Wêreldliggaam gaan glo SA kwessies ondersoek

Pieter Groenewald. Argieffoto: Twitter

Die Organisasie van Onverteenwoordigde Nasies en Volkere (Unpo) het glo ʼn mosie aanvaar om ondersoek te laat instel na onder meer vergrype van die ANC-regering oor ʼn wye spektrum, asook oor gruweldade teen plaasboere in Suid-Afrika.

Die besluit het gevolg op ʼn mosie wat dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, aan Unpo se dertiende algemene vergadering in Edinburgh, Skotland, voorgelê het.

Die mosie het ingesluit die aftakeling van die land se ekonomie, korrupsie, magsmisbruik, die marginalisering van minderheidsgroepe, rassepolarisasie en die lot van die boeregemeenskap in Suid-Afrika.

Die aanvaarding van die mosie volg kort nadat Groenewald as verteenwoordiger van die Afrikanervolk verkies is tot die presidensie van Unpo. Die party se vorige leier, dr. Pieter Mulder, was voorheen ook lid van die presidensie.

Groenewald het dit as ʼn groot eer en voorreg bestempel aangesien Unpo ʼn sambreelorganisasie is wat groepe van lande oor die hele wêreld, soos Tibet van die Dalai Lama en Taiwan, verteenwoordig.

Volgens Groenewald is die aanvaarding van sy mosie ʼn duidelike teken dat die ANC se beeld in die buiteland vinnig ten gronde gaan en dat die internasionale gemeenskap met nuwe oë na die lot van die Afrikaner en ander minderheidsgroepe in Suid-Afrika begin kyk.

“Dit is belangrik dat die wêreld deurlopend en eerstehands kennis neem van die situasie in Suid-Afrika wat alle menseregtevergrype en ander vergrype van die regering insluit,” het Groenewald gesê.

“Dit is waarom dit van die grootste belang is dat die Afrikaner op die internasionale verhoog by ʼn organisasie soos Unpo ʼn stem en verteenwoordiging het.”

Unpo het tans meer as 150 lede wat honderde miljoene mense wêreldwyd verteenwoordig.

Groenewald het tydens sy voorlegging van die mosie gesê die VF Plus spreek sy kommer uit oor die algemene toestand van Suid-Afrika teen die agtergrond van die huidige ekonomiese resessie, hoë vlakke van korrupsie en magsmisbruik deur die regering en die regerende party.

“Ons betreur die groot toename in die marginalisering van minderheidsgroepe in Suid-Afrika en die deurlopende rassepolarisasie wat deur die Suid-Afrikaanse regering en sy president teen die Afrikaner-minderheid gevoer word.”

Hy het klem gelê op toenemende plaasaanvalle en die geweld en gruweldade veroordeel teen ʼn “strategiese minderheidsgroep-onderneming” wat nie net vir voedselsekuriteit verantwoordelik is nie, maar ook vir werkskepping, ekonomiese groei en voorspoed vir die hele Suid-Afrikaanse bevolking.

“Daarom dring Unpo se algemene vergadering daarop aan dat die Suid-Afrikaanse regering aan die Handves van Menseregte van Suid-Afrika moet voldoen, dat sosiale eenheid en minderheidsgroepe se taal- en kultuurregte bevorder word, plaasaanvalle tot ʼn prioriteitsmisdaad verklaar word en daadwerklike stappe gedoen word om dit stop te sit,” het hy bygevoeg.

Hy het ook versoek dat die Verenigde Nasies se Menseregtekommissie versoek moet word om ʼn volledige ondersoek oor die kwessies te doen om sodoende druk op die Suid-Afrikaanse regering te plaas om ʼn einde te maak aan hierdie gruweldade.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

77 Kommentare

al ·

Dankie, dis goeie nuus! Die Here se seën en hand van genade sal op dit rus!

Jaco ·

Die ondersoek is welkom, maar wat is praktiese implikasie van dit. Wat is die mandaat van sodanige organisasie om enigsins in te gryp.

Enige sanksies wat ingestel word gaan nie regtig n voorkomende effek op enigiets he nie aangesien die regering bloot dit afmaak as niks.

Help my reg asb. Ek sal graag wil weet

Wern ·

Daar sal ALTYD mense wees wat kritiek lewer. Jy mag Jaco, maar wat is jou alternatiewe, beter voorstel dan?

willie ·

Jaco ek ondersteun jou vraag! My vraag is het hierdie organisasie tande?

Wessel ·

Dankie tog dat iemand iets doen en nie net sit en vrae vra nie.

IS ·

Ek wonder dieselfde as Jaco – dis nie kritiek nie, dis ‘n vraag?
Wat gaan die implikasies van die ondersoek wees & gaan daar regtig iets van kom of is dit van so aard dat ons regering weer net hulle gatte gaan afvee?

Leendert ·

As iemand sulke goed onder geen mens se aandag bring nie, sal ook geen mens daarvan weet nie. Ten minste is die mense aan wie dit oorgedra is nou ingelig en kan die boodskap verder versprei, oor wat in die land aan die gang is.

Aan die anderkant van die munt lees ons van Gigaba en die regering wat die wêreld deurkruis om beleggings te trek, die land te verkoop. En vandag lees ons van Trillion Capital Partners waaroor die bom vandag gebars het ivm staatskaping deur die Guptas.

Dus deel Dr Groenewald die realiteite in SA met die wêreld en word die druk sodoende al meer op die regering en die ANC geplaas.

Cherokee ·

Watse ‘praktiese implikasies’ vra jy, Jaco.
Dit kan selfs dalk sover gaan dat dit vlugteling status aan blankes in Suid Afrika kan verseker.

Paul ·

UNPO bestaan uit groepe mense wat “staatloos” is, soos die Hmong, die Koerde, die Chin, die Ogoni, die Igorot, die Mapuche, ensovoorts, asook groepe mense wat wel ‘n vorm van “nasie staat” iewers het, maar nie waar hulle woon nie, soos die Turkmenis in Irak, die Azeris in Iran, die Khmer in Vietnam, die Slovene in Trieste in Italië, die Tibetane in China, en die Hongare in Roemenië.
Verder ook is daar spesifieke lande wat andersins onafhanklik van enigiemand anders funskioneer, maar wat nie deel is van die VN nie, soos Taiwan en Kosovo.

Dis juis nie mense of groepe wat enige noemenswaardige “mag” het nie. Van al die groepe is die Koerde seker die bekendse internasionaal en geniet hulle die meeste simpatie, en behalwe daarvoor is Taiwan en Tibet die enigste groepe/lande met enige noemenswaardige internasionale aansien.

So, mense moet hierdie nie sien asof dit gelykstaande is aan die Verenigde Nasies nie. Dis prakties gesproke baie kleiner en met selfs minder mag om enigiets daadwerklik te doen as die VN wat reeds bitter min ingrypingsmag het.

Dis nie ‘n slegte ding nie, maar dis ook nie juis ‘n “groot klok” waaraan iets gehang word hier nie, maar ‘n redelik klein klok waarna min mense luister, ongelukkig.

Jakobus ·

Paul, ons is terdeë daarvan bewus, maar elke biedjie help. Dankie Dr Groenewald vir u onbaatsugtigheid. Solidariteit was al by die VN om vir ons met hul voorlegging te help, so het Afriforum al bydraes gemaak. Al hierdie, hoe klein ook al, dra by tot die groot prentjie en bewusmaking van die saak teen die ANC.

Baie interessant, egter, sien ons mense vra: “Nou wat het so en so nou al vir die land gedoen”, juis as dit bv iemand van die VF+ is soos dikwels met Dr Pieter Mulder gebeur het, maar sodra iemand wel na vore tree, dan maak hulle asof dit ‘n nietigheid is.

Paul ·

Ek dink, na aanleiding van heelwat van die kommentaar hieronder, dat baie mense wat hierdie berig lees, dit nie weet nie, Jakobus. Dit blyk asof heelwat mense dink dis die Verenigde Nasies of, selfs al besef hulle dis nie die VN nie, dat hulle dink dis ‘n liggaam met mag en implementeringskrag.

Jy sal sien ek het wel genoem dat dit nie ‘n slegte ding is nie. Ek wil dit maar net bloot in perspektief stel, dat mense nie ‘n verkeerde indruk behou nie.

Terloops ·

Jaco, jou vraag het gewig. Ek dink dat die organisasie met tyd sal bewys watter tande hy het. Dit is wel deel van strategie om die buiteland se bewustheid te vergroot rondom die kwessies soos aangespreek en kan dit vastrap kry in die internasionale gemeenskap. Hopelik kan die invloed gebruik word om die situasie effektief bloot te stel.

Wessel ·

Dit gaan nie meer oor die regering nie. Dit gaan om die werklikheid van die nuwe SA aan die lig te bring aan ‘n oningeligte wereld daarbuite.

Rynhardt ·

Hoop net daar word met die regte mense gepraat sodat die vergrype van 85moorde op blankes die afgelope 23jaar asook regstellende aksie, albei misdade , behoorlik uitgewys word.Hoop net die mense maak hul monde behoorlik uit.Hoe meer mense in die wereld kennis neem van dit, hoe beter!!

JG ·

Ek dink die wereld daar buite begin al stadig maar seker tot die besef kom dat die cANCer nie die wonderlike engeltjies is as wat hulle wil voorgee nie…hul boosheid begin deurslaan…

Rina Kotze ·

JG, jy kon dit nie beter gestel het nie!

Ek stem 1 000% met jou saam!

Cherokee ·

JG het gesê wat Pieter Groenewald reeds gesê het. Lees paragraaf 6.

Rynhardt ·

Net n korreksie by kommentaar van my:85000moorde op blankes die afgelope 23jaar!

SP ·

Eers het jy te min nulle gehad,nou weer te verl nulle,sak Sarel.

Anoniem ·

Dis seker omdat ek self so moedeloos en bekommerd is oor die situasie in Suid-Afrika dat ek so kwaad word vir die pessimiste wat sê: “Ag, wat help dit nou eintlik… watter verskil gaan dit nou eintlik maak… dit gaan nooit werk nie…” Ek weet maar te goed ons is in diep, diep moeilikheid. MAAR as mens net opgee, en nie eens wil probeer om ‘n verskil te maak nie, gaan sake beslis nie vanself beter word nie! Ek is dus verskriklik dankbaar vir elke poging soos hierdie.

MCH ·

Ek weet nie of die organisasie tande het nie maar minstens word die ware toedrag van sake uitgedra.

marous ·

Die bewys van volksmoord en die aanblasing daarvan sal sekerlik bewys kan word. Die vraag is of daar daadwerklik opgetree gaan word. Beding asseblief vir ‘n land waarheen ons dadelik kan trek…al is dit in die woestyn.

Jaaiks ·

Ek trek saam..en om te dink ek het verniet rond gehardloop in die army /grens en oorlog oorlog gespeel vir net mooi niks…en nou soos n ontmande man lanks die kantlyn moet staan en kyk hoe ons mense een vir een vermoor word…

Jakalas ·

Ek kon dit nie beter sê nie Jaaiks. Hoefeel van ons bloed en sweet het in die veiligheid van die land in gegaan. Nou is ons 2de klas burgers van die land wat volgens die massas “net sleg gedoen” het in die land. As mens kla oor iets, sê hulle net dat as ons nie daarvan hou nie, moet ons terug gaan Europa toe. Hoe kan ‘n mens? Ons het so baie geskidenis hier gebou en hierdie is die vaderland van Afrikaans.

Jakalas ·

Ek wil nie negatief klink nie, maar die internationale gemeenskap gee niks om oor die Afrikaner nie. Vir hulle is ons nogsteeds die kwaad doenner in die land wat “verdien wat na ons toe kom”. Toe Zimbabwe die wit mense so aan geval het, wat het die internationale gemeenskap gemaak? Net sanksies in gestel. Wat het dit gehelp? Niemand sal tot ons redding kom as die paw paw die waaier slaan nie. Ons is self verantwoordelik vir ons eie lot. Van wanner af wag ons vir iemand om ons te red? Ons was al deur erger as dié. Ons moet saam staan en ons man staan. Ek wil nog eendag selfbeskiking sien in my leef tyd.

Wessel ·

Moenie dit afskiet nie. Hierdie is een aspek. Die een aksie lei tot die volgende. Hierdie is positief vir die Afrikaner en SA

T ·

GREAT NUUS VERAL ASV DIE PLAAS MOORDE WANT ONS WORD EEN VIR EEN UITGEHAAL EN REGERING SMILE AGTERAF

Rudie van den Bosch ·

Ek wil geensins dié poging kritiseer nie, elke bietjie help seker, solank dit deel uitmaak van ‘n breër strategie om die saak te bepleit op internasionale fora.

Ou Afrikaner Vlakvark ·

Geagte mnr Groenewald, BAIE dankie vir al u en die VF+ se insette. Dieselfde geld vir Solidariteit en AfriForum.
Die ANC het pre-1994 hulself voorgedoen as die Suid-Afrikaanse vaendeldraers van Vryheid, Gelykheid en Broederskap maar post-1994 het hul ware kleure na vore gekom: magsbeheptheid, selfverryking, korrupsie, rasisme, ondoeltreffende en oneffektiewe landsbestuur. Die wiel van geregtigheid draai stadig maar seker. Suid-Afrikaners, hou moet en raak betrokke by burgerlike strukture vir reg en geregtigheid en vir die toekoms van ons nageslagte. Doen aan andere wat jy verlang hulle ook aan jou moet doen (Goue reël van naasteliefde).

SP ·

Die grondwetlike hof is een van daardie teenwigte,en ons sien gereeld die positiewe resultate.

S A Burger ·

Die wereld sal aandag gee – want hulle sit ook met so ‘n probleem met die immigrante wat van Noord Afika na hulle stroom en net maak wat hulle wil.

Baie dankie vir die goeie nuus.

Afrikaanse Knaap ·

Die Afrikaner het geen vriende in die buiteland nie.
Al druk wat ons sal kan toepas is die wat ons self van binne toepas, en daarvoor is ons te min en te gemaklik en nog nie onder groot genoeg druk nie, met te veel moontlikhede om SA te verlaat.
Die rykes en slimmes is klaar uit die land, dis ons gewone ou slawe wat nou voort ploetter en in die grond in belas word.
‘n Minderheid staan geen kans waar hy regeer en oorheers word deur ‘n meerderheid nie. Dis net ‘n kwessie van tyd todat ons volk finaal gaan verdwyn.

CJ ·

Afrikaanse Knaap. So lank ek nog lewe en solank my kinders nog lewe, het ons nog nie “finaal verdwyn” nie. Ek het ‘n sterk vermoede dieselfde geld vir jou ook. Die rykes mag dalk al uit die land wees, maar as ek lees wat Afrikaners nog steeds vermag, is ‘n hele klomp slimmes nog hier! Moed hou! Ons is nog nie klaar nie!

Wessel ·

Kaapse Knaap – Hierdie is nie die Afrikaner manier nie, ons voorouers het sterk gestaan en murg in hulle pype gehad. Dit is nou die tyd om terug te keer na die ou paaie.

anton ·

Afr. knaap, dit wat jy sê is baie waar. Ek wil so graag positief wees oor die land en sy toekoms maar tog kan ek nie die realiteit miskyk nie. Van die tagtigs af was daar die wat gesien het waarop ons afstuur terwyl die meerderheid stok blind was.
Die werklike Afrikaner met murg in hulle pype het oor die jare uitgesterf en verdwyn.
Ons sit nou met n generasie wat al hulle beginsels en waardes prys gegee het oor die jare.
Ek’s bevrees ons gaan uit sterf met tyd!!!

CJ ·

In beide die opskrif en teks van die berig is die woordjie “glo”: Daar is “glo ‘n mosie aanvaar”. Is die skrywer nie seker nie? Dr. Pieter Groenewald het in sy mediaverklaring gesê dit IS aanvaar. U kan hom maar “glo”.

Dr. Groenewald se toespraak by UMPO oor selfbeskikking, is baie insiggewend. Ek hoop Maroelmedia gaan daaroor ook ‘n berig plaas. Alternatiewelik moet dit op VF+ se webblad gelees word. Hier is nou weer nuwe vuur en dryfkrag!

Lemmer ·

DS,
Ja, ek stem volkome met jou saam. As dit nie vir 22 April was nie sou niks gebeur het nie. Ons kan niks self doen nie.

JG ·

@CJ…Ek voel 100% soos jy…solank as wat daar nog warm bloed deur my are pomp, sal ek opstaan vir dit wat reg is…ons (Die Afrikaner) is nie gemaak om op getrap te word nie. Goed het nog maar altyd oor die bose geseevier.

Annie Taljaard ·

Eerstens moet ons bid, want die Vader kan alles doen. Ons mense in die buiteland doen alles moontlik om die nuus te versprei van wat werklik aangaan elke dag! Ons kerm om internasionale organisasies se ore soos die anc destyds gedoen het om aan bewind te kom. Die felste kritiek kom egter van n paar Afrikaner mense in SA wat beweer dat ons net die slegte kant van SA wys, en die toerisme skade aandoen.elke moord is een te veel. Ons vat hande en doen wat ons kan om hierdie boosheid te stop.

T N ·

Wessel __ presies dieselfde as met jou en elke ander lewende wese .

Magda ·

Dankie VF – Ek is baie Positief dat iets wel sal gebeur en die ANC in hulle voetspore stop om SA so aftebreek.

Peet J ·

Volgens ‘n mediaberig was die kernboodskap op die UNPO (Unrepresented Nations + Peoples Organization) se dertiende algemene vergadering in die Skotse parlement in Edinburg deur Dr. Groenewald:- Mobiliseer minderheid vir selfbeskikking, Hy het gesê selfbeskikking word verskans in die Verenigde Nasies se Handves en die Internasionale Deklarasie op Burgerlike en Politieke Regte as ‘n reg van alle mense. Internasionaal word selfbeskikking beskou as ‘n aanvaarbare metode om die probleme van minderhede en onderdrukte groepe mense op te los Geen regering sal die regeringstelsel maklik herstruktureer om minderheidsgroepe te akkomodeer nie. Selfbeskikking is nie doelgemaak of ‘n gegewe nie. Daar is verskillende stadiums van selfbeskikking. ‘n Belangrike stadium is om ‘n gemeenskap of etniese groep te mobiliseer om druk uit te oefen op die regering.

Penellope Jones ·

Erens moes iemand se oe oopgegaan het.
Baie dankie!!

Selfbeskikking ·

Dankie aan die VF + , terloops wat het die DA al vir ons probeer doen, of wil hulle maar net ons stemme he.

T N ·

As jy wil weet wat die DA doen , kom kyk gerus hoe lyk die Wes-Kaap in vergelyking met die res van die land .

Leendert ·

TN, hier word nie gepraat van ‘admin’ nie, nie om ‘n munisipaliteit, ‘n stad, of ‘n provinsie te bestuur nie, hier word van ‘n land, Suid Afrika se toekoms gepraat, en dit op die wêeld verhoog. Die laaste wat ek gehoor het, was Maimane in Zambië, om, ek weet nie wat te doen nie.

Cherokee ·

Selfbeskikking, die DA is ‘n swart party, onthou. ‘n Swart party al het hulle ‘n klomp wit aanhangers wat agterna drentel. Daar is tog geen rede vir die DA om iets vir (uitsluitlik) witmense te doen nie.

Koerie ·

Die DA STEUN regstellende aksie, STEUN swart ekonomiese bemagtiging, STEUN grondhervorming, veg NIE vir Afrikaans nie ens. Dan stem ons mense nog vir hulle?? “Want mens mors jou stem net op n Klein party”. Doen ASB julself die guns en gaan vergewis jouself deeglik van hoe ons kiesstelsel werk, dan sal jy sien jy mors NIE jou stem nie! Stem vir hulle wat veg vir JOU belange!

Piet Pille ·

Dr Groenewald is ‘n nuwe bries en bou goed voort op Dr Pieter Mulder se fondasie. Enige voorlegging of aksie is goeie nuus vir ons as Afrikaner, of dit nou slagtande het of net melktande, dit word na buite uitgedra. Geluk VF+

Peanut ·

Stap in die regte rigting gebruik hulle taktiek wek simpatie en sit spotlight op hulle

wraggies ·

Dankie, ek hou duimvas dat die wêreld se lig skerp sal skyn op SA se ongeruimthede.

Faan ·

Daar gaan presies niks gebeur nie.Soos ook in Zimbabwe.Geen tande.Daar word ons nou weer gesus vas aan die slaap

Magriet van Rensburg ·

Mense kom ons wees eerder dankbaar dat daar nog iemand is wat bereid is om na ons situasie te kyk. Al maak n klomp vrae en n gekrap hier en daar die spul net ongemaklik, is dit al iets. Kom ons vertrou eerder op die Wil van Bo want geen onreg gaan by Hom verby nie.

Ou Afrikaner Voortrekker Krimpvarkietjie ·

Suid-Afrikaners word toenemend werkloos in hierdie toenemende ekonomiese wêreldkompetisie en soek dus noodgedwonge politieke loopbane. En net hier begin die magstryd en dermuitrygery, onderspan deur groepbelange. Suid-Afrikaanse gebeure en toestande is gereeld op internasionale televisie se nuuskanale. En baie Suid-Afrikaners in die buiteland is ons ambassadeurs vir reg en geregtigheid. Hou moed en streef na reg en geregtigheid. Die buitelandse besluitnemers is nie horende doof en blind nie. Gee ons nuusmedia steun en inligting waar moontlik. Kriminele hou nie van lig en aandag nie.

steve ·

Se my ou Groenie… Sal hul dan net nog mense wees wat ken is neen daarvan… Sal hulle opspring en n polisie mag stuur om die probleem reg te step of hoe??? Jy praat worse Groenie sonder oplossing…. Net nog n kommissie en ondersoek wat nerens gaan nie, Klink al nes ANC… As jy vir Ons n oplossing gegee het en nie net n boodskap oordra aan die miljoene wat elk geval bogger all kan doen nie dan was dit ok maar soos gese ek dink Ons fb fighter beryk klaarvmiljoene en dit help niks nie… Lekr slaap…

Michael ·

Steve ,ou groenie soos jy hom noem doen darem iets vir die huidige benaadeelde groep wie se regte vertrap word deur n rasistiese regering wat ons nie erken nie maar dwing om belasting te betaal.

Amanda ·

Nog iets wat die Suid-Afrikaner DAADWERKLIK kan begin doen is om met mekaar in die eenheid te kom…oor die GROTER EN BREËR saak. Eendrag maak nog altyd mag. Gideon in die Bybel het net iets soos 300 manne nodig gehad vir n oorlog. Die Here se seèn rus op eenheid.

ekke ·

Dankie Here dat U vir n man soos Groenewlad die krag en leiding gee om hierdie waarmee hy begin het en besig is sal dra-en weet U sal regverdigheid geskied-Amen

Catryn ·

Gaan lees maar alle tersaaklike dokumente op UNPO webtuiste self en hoe lank die vergaderings plaasvind. 25 jaar?
UNPO is nie die VN wat uit 200 lidlande bestaan nie.
UNPO het al ook “konferensie” in SA gehou – en daar was selfs al ‘n MOSIE op DR Mulder se profiel op FB (notes), wat ek ook navraag gedoen het oor – hy verwerdig nie eers om daarop te antwoord nie, dit was in 2012.
En daar was daarna WEER mosies en WEER jaarlikse vergaderings in die buiteland.
UNPO het niks te doen met Selfbeskikking nie hulle kan net luister na minderhede, en dis dit. Minderhede op UNPO word basies ontken deur hul regerings en word nêrens verteenwoordig,
Daar is ook youtubes beskikbaar.

Ter inligting oor Selfbeskikking: Artikel 235 van Grondwet spel dit uit. Grondwetregters se uitspraak daaroo was dat minderheidsvolke ‘n reg het maar dat daar aan internasionale vereistes van VN moet voldoen (lidlande: 200). Nie UNPO nie. UNPO beteken maar net een minderheidsvolk praat met ‘n ander een oor hul interne probleme.

Cjan ·

Dis vir my n stap in die regte rigting. SA skrik net wakker ASB.!! Flip julle is in n hoek en daars nog steeds n Gewonder. Hel mens wat is die pad vorentoe.

Danie Coetzee ·

Kolskoot oom Piet, die wiel sal stadig draai. Dankie vir die goeie werk. Dit is hoog tyd dat die ANC ontmasker word vir die bondel teroriste wat hulle is en nog altyd was.

Penelope ·

Baie dankie vir die mense wat wel probeer om SA te red. Die saak is nou voorgele, nou moet ons as Suid-Afrikanders saamstaan en bid sodat dit op die regte ore val.
Here help Suid-Afrika asb ?

Selfbeskikking ·

T N – jy praat van die Wes-Kaap ja, dinge lyk seker beter daar, maar ek praat van wat die DA vir die blanke minderheidsgroep en hul taal in hierdie land doen. Net mooi niks! Cherokee – Ja die DA is ‘n swart party soos jy se, so ek kan nie sien waarom witmense vir hul stem – om DA te stem is om jou eie ondergang te bewerk.

KJ ·

Selfbeskikking, jy is 100% reg. Een party regering gaan nie SA verander nie. Dus stem vir die party wat jou taal praat en jou mense verdedig. Ondersteun die VF+ wat Afrikaners reeds ondersteun. Welgedaan VF+!! Julle en al die ander Afrikaner forums wat iets doen vir die toekoms van ons volk, Dankie!! Elke bietjie help. Ek lees soveel mense wat kla en vra wat om te doen?… My antwoord is, word deel van die organisasies wat klaar besig is om iets te doen soos Afriforum, Solidariteit, VF+, Orania beweeging , Afrikaanse Handels instituut en al die ander organisasies wat die klein goed doen om die Afrikaners en Boeregemeenskappe te help.

SARIE VAN HEERDEN ·

Ek praat nie van statistieke nie maar wel van my ondervinding met nog noue bande met Afrikanes wat landuit is agv baie redes, veral die misdaad en agteruitgang van hierdie eens voorspoedige land, en dan besef ek die wiel draai wel. Jare gelede het ons voorouers na hiedie land van melk en heuning gekom (immigreer) om hier ‘n heenkome te vind. Ons self het ook wegggaan maar vir verder studies, en weer teruggekom om dieselfde redes. Nou het die wiel gedraai en die afstammellinge van daardie destydse immigrante keer nou terug na die buiteland. Die sirkel is byna voltooi.

Johannes Meintjes ·

Daarshy! Dankie VF Plus. Nou kan blanke Afrikaners en Boere weer rustig agteroosit, hande vou en wag vir beter dae of vir UNPO i.p.v om dringend en doelgerig te volhard in plaaslike regringsdeelname d.m.v. belastingbetaalersverenigings, wyksrade en ontwikkelingsko-operasies, en veral d.m.v. top kwaliteit buurtwagte, plaaswagte en GPF samewerking tesame met alle beskikbare beveiligingsinsette in SA.

Francois Bosch ·

Ek waardeer die poging, ek is bevrees dit is te laat, Suid-Afrika is in ‘n groot gemors, en Afrikaners gaan betaal vir die onbevoegdheid van die regering van die dag, ons almal weet dat alles wat die ANC verbrou “apartheid” se skuld is, die ergste is dat 90% van die Suid-Afrikaanse bevolking voorwaar glo alles wat fout gaan in hulle lewens die witman se skuld is, ek hoop en bid ek is verkeerd maar ons is op die vooraand van ‘n gewapende revolusie en die Afrikaner gaan die teiken wees.
Daar is beslis iets wat ons kan doen om dit te verhoed, ons almal weet dat in Afrika die man met die grootste knopkierie regeer en as ons nie as ‘n volk kan saam staan en mag vertoon nie gaan ons uitmekaar verskeur word, Afrikane maak staat op hulle massa en nie breinkrag nie, ons sal as volk moet Vereenig en mekaar moet bystand bied in alle opsigte..

Bekommerde Boer

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.