Wêreldbekende renoster naby wildtuin gestroop

Wozani, 'n renoster wat wêreldwyd daarvoor bekend was dat dit gelyk het asof hy vir besoekers soentjies blaas. Skermskoot: Sue Harwood/Facebook-video

Wozani, ‘n renoster wat wêreldwyd daarvoor bekend was dat dit gelyk het asof hy vir besoekers soentjies blaas. Skermskoot: Sue Harwood/Facebook-video

ʼn Renoster wat wêreldwyd daarvoor bekend was dat dit gelyk het asof hy vir besoekers soentjies blaas, is die afgelope naweek deur stropers doodgeskiet.

Wozani, ʼn 14-jarige swartrenosterbul in die Olifantsrivier-wildreservaat tussen Hoedspruit en Phalaborwa in Limpopo, is Saterdagaand deur ʼn groep stropers doodgeskiet en sy horing, stert, een oor en een van sy pote is afgekap.

Mario Cesare, ʼn natuurbewaarder by die reservaat wat naby die Krugerwildtuin geleë is, het aan Maroela Media gesê die stropers het vermoedelik in twee groepe die reservaat binnegekom en een van die groepe is in die suide van die Balule-gedeelte van die reservaat aangekeer. Die tweede groep het egter deurgeglip, gewag tot dit donker word en toe in die lig van die volmaan Wozani opgespoor en doodgemaak.

“Wozani het voorheen terugslae oorleef toe ʼn swak ontwerpte valstrik hom byna sy poot gekos het, toe ander bulle hom uitgedaag het en toe ʼn trein hom getref het. Hy het bekend geword vir die soene wat hy geblaas het aan enigiemand wat met hom in kontak gekom het,” het Cesare gesê.

“Hy het onlangs sy bekende gebied verlaat om na Buza [sy maat] en sy dogter, Bongani, te soek, onwetend dat hulle al ʼn maand vroeër die slagoffers van stropers geword het. Tragies genoeg het Wozani sy laaste soen geblaas ongeveer ʼn kilometer van waar sy geliefde Buza en Bongani geslag is.”

Volgens Cesare is Wozani se stert, oor en poot ook afgekap om saam met die horing verkoop te word om aan die koper te bewys dat dit van ʼn wilde renoster afkomstig is. “ʼn ‘Produk’ wat nou gesien sal word as van beter kwaliteit en wat meer ‘medisinale krag’ het. Ironies genoeg gaan dit nou na China, waar die ekonomie gedryf word deur ons wat hul produkte koop, wat op sy beurt hul aptyt en vermoë om renosterhoring, perlemoen, ietermagog, ivoor, leeupote, ensovoorts te bekom. Dink daaroor die volgende keer wat jy iets koop waarop staan ‘Made in China’.”

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn saak van die onwettige jag van beskermde spesies word ondersoek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Eugene ·

Die patetiese regeering moet die weermag uit dieD.R.C en ander Afrika lande ontrek .Hulle moet eerder ons wildtuine en ons plase bewaak en help teen plaasaanvalle en stroopery in stede daarvan om Zumma se seun se olievelde op te pas.

Annamarie Prey ·

Ek stem 100% saam, Eugene! Dit word tyd dat iets gedoen word ….. en die patetiese regering is nie daartoe in staat nie …..

tamboti ·

nee sit ‘n losprys van R1milj. op onwettige jagter/ plaasaanvaller se kop!

Eugene ·

Zuma moet die weermag ontrek uit D.R.C. wat sy oliebelange oppas sodat hulle eerder wildtuine en ons boere op pas.

Anton ·

…voor ek n artikel koop kyk ek eers vanwaar dit kom en waar dit vervaardig is…het al 25 jaar gelede my rieme styfgeloop met die “Made in China”…vir die stropers…jul dag sal kom…en ek hoop dit is erger as Wozani sin…

Heleen ·

Dis tyd dat almal hierdie chinese winkels ook boikot…dis goedkoop gemors! Steun jul eie mense

John ·

Stem. Die winkeltjies bly oop met een winkel-assistent en uiters min kliente en dit in duur winkeksentrums. Hoe doen hulle dit? Of is dit net fronte vir iets anders? Miskien moet hulle die skelms ook stroop op die’ sensitiewe plekke waarvoor die renosterhoring dan glo eintlik sou werk met een van daardie skerp higieniese messe vir rituele-besnyding…

Kiewiet ·

My hart…
Daar is niks mooier as ‘n klein renostertjie nie. Wat gaan ek vir my kleinkinders sê?
Eendag lank gelede was daar renosters. Dit was wonderlike diere. My hart…

Gustav ·

Wozani is net nog ‘n renoster wat ‘n slagoffer geword het van die kranksinnige verbod op renosterhoringhandel. Hy is op ‘n privaatnatuurreservaat gestroop. Eienaars van dié reservate sal graag meer geld op bykomende en beter veiligheidsmaatreëls wil spandeer, maar dit is ontsaglik duur. Vanoggend is daar net een spul mense wat glimlag oor die voordeel wat hulle uit dié verbod trek: Die stropers. Elke mens wat vir renosters omgee moet lank en hard en duidelik beswaar maak teen die onnosele verbod op renosterhoringhandel. Dit maak ons renosters dood.

Johannes Meintjes ·

Die gebrek aan “holistiese” regering in SA, Afrika en internasionaal dra tans na mening toenemede slegte vrugte, – of dit nou manifesteer in renosterstropery, plaasmoorde, die “immigrante krisis” of korrupsie in die DR Kongo. Balanse in die GOP vir dorpe en plattelandse gebiede moet gevind word sodat daar op die platteland groter, teenwoordige en volhoubare rentmeesterskap ten opsigte van landbou, plaaslike ekonomie en natuurbewaring kan plaasvind

Kanda ·

Ek sê al lankal dat mens glad nie enige Chinees se produkte moet ondersteun nie. Ek vertrou ook geen Chinese toeris wat wildtuine wil besoek nie. Hoekom? om te kyk watter diere daar is wat geslag kan word. Maar ons regering is mos hand op die blaas met China. Moeletsi Mbeki het al in 2008 gewaarsku dat China ons nog gaan uitspoeg sodra hulle al ons hulpbronne uitgeput het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.