Wêreld verloor sakevertroue in SA weens SEB

geld ekonomie suid-afrika

Argieffoto

Internasionale vertroue in Suid-Afrika se sake-omgewing het drasties afgeneem sedert 2012 met swart ekonomiese bemagtiging (SEB) wat uitgewys is as die mees negatiewe faktor vir Europese beleggers in die land.

Dit blyk uit ʼn verslag van die Europese Unie (EU) se Kamer van Koophandel wat pas verskyn het. Die verslag is opgestel aan die hand van ʼn opname onder 211 plaaslike maatskappye in Europese besit en is gedoen deur die EU se Kamer van Koophandel en Nywerheid in Suid-Afrika. Bussiness Day het oor die verslag berig.

Anton Alberts, woordvoerder van die VF Plus, sê dit bevestig die party se standpunt dat SEB tesame met ander faktore soos regstellende aksie (RA), die groot remskoene is wat ekonomiese groei in Suid-Afrika kniehalter.

“Die wêreld is besig om raak te sien wat in Suid-Afrika gebeur, en bevestig ook dat die jarelange pogings van die VF Plus om die internasionale gemeenskap hieroor in te lig deur onder meer voorleggings aan die Verenigde Nasies (VN) te doen, nie op dowe ore geval het nie.

“Ander negatiewe faktore vir beleggers is die wisselvalligheid van die rand en korrupsie in die regering. Beleidsveranderinge en onsekerheid wat dit skep asook rompslomp rondom werkpermitte is ook uitgewys as kwelpunte,” het Alberts bygevoeg.

Hy meen beleggersvertroue word verder ondermyn deur staatsinstellings wat nie na behore funksioneer nie. “Die rigiede wetgewing vir maatskappye om aan SEB te voldoen en die prys wat daarvoor betaal word in terme van produktiwiteit, is egter bo-aan die lys van negatiewe faktore.

“Daar is wel sommige positiewe punte wat uitgelig is soos die land se goeie infrastruktuur, maar dit word oorskadu deur die wanbestuur van die regering. Twee-derdes van die respondente verwag dat korrupsie sal toeneem in die regering en ander regulatoriese owerhede.

Alberts het bygevoeg die VF Plus sal aanhou druk plaas op die regering om weg te doen met SEB en RA. “Solank dit op die wetboeke is, sal daar nie ekonomiese groei wees nie en sal miljoene mense weens die kortsigtigheid van die ANC werkloos en sonder hoop wees.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Johann ·

Plaas dat dit nou bekend was voor Gorhan se begoting, dan kon hy dit vir hulle vandag in die parlement voorgelees het en in aggenome daarvan sy begroting gedoen het.

En sou hulle nie hande geklap het nie!

Griet ·

Johann, jy is heel moontlik verkeerd. Hulle sou hande geklap het, kanse is goed hulle sou dit nie verstaan nie, want hulle is nie slim nie………

Piet Badenhorst ·

Soos in die laaste begroting elke 3e woord TRANSFORMASIE was, so is BEE ook gemik om te Parrasiteer.
Die ANC se geveg was nie oor Vryheid en Appartheid nie, maar om hul hande te le op die Welvaart wat geskep was op die suidpunt van Afrika.
Nou dat hul die mag het kan hul gladnie n welvarende Staat skep of onderhou nie.
Verdere belastings en nog meer toelaes gaan nie welvaard skep nie.
My opgeboude plaas vat om wat mee te maak? n Plakkerskamp.
Met elke verdere “transformation ” maatreel erken hul hul onvermoe om welvaard te skep.
n Rampresep.

Sarie ·

Nou die dag het ‘n familielid wat vir ‘n buitelandse maatskappy werk, hy is ‘n Ier, aan ons vertel hoe gefrustreerd sy maatskappy is met die BEE koerier dienste wat hulle moet gebruik is.

AL ·

SEB hou slegs voordeel in vir SEB bemagtigdes. Hulle ploeg nie geld terug in arm gemeenskappe of help hul met werksvaardighede nie. Dis tyd dat hulle waai!

Gideon ·

Nou sidder die buiteland!! Dit is dan wat hulle wou gehad het!

WitBlits ·

SEB is niks anders as boewery nie en geloofwaardige oorsese beleggers is nie liefdadigheidsinstansies wat hulle met diskriminasie wil assosieer nie.

Johann van Cullinan ·

Ek sekondeer Gideon. Dit is wat die buiteland wou gehad het. Daar was voor 1994, baie sanksies teen ons ingestel. Die ander groot probleem is nie net die korrupsie nie, dit is ook die buurlande se mense wat sommer oor S.A grense loop en niemand stop hulle nie. Weens korrupte staatsamptenare, kry hulle sommer ‘n S.A Ideeboekie en siedaar, nog iemand wat al die voordele geniet.

Wicus Jansen Van Vuuren ·

Nooit sou dit nooit kon sê nie. Ons ekonomie is dan so sterk. As dit hulle 20 jaar vat om te sien dit maak land seer, gaan dit seker nog 20 vat om dit van kant te maak, maar nee kry eerder economic reform wat beteken meer SEB wette.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.