Wêreldbeker-finaal nou ook SAUK-kykers beskore

Foto: (AP Photo/Shuji Kajiyama)

Goeie nuus vir rugbyliefhebbers is dat die SAUK nou ook die Wêreldbeker-eindstryd tussen Suid-Afrika en Engeland gaan uitsaai.

Die Springbokke het die afgelope naweek in ʼn naelbytstryd Wallis se Rooi Drake geklop vir ʼn plek in die eindstryd. Hulle het met 19-16 oor Wallis geseëvier.

Die SAUK het Maandag in ʼn verklaring gesê hy het ʼn ooreenkoms met SuperSport bereik om die eindstryd, wat Saterdag om 11:00 in Jokohama beslis word, regstreeks op SABC2 uit te saai.

Vrydag se wedstryd tussen Nieu-Seeland en Wallis om die derde plek sal óók regstreeks uitgesaai word. Dié wedstryd begin ook om 11:00.

Madoda Mxakwe, die SAUK se groephoof, het gesê die SAUK is “opgewonde om die geskiedkundige wedstryd aan die land te bring, aangesien die openbare uitsaaier besef watter rol dit in maatskaplike samehorigheid, nasiebou en die bevordering van sport in nasionale belang speel”.

Mxakwe het ook gesê die SAUK is verbind daartoe om kommersieel lewensvatbare ooreenkomste met SuperSport aan te gaan.

“Ons ondersteun die Springbokke en wens hulle alles van die beste toe terwyl hulle ʼn plek in die geskiedenisboeke najaag.”

  • Jy staan boonop die kans om ʼn ysmasjien ter waarde van minstens R2 000 te wen as jy in Maroela Media se rugbyraaikompetisie die Rugbywêreldbeker-eindstrydtelling (tussen Suid-Afrika en Engeland) reg kan raai. Lees hier hoe jy kan wen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Donald ·

Dis goed so. Gee nie om te betaal vir die wat regtig wil kyk maar dit nie beskore is nie, al, is die kop van die vis vrot.

Willie ·

Het geweet Kolisi se kapteinskap het meer agter die skerms! Well doen Rassie.

Petro ·

Dit gaan nie hier oor politiek of Ramaphosa nie. Gun mense die geleentheid om die Bokke te ondersteun in die finaal. Ek dink dis awesome. Baie mense, veral oumense wat nie dstv kan bekostig nie. En ja die land kan vir ‘n slag bietjie saam skree, kan ons net goed doen.

proSteve ·

dankie maar nee dankie. My eersgebore reg gee ek nie weg vir die rugby lensie sop nie.

Willehond ·

En eksdom gaan die krag afsit want hulle wil n tarief verhoging he!! Sal maar die generoter start!

bokkie ·

Goeie nuus. Hoop net ons beste speler, Kolbe, is reg en dat Willie sy een goeie wedstryd in 10 probeerslae speel.

Willie skillie ·

Ek hoop willie doen die eerbare ding in belang van die res vd span en stel homself onbeskikbaar weens n gebrek aan belangstelling en vorm. Daar is twee ander wat beter op 15 sal vaar en nie sal skrik vir die bal as dit perfek vir hulle gepaas word of geskop word nie. 15 moet die veiligste hande en betroubaarste lynskopper wees in die hele span. Engeland gaan Willie teiken as hy op die veld is Saterdag. En o wee.

bokkie ·

Nee, die SABC betaal. Hulle het ‘n ooreenkoms met Supersport aangegaan.

Louise ·

Wielspore en wat daarvan? Ons, soos baie ander Suid-Afrikaners, kan ook nie DSTV bekostig nie dus is ons BAIE dankbaar dat ons ook kan kyk????

Scalla ·

Seker uitsaai voordeel gekry op skuld, hoop die krag gaan nie af.

'n Bol Rappie ·

Kykiepoo nie. Veral nie rappiepoo nie. Nog minder essybiesiepoo.

latie ·

die probleem is gaan nie direk uitsaai nie gewwonlik eers na die wedstryd klaar is dan saai die wedstryd eers ???????

Robert Naude ·

Die berig sê regstreeks. Dit beteken soos geskeduleerd…..

TwaalfBoor ·

@latie
Nee dis nie ñ probleem nie. Net soos altyd word daar op die rug van “betalers” gery.

Iens ·

Die berig sê ‘regstreeks om 11 uur”. Dit gaan dan uitgesaai word. Nie na die tyd nie.

Nico ·

Latie, maar in die berig staan daar “regstreeks” so waar kom jy nou vandaan?

Fielies ·

Netso!
Al die vorige wedstryde van die Bokke in die werelbeker om tot hier te kom was nie belangrik genoeg vir die nasie om te sien en ondersteun nie maar hulle druk deur tot die finaal en voila daar het die sabc kans om shine te vang. Wat n klug..

Ruan ·

Ek kan jou waarborg hy kyk en wee jy wat Andre, mens het nie DSTV nodig om sport te kyk nie. Het jy al gehoor van streaming? Dis wel 2 min agter die regstreekste uitsending maar jy kom dit nie eers agter nie. Ek stream self rugby want ek gee nie DSTV kos om my taal af te kraak nie. Het uncapped wifi en kan baie meer met dit doen as wat julle met julle DSTV kan doen.

Hendrik ·

Ek het nie ‘n TV stel nie en die regering sal vir my ‘n TV moet koop om die wedstryd te volg, anders kan ek nie deel wees van die eenheidsgevoel en eenheid bevorder nie.

Martins ·

Ek het dstv weer aangesit net vir die rugby,maar ek is bly dat almal saam met ons dit kan geniet nog beter dat dit regstreeks is. Go bokke

Gideon ·

Dit gaan interessant wees. Ek woon die afgelope 7 maande in Japan, net noord-oos van Tokyo. Een van my kolegas is uit Engeland, so ons gaan mekaar lekker gas gee die naweek.

Linda ·

Genugtig mense, gun ons medeburgers dit asseblief en moenie altyd so negatief wees nie!

Devil ·

Nou dat almal kan kyk hoop ek almal betaal hulle tv lisensies…
As jy nie joune betaal het nie, mag jy nie kyk nie!

NET EK ·

Lag ek nou so lekker. dankie. Ek glo hy sal na een of ander bar of sports bar toe gaan

bokkie ·

Onthou dat Vrydag se wedstryd OOK regstreeks uitgesaai gaan word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.