Wêreldkoorspele: ‘As ‘Die Stem’ gesing word kan ‘Thina Sizwe’ gesing word’

wereldkoorspele-thina-sizwe

‘n Skermskoot van ‘n videogreep van die Wêreldkoorspele se afsluitingsgeleentheid. Foto: Twitter.

“As ons as ʼn nasie die nasionale volkslied met ‘Die Stem’ sing, wat verband hou met ons apartheidverlede, moet ons ook as ʼn span die sing van stryd- en protesliedere van ons land se pynlike verlede kan ondersoek.

“Dit sluit byvoorbeeld liedere soos ‘Thina Sizwe’ in, sonder die deel van die lied wat handel oor moord natuurlik, want die konteks in ons land is steeds besig om te verander.”

Dit is die mening van André van der Merwe, voorsitter van die nasionale artistieke komitee van Interkultur, die internasionale organiseerders van die Wêreldkoorspele, wat verlede week in Pretoria plaasgevind het.

Maroela Media het berig ʼn herrie het Sondag op sosiale media ontstaan nadat “Thina Sizwe” tydens die afsluitingsgeleentheid van die tiende Wêreldkoorspele gesing is.

Twitter-gebruikers het hul skok en teleurstelling uitspreek omdat die strydlied wat oudpres. Jacob Zuma en die EFF dikwels sing, handel oor “mkhonto [sic] wat die boere dood maak”.

ʼn Lid van een van die kore wat aan die geleentheid deelgeneem het en op voorwaarde van anonimiteit met Maroela Media gepraat het, beweer nie een van die Europese en Amerikaanse gaste of koorlede het geweet wat hulle sing nie. Hy het aangevoer die afsluitingsgeleentheid het in ʼn propaganda-veldtog ontaard omdat Nathi Mthethwa, die minister van kuns en kultuur, die geleentheid bygewoon het.

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, het homself ook sterk teen die sing van ʼn verdelende politieke strydlied uitgespreek ná afloop van die afsluitingsgeleentheid.

Henriette Brockmann, kommunikasiebestuurder van Interkultur, het gesê die organisasie se plaaslike vennote in Suid-Afrika het hulle verseker die “Thina Sizwe”-lied moet binne ʼn historiese konteks verstaan word en as deel van ʼn herinnering aan die stryd vir vryheid teen apartheid soos in die sin van wat oudpres. Nelson Mandela gedoen het, beskou word.

“Dit moet geensins verstaan word as ʼn politieke stelling of in enige ander kontroversiële sin nie.

“Dit is ook belangrik dat ons daarop wys dat die belangrike deel van die lied, wat nou sterk gekritiseer word, nie by die afsluitingsgeleentheid van die 2018 Wêreldkoorspele gesing is nie,” het Brockmann gesê.

Sy het benadruk dat Interkultur as ʼn internasionale organisasie elke vorm van diskriminasie, politieke oproer en geweld verwerp.

“Meer as 16 000 deelnemers van meer as 60 nasies het vir 11 dae in Suid-Afrika byeen kom in ʼn vreedsame, wêreldwye, multikulturele viering van koormusiek. Ons is regtig jammer dat ʼn dubbelsinnige bydrae tot die afsluitingsgeleentheid hierdie irritasie veroorsaak het en het reeds die kwessie met ons plaaslike vennote bespreek.”

Van der Merwe het ook bevestig die eerste gedeelte van “Thina Sizwe”, wat handel oor moord, is nie tydens dié geleentheid gesing nie en die mediaberigte wat aanvanklik beweer het dit is wel gesing was ʼn soeke na sensasie.

Hy het bevestig die volgende gedeelte van die lied is wel gesing en kan so vrylik vertaal word:

Thina sizwe esimnyama (Ons die swart nasie)

Sikhalelela izwe lethu (huil oor ons grond)

Elathathwa ngabamhlophe (wat van ons weggevat is deur die wit mense)

Mabayeke umhlaba wethu (laat hulle ons grond teruggee)

Mabayeke umhlaba wethu (laat hulle ons grond teruggee)

Intussen het die VF Plus ook sy stem gevoeg by diegene wat die organiseerders van die internasionale koorkompetisie gevra het om die sing van die struggle-lied te veroordeel.

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, het vroeër die week ʼn brief aan verteenwoordigers van Interkultur Suid-Afrika gestuur waarin hulle die organisasie daarop gewys het dat die lirieke van die lied, wat sê dat wit mense “grond by die swart nasie gesteel het”, kan bydra tot polarisasie oor die grondkwessie in Suid-Afrika.

“Interkultur maak daarop aanspraak dat die stigting ‘gebore is uit die idee om mense van alle lande, kulture en wêreldbeskouings in vreedsame kompetisies saam te bring’. Indien die stigting nie die sing van ‘Thina Sizwe’ veroordeel nie, slaag Interkultur en die kompetisie nie in hierdie doel nie, aangesien dit blatant vooroordele en stereotipes oor wit mense verkondig,” het Groenewald gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Johan ·

Die verskil is dat Die Stem nie praat van mense doodmaak nie!

Andrea van Vuren ·

Langenhoven het Die Stem in 1932 geskryfen dit het net mooi NIKS met apartheid te doen gehad nie!

Die Stem ·

Net iemand wat nie as BOER geklasifiseer kan word nie, sal die twee liedere vergelyk.
Dis soos om voor n vuurpeleton te staan, teenoor rondom n vuurtjie.

Francoais ·

Dit is vir my verbasend om te hoor hoe sleg dit gegaan het in die Apartheid era. Ek is deur dit, en as ek nou na die agteruit gang kyk oor die afgelope 22 jaar. Dan moet ek die inteligensie van die klaers bevraag teken. Die mede kan gerus meer vergelykings publiseer. Hoeveel mense vermoor, verkrag word en diefstal wat plaas vind was in vergelyking met nou.

Natan ·

Uiters swak smaak in hierdie tyd van onteiening sonder vergoeding. Nogal voorspraak daarvoor gemaak deur’n blanke persoon. Trevor Manuel sê onomwonde dat beleggers skrik vir die onteieningdebat. Hierdie koororganiseerders is ook maar terroriste, dit baat die land hoegenaamd nie om sulke liedere te sing nie. Ons moet uit die ekonomiese afgrond kom, gatkruipers is nie deel van die oplossing nie.

Paul ·

Genadige vader, die mense het dit nou toetentaal verloor, al van lank gelede af, geheel en al, hulle soek ‘n stok om die hond mee te slaan en hulle het dit ‘n tyd gelede al in Die Stem gevind wat ongelukkig vir hulle maar géén politieke konnektasie het nie. Hulle kon nie iets anders vind om die hond mee te slaan nie.

Dit is die ou SA volkslied waarvan die lirieke aan geen negatiewe gekoppel kan word nie, buiten vir die era van Apartheid, maar as lied opsigself, niks. Daar word gehamer op Die Stem en al harder geskree, lawaai gemaak. Daar is mos nou nie ‘n ooreenkoms tussen die liedere nie, nie in ‘n miljoen jaar nie. Jig!

ne ·

Ons aanbid nie die voorvader geeste nie!!!! Nkosi sikilele….

Pierre ·

Ek is sprakeloos oor die woorde van Van Der Merwe en Brockmann, kan jy dit oorvertel dat mense so-iets moet kwytraak om die sing van TS te regverdig?

Wayne ·

Van der Merwe en Brockman. Die name sal onthou word en nie oor hulle getrouheid nie.

Wouter ·

Ek stem saam met Dr Groenewald, maar Dr dan is dit interessant om daarop te let dat beide Van Der Merwe en Brockmann wit is, so ironies.

Etienne Prinsloo ·

Hard left white liberals can only virtue signal. There is nothing more despicable than supporting barbarism and extreme violence against elderly farmers. Every white person that condones songs that call for genocide has blood on his/her hands.

Jana ·

Dit bly n raaisel waarom sekere mense dit nodig vind om ‘witvoetjie’ by die regering van die dag te soek.
Blykbaar het hul nog nooit gesien dat :‘The bull will still chase you. Even if you are a vegetarian.

Anneli ·

Ek stem heelhartig saam.
Brockmann en van der Merwe moet maar lig loop, as moeilike tyd kom, gaan hulle net maar wit wees.
Soos die Engelsman sê “ useful idiots”. Ons sal diesulkes altyd met ons hê.

Wayne ·

Jy sal altyd enkelinge kry wat net vir hulleself uitkyk en alles en almal anders onder die bus sal gooi in ‘n poging om hulself te red. Dit is die genetika van verraaiers.

jankoos ·

Belaglik,die afrikaner wit persoon is sy eie grootste vyand.Dit is die rede hoekom sy kultuur vertrap word want hy help dit aan.

Andrea van Vuren ·

Tydens die Boere-oorlog was daar al landsverraaiers. Dit het nog nooit opgehou nie.

Paul ·

Die ANC is, onwetend vir ons, besig om ook ons waardestelsel en siel te kaap, die koorlede weet nie wat die woorde beteken nie, buiten vir ons swartes, maar hulle sing lustig saam. Ek wonder hoe voel daardie mense en die gehoor wat met ‘n slap riem gevang is?

Willie ·

Daar was “hans kakies” en hands oppers” in die vroee geskiednis. Sien die mense wat die koor die lied geleer en laat sing het as sulke uitverkopers van ons afrikaners om hul eie bas te probeer red. Sies ouens, sies

RM ·

Nog ANC nonsense. Die Stem is ‘n gebed en hits nie geweld aan teenoor mense nie. Wag, die ANC vra nie vir hulle ondersteuners om te deel en saam te werk nie, hulle vra om die land vry te stel van ‘n sekere minderheidsgroep en elke dag sterf Boere. Belaglik!!

White Rhino ·

Toemaar die libs gaan eers later leer en dan is dit te laat vir hulle.Op die oomblik wil hulle “in” wees maar later gaan hulle “uit” wees en niemand gaan hulle dan innooi nie.Die deure gaan nie oopgemaak word nie.

Johan ·

Grond vat is soos mense doodmaak. Soos verkragting. Dis jou siel en bloed. So deur dit te sing wil hulle wys hulle gaan die grond vat. Verkrag en doodmaak!!!

Johann M van Heerden ·

Kan nie glo ‘n rassistiese lied word by so ‘n geleentheid toegelaat nie. Die Stem se niks van onderdrukking van of teen swart mense nie. Ek is diep geskok dat mense so naief is.

Freud ·

Sure!! Maar as een van ons kunstenaars by ‘n konsert Die Stem sing word sy/haar optredes gekanselleer by die volgende byeenkoms.
Die Stem besing die beauty van die land en dat mense moet saamstaan…. daarteenoor vra die struggle songs dat mense doodgemaak moet word. Daar is ‘n klein verskilletjie nie waar nie?
Sing die stem en weet dat jou optredes geaffekteer gaan word in die toekoms en weet maar dat die Afrikaans sprekende bevolking aangeval en sleg gese sal word met ‘n stortvloed van woorde en kritiek. Dan word ons beskuldig dat ons nie wil saamwerk nie.

Emma ·

Baie mooi kry hoendervleis, dankie Paul. Dit was goed om te luister.

Adam ·

Dis nou die cherry op die koek As die sing van kill the boer kill the farmer dan nou kultuur is is Die Stem nou nie kultuur nie of wat Ek kan my geld daarop wed dat daar van belastingbetalers se geld gebruik is om die geleentheid vir die ANC te finansier

Hanna Hoekom ·

Ek is SO moeg vir hierdie hensoppers onder ons! Wil ten alle koste ” polities korrek” wees. Dis om van naar te word. Sing dan maar vlg keer “Kill the Boer” en “Bring me my machine gun” en kry klaar. Die Stem sal altyd my volkslied wees. Geen Hoofman (Nkosi) hoef Afrika te seen nie… Dis reeds te laat!

Paul ·

Ons het dit nou en dan almal in ons lewe nodig. Deesdae dalk meer.

xxxxxx

Poeksie ·

Ek en my man sing in ‘n koor wat aan die WCG deelgeneem het. Ons was by die openingseremonie. Die atmosfeer aan die begin vd aand was elektries, almal was opgewonde en het gesing omdat dit is waarvoor ons almal lief is. Toe begin die politici se toesprake, verwysings na Apartheid en Mandela en die hele aand is geblus. Die belgiese koor wat agter ons gesit het was erg geirriteer met die hele sirkus, so ook vele van die kore wat geloop het toe die Afrikamusiek net aangehou en aangehou het sonder einde. Dit was ‘n skandelike aand en nie verteenwoordigend van enige ander kultuur behalwe om die storie te vertel van die arme Afrikane se struggle om oorlewing nie. Die organiseerders kon bv die Kaapse klopse so mooi ingebring het met hulle sangkultuur as hulle dan nou die blankes moet ignoreer. Ek het trots Suid-Afrikaanse die aand begin, verlee geloop en gehoop mense dink ek is ook van oorsee erens. Daar was duidelik politieke agendas van die begin af wat nie gepas was vir so ‘n geleentheid nie. Ek sien uit na WCG in 2020 in Europa, nooit weer hier nie dankie.

Hector van Oevelen ·

Poeksie, ek is seker die “belgiese” koor was ‘n koor van almal Vlaamse mense wat by die huis Nederlands praat. Vir die res stem ek heeltemal saam met jou siening oor die politici wat die pragtige koorgebeure skandelik misbruik het.

Nico ·

Absoluut n absurde vergelyking mnr vd Merwe. Veral nou dat die grondkwessie n baie sensitiewe saak is van grond neem sonder vergoeding. Dis mense soos julle wat rassehaat aanwakker en nog meer verdeeldheid bring.

Helgaard ·

Laat die regering sy eie lat vir homself plik. Ons kan maar net sit en wag vir die signal. As daardie signal wel kom want hulle lyk maar versigtig kan fw kaalkop de klerk maar solank mars toe vlug ek dink n paar gaan hom ook soek. Ek weet ek sal.

Callie van der Merwe ·

Sommige mense soos van der Merwe het net eenvoudig nie die intelek om die vetskil in die liedere te kan sien nie! Nogal n van der Merwe. Skandelik!

Lollie ·

Al die mense wat dit goedpraat of dit toegelaat het dat hierdie lied gesing word is al die wat nie baklei vir vrede nie!!!! Hulle vorm apartheid want hulle dryf ń wig in tussen blank en nie -blank. Ons kan regtig doen sonder julle want met mense soos julle sal daar nooit eenheid en vrede wees nie!!!!!

Eduan ·

Die verskil is ‘Die Stem’ word nie by die Wêreldkoorspele gesing nie en moedig nie volksmoord aan nie.

Eish ·

Daar is nie n manier dat die helhool se konkoksie van uiteenlopenheid vermeng gaan word in die brousel wat meerderheidsregering beplan nie.
Op alle terreine is die verskil in aanslag en verlangde uitkomste wesenlik en onversoenbaar.
Dit is baie duidelik dat die ergste nog voorlê.
Natuurlik volg ons die Afrika patroon, net in stadige aksie.
Mag die Hemelse Vader ons behoed en bewaar.

Chrisjan ·

Verskoon as ek dalk iets vra wat vroeëer hanteer is op MM, ek het min nuus kon lees afgelope tyd. Vraag: (a) Dit klink asof net diegene wat Afrikataal verstaan, presies besef het wat die omvang van die woorde is/was. (b) Is dit nie oneties om mense ‘n lied te laat sing waarvan die woorde nie vooraf aan hulle vertaal/verduidelik is nie?

Hennie ·

Niks verhoed die wit koorlede of hul ouers om self die lied te laat vertaal nie. Hoekom moet alles altyd vir jou gedoen word? Kan jy niks vir jouself doen nie? Hulle is met ‘n slap riem gevang.

E.K. die eerste ·

Skryf Afrikaanse lied oor boere wat vermoor word deur swartes en sing dit gereeld.

E.K. die eerste ·

Skryf ‘n lied in AFrikaans met woorde soos “ons die wit nasie/ Huil oor die lewens/ wat swartmense by ons weggevat het/laat hulle die lewens teruggee/laat hulle die lewens teruggee (- a’la Thina Siswe)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.