir Covid-19. Mense op die twee KLM-vlugte, wat vertrek het voor Nederland sy reisverbod ingestel het, is in kwarantyn in ʼn hotel.

In die VSA het ʼn beampte van die Withuis gesê pres. Joe Biden is ingelig oor die Omikron-variant en dat gesondheidsbesmptes die gebeure monitor.

België het Vrydag reeds sy eerste geval bevestig in ʼn ongeënte persoon wat van oorsee af teruggekeer het.

Die WGO sê dit kan ʼn paar weke lank duur om die variant, wat oorspronklik as B.1.1.529 bekendgestaan het, te verstaan. Die WGO waarsku teen reisbeperkings terwyl daar nog nie voldoende wetenskaplike bewyse bestaan nie.

“Drakoniese maatreëls”

Suid-Afrika het die reisverbod “drakonies” genoem en Saterdag gesê die reisbeperkings “kom daarop neer dat Suid-Afrika gestraf word vir sy gevorderde genoom-waarneming en die vermoë om nuwe variante vinniger op te spoor”. “Uitnemende wetenskap moet geloof word, nie gestraf word nie,” het die ministerie van buitelandse sake in ʼn verklaring gesê.

Die lande wat deur die reisverbod geteiken word, sluit Suid-Afrika, Botswana, Eswatini (Swaziland), Lesotho, Namibië, Zambië, Mosambiek, Malawi en Zimbabwe in.

Antony Blinken, Amerikaanse minister van buitelandse sake, het egter “Suid-Afrikaanse wetenskaplikes geloof dat hulle die Omikron-variant so vinnig geïdentifiseer het en dat die Suid-Afrikaanse regering deursigtig was en die inligting gedeel het”. “Dit moet as ʼn model voorgehou word vir die res van die wêreld,” lui ʼn verklaring van Blinken se kantoor.

Dit is met verwysing na China se hantering van inligting oor die oorspronklike uitbreking in Wuhan. Die VSA het gesê China het nie sy samewerking gegee nie.

Australië en België het intussen ook alle vlugte van nege suidelike Afrikalande opgeskort. Gesondheidsowerhede in Australië het ook die nuwe variant bevestig in twee passasiers, wie se reis in suidelike Afrika begin het en op ʼn vlug van Doha in Sydney aangekom het.

Suid-Korea en Thailand het vlugte van agt lande beperk, net soos die VSA, Brasilië, Kanada en Saoedi-Arabië.

Beamptes van die Europese Unie het in ʼn noodvergadering al 27 lande in die blok versoek om reis van suidelike Afrika te beperk. Talle lede het dit reeds gedoen.

Die Wêreldhandelsorganisasie (WHO) het Vrydag, weens die nuwe variant, ter elfder ure ʼn ministeriële konferensie afgelas – sy grootste byeenkoms in vier jaar.

Entstof-vervaardigers hoop dat hulle huidige entstowwe kan wysig om die Omikron-variant te teiken. Duitsland se BioNTech en die Amerikaanse Pfizer het gesê hulle verwag data “binne twee weke” om te kyk of hul entstof aangepas kan word. Moderna sal ʼn nuwe versterker ontwikkel wat spesifiek die nuwe variant sal teiken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Pieter ·

In Net Nuus word daar berig dat Omikron, hierdie nuwe variant, slegs hoofpyn en spierpyn veroorsaak, alhoewel hoogs aansteeklik blykbaar. Dit alles weet die mediese kenners binne enkele dae na die variant bekend geword het, asof dit so op sy verpakkingsboksie staan. En die wêreld gaan tekere asof die duiwel los is. Regte mensdom.

Geregtigheid ·

DIE OMIKRON VARIANT LEI TOT SIMPTOME SOOS LIGTE HOES BIETJIE SPIERPYN EN MOEGHEID VIR DAG OF TWEE. TOT DUSVER HET MENSE MET DIE VARIANT NIE SMAAK OF REUK SIMPTOME VERLOOR NIE. DR. ANGELIQUE COETZEE VAN DIE SA MEDIESE VERENIGING – SPUTNICK NEWS

De Wet ·

Nee. Niemand het gesê die nuwe variant is hoogs aansteeklik nie.

Nicolaas Hendrik ·

Ek dog hulle kan eers oor 2 weke se hoe gevaarlik die kamstige nuwe variant is

Owlie ·

Baie interessant om te lees in hoeveel lande daar nou skielik Omnicron pasiente is – waar en hoe kry hulle dit as die 1e pasient in Afrika is. Dit sal fantasties en van groot waarde wees om te sien hoeveel van hierdie lande 100% die vacine gekry het, hoeveel van die Omnicron pasiente in SA was of op een of ander manier in aanraking was met die 1ste Afrika pasient/areas waar hy/sy was.

groenboer ·

Ja, dit is heeltemal moontlik dat die nuwe variant bloot eerste hier geïdentifiseer is. Nou gaan hulle te kere asof ons die ding doelbewus geskep het.

Dirk Mostert ·

Volgens die WGO veroorsaak omicron nie buitengewone simptome nie en is daar ook asimptomatiese gevalle.

groenboer ·

Die reisverbiedeninge is te laat; hierdie spook is al reeds uit die bottel. Al wat hulle nou bereik is om die oorblyfsels van SA se ekonoie verder te verinneweer.

Francois ·

Volgens ń ander nuus webblad was 2 persone in Australië wat die nuwe variant het asimptomaties en beide geënt, in Tsjeggiese Republiek se gesindheidsowerheid het gesê dat:”Italy:”The patient and his family contacts were in good health, ” en van ń Italiaanse geval sê daardie land: “..the woman was vaccinated and had mild symptoms of the disease”. So dit lyk sover dat ten minste dié wat geënt is nie erg siek word nie.

Oomniklaassevriend ·

Botswana says the new variant was discovered inside the bodies of fully jabbed people

Dirk Mostert ·

Die wat nie geent is nie ook nie. Enting maak dus geen verskil nie.

Francois ·

Aangesien die regering die reis verbode as drakonies sien kan ons seker verwag dat hulle ook nie drakoniese maatreëls sal instel nie.

Anel ·

Wat ‘n klug dpul. Die is net ‘n geldmaak storie. Ek wil graag weet hoe die 61 wat van hier gevlieg het, wst ‘n negatiewe toets moes inhandig, ewe skielik positief toets vir ‘n ander variant. Het hulle almal saam gekuier by uemand wat die nuwe variant gehad het, of wat? En hoekom het net die Suid Afrikaaners positief getoets en nie die res nie? Dis hoekom ek sê, hierdie is een massiewe klug en geldmaak storie. Gedwonge kwarantein in ‘n staatsinstelling kos ook ‘n fortuin en daardie land sluk dit. En ek kan julle ‘n briefie gee daardie mense wat kastig positief getoets het, gaan nie siek word of simptome wys nie. En hoe het hulle geweet hoe om vir die nuwe variant te toets?

Piet parys ·

Snaaks hulle sukkel om covid te verstaan na ampet 2 jr en nou wil hulle omicron verstaan in n paar weke

Pietertjie ·

Die wêreld spartel uit beginsel. In mý Griekse Alfabet word delta opgevolg deur epsilon, nie omicron nie.

Die virus versprei die lug, en is na mý mening reeds ‘n paar keer rondom die aarde. Waarvoor spartel almal? Wat wil hulle bereik?

KB ·

Hulle ken gladnie die Griekse Alfabet nie.
Die derde variant moes heet Gamma (níé Delta nie!…dis die vierde letter!)
En Omicron is die vyftiende letter, nie die vierde letter nie!
Behoede ons van die idiote in beheer.

Johanncb ·

Lees gerus “Omicron” agteruit, Google die betekenis, en “see what’s in a name”!

Anton ·

Geen passasier op die KLM vlug het Dan enige toetse gedoen voor die vlug vertrek het nie???? Die kamstige virus Dan in die lug opgedoen????

MCL ·

Ek sien ek gaan tronksit oor n verkoue….. Maar julle Sal Nie my besigheid vernietig nie!!!

Annelien ·

Die hele wereld is nou op chroniese medikasie teen covid.

ameli ·

My dogter het die nuwe variant en sy het geen simptome nie, toevalig uitgevind toe sy vir operasie moes gaan. En sy is ongeent

Blomme ·

Suid-Afrika gestraf word vir sy gevorderde genoom-waarneming en die vermoë om nuwe variante vinniger op te spoor. Ag asb.. SA word g’n gestraf vir iets só vooruitstrewend op navorsings gebied nie, daarvoor is ons leiers te pateties.. Ons ministers moet ophou slagoffers speel van alles wat gebeur en liewer kyk hoe hul ons land kan regruk en beskerm teen al die korrupsie en misdaad.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.