Wêreldbank kap SA oor kragtekorte en beleidsonsekerhede

Argieffoto

Argieffoto

Suid-Afrika sal na verwagting een van die lande wees wat die meeste voordeel trek uit die laer internasionale oliepryse, maar groei word gestrem deur kragtekorte, swak beleggersvertroue te midde van beleidsonsekerhede, en danksy die verwagte strop wat geleidelik stywer om die monetêre en fiskale beleid getrek word.

So sê die Wêreldbank in sy sesmaandelikse vooruitskouing van die wêreldekonomie.

Die verslag maan veral ontwikkelende lande om gereed te wees om noustrop te trek weens hoër leningskoste en die afname in die pryse van uitvoerprodukte. Met die aanbreek van die wêreldwye ekonomiese krisis het ontwikkelde lande die toon met groei aangetoon, maar hulle sal nou met aansienlik moeiliker omstandighede te kampe hê.

Die verwagte groei van die wêreldekonomie is van 3 % tot 2,8% afgeskaal.

Vir die eerste keer word verwag dat Indië die hoogste groeikoers sal hê, naamlik 7,5% danksy beleidshervormings. China se groeikoers sal 7,1% wees.

Die Wêreldbank het ook ’n beroep op die Amerikaanse Federale Reserweraad (Fed) gedoen om tot volgende jaar te wag met die verhoging van rentekoerse, eerder as later vanjaar.

Lees die volledige mediaverklaring hier. 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

jacques ·

Maar dis dan so lekker as die krag af is ons kry dan so bietjie vamielie tyd en TV werk dan ook nie.Almal kyk net na geldsyfers op pampier om te wys hoe sleg dit nou met ons gaan gaan.Ek dink meer dit gaan slegter gaan met met bankers, ons gaan elkgeval swaarder kry want ons word leeg gesuig elke jaar al hoe meer sonder dat party mense dit agter kom.

Peet Schabort ·

Sien die R is ook nou op die Rand(t) van die afgrond.
Jan van Riebeeck is gelukkig weggevat en vervang met die ikoon.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.