‘Wêreldmagte se dreigemente breek die protokol’

Minister Lindiwe Sisulu (Foto: Verskaf/Departement van internasionale betrekkinge en samewerking/Katlholo Maifadi)

Lindiwe Sisulu, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, het haar departement opdrag gegee om in gesprek te tree met die vyf ambassadeurs wie se lande glo ʼn memorandum oor korrupsie en ander dreigemente aan pres. Cyril Ramaphosa gestuur het.

Die VSA, Verenigde Koninkryk, Duitsland, Nederland en Switserland het ʼn gesamentlike memorandum aan Ramaphosa gerig rakende die bedreiging wat misdaad, twyfel oor eiendomsreg, Swart Ekonomiese Bemagtiging (BEE), korrupsie en ander bedreigings vir die regsorde, vir buitelandse beleggings inhou.

Dié vyf lande verteenwoordig die oorsprong van 75% van direkte buitelandse beleggings in Suid-Afrika.

Sisulu sê haar departement neem “met teleurstelling kennis” van die memorandum wat aan die kantoor van die president gestuur is. “Dit is teenstrydig met diplomatieke praktyk,” het die departement Sondag in ʼn verklaring gesê.

Die vyf lande het gewaarsku dat Ramaphosa se veldtog om buitelandse beleggings te bekom, onsuksesvol sal wees as hy nie optree teen oortreders van staatskaping, korrupsie en ander misdaad nie.

Die departement van internasionale betrekkinge het in sy verklaring gesê kragtens aanvaarbare diplomatieke protokol en praktyk, word daar van diplomatieke sendings verwag om deur ʼn diplomatieke nota, via die departement, met die regering te kommunikeer.

Alle ambassades, streeks- en internasionale organisasies in Suid-Afrika is bewus van dié protokol en wêreldwye gebruik. “Suid-Afrikaanse diplomatieke sendings oorsee maak deurgaans van dié protokol gebruik indien amptelike kommunikasie aan die onderskeie buitelandse ministeries gestuur moet word,” lui die verklaring.

“Die Suid-Afrikaanse regering verskerp sy poging om ekonomiese betrekkinge met verskeie lande te verbeter en uit te brei en is tot dusver tevrede met die entoesiastiese reaksie. Alle kwessies wat deur beleggers aangeroer word, word deur die onderskeie staatsinstansies getakel.

“Ons is tevrede dat alle takke van ons demokratiese staat, insluitend staatsagentskappe, ywerig besig is om hul onderskeie mandate na te streef om ons huidige uitdagings te pak,” het die departement bygevoeg.

“Minister Sisulu het die departement opdrag gegee om die kwessies in die korrespondensie met die betrokke ambassadeurs te bespreek en om aanvaarbare protokol te benadruk. Die departement wil graag alle diplomatieke sendings in Suid-Afrika aanmoedig om amptelike korrespondensie deur behoorlike diplomatieke kanale aan te stuur.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

128 Kommentare

DS ·

Julle volg nie “menslikheids” protokol met die plaasmoorde, grondonteining en die BEE en kwotas nie so boe-hoe huil maar lekker. Bly daar is lande wat bereid is om betrokke te raak. Kry vir julle ANC!

André Swanepoel. ·

Baie geluk aan die lande wat die sogenaamde protokol verbreek. Dit is lankal tyd dat dit gebeur. Nou sal ons hopelik sien of die sogenaamde regerende party ag slaan op die skrywe en of hulle maar aangaan om hierdie land in nog ‘n Zimbabwe gaan verander.

Frikkie ·

Nou word “protokol” die issue i.p.v wat in die brief staan en hoekom!
Jy mag hulle mos nie op hulle foute uitwys nie…net nie dit nie!

Henk ·

Wil net vir almal is Suid Afrika laat weet ons is baie Suid Afrikaaners hier in Amerika wat gereeld vir ons Senators skryf en inlig oor die tragedie wat aangaan in SA. Ons veg hart om die algemeene Amerikaaner bietjie bebus te maak van julle lot. Ons bid en hoop julle sal gered word. Sisulu jou dreigemnete skrik ons nie af nie en wie dink jy is julle dat julle nie aangespreek kan world vir die tragedie wat daar afspeel nie. SHUT up en face the musiek…

Barry ·

Dis wonderlik, nou moet ons ook begin saam staan en ons belasting geld terug tot zuma agter tralies sit vir korrupsie , dan malema en blf vir haatspraak, as jy k… woord se is dit tronk straf maar malema en blf mag se maak wit boere dood, wat het geword van die weeg skaal in geregtigheid,??

Deon ·

Kyk hoe bewe die 5 lande se bene. Die hoendertjies kom huis toe om te braai, suster. Hou op baklei met die diplomate en doen iets aan die saak. Kan dit so moeilik wees, selfs vir die ANC?

riaan ·

Volgende gaan sisulu die 5 lande seker van rasisme beskuldig want dit is al wat hulle het om enige probleem mee aan te spreuk!

MCD ·

Leë blikke maak die grootste lawaai. Lindiwe Sisulu jy het altyd iets te sê. Hoog tyd dat reg en regverdigheid geskiet. Dit is net die ANC wat in die hele wêreld regkry om ‘n land met korrupsie en onregverdigheid tebestuur.

Frikkie Geld en huis ·

Eintlik nie. Behalwe Botswana (tans), het alle Afrika-lande daai kwaal.

CdV ·

Gedurende die tagtiger jare was dit die anc wat al wat regering was bearbei en aangehits het om sanksies teen SA in te stel. Toe was dit OK – nou is dieselfde metodes skielik vir die anc “ondiplomaties”.

Andrea van Vuren ·

Is Lindiwe Sisulu nie ook by die Bosassa skandaal betrek nie?

Basjan ·

Geagte minister Lindiwe Sisulu, die buiteland het agtergekom dat julle besig is om onwaarhede (om dit sagkens te stel)die wêreld in te stuur. Daar is ‘n spreekwoord wat sê: “Julle is besig om perde****** as vye te verkoop.” Wees verseker die buiteland glo julle nie meer nie.

Ben ·

Ja Baslan, my oorlede Pa het altyd gese:” Jy kan vir my se perde ***** is vye, moet my net nie vra om saam te eet nie’!

Gallie ·

Basjan ek stem saam met dit wat jy se. Sy spring te gou op haar perdjie as hulle oor die vingers getik word. Ek se ook nie dat hulle, die ANC, lieg nie , maar hulle praat die waarheid snaaks. Dit is hoog tyd dat die 5 grotes hulle stem dik maak.

Roelfie ·

Dit wys net hoe ernstig daai lande voel oor alles wat in die RSA gebeur.

Nederkaner ·

Dis waar. Nou die dag was daar ‘n radio berig oor die situasie in Zuid Afrika. Baie vriende het aan my gevra wat daar aan gaan na hulle dit gehoor het. En natuurlik vertel ek hulle soos dit is.

Die mense hier is dom geskok om te hoor dat iets soos BEE en grond gryp normaal is in SA.

Neels ·

Kry julle sake in orde as julle wil gaan geld bedel. Die buiteland vernaamlik die vyf lande gaan nie met oogklappe deur die lewe nie. Wys hulle julle gaan teen die kaders optree maar O wee dit is wensdenkery

Vryheid ·

Sisulu is bekommerd oor protokol terwyl die land onder gaan. Gelukkig val die buiteland nie vir die leuns en lee beloftes nie

Blaarman ·

Die minister dink blykbaar hierdie is van gelykstaande belang daaraan om ‘n klagte in die “suggestion box” by Luthuli-huis in te dien.

Duidelik wou hulle ‘n baie sterk boodskap stuur. Die minister se reaksie spreek boekdele van haar begrip oor erns die situasie: hierdie lande is gatvol om deur die hamermeule van burokratiese rompslomp en diplomatieke lippediens gesit te word. Die booskap is duidelik: “Genoeg met die mooi-praatjies… ruk julleself reg!”.

Al ·

Word wakker SA! Watse teleurstelling verneem jul nou kamstig as jul met waarheid konfronteer word?
Ruk jul reg Lindiwe Sisulu voordat jul SA oor afgrond neuk.

zoom zoom ·

En so vang slim Sy baas. Julle het gedink met die twak wat julle aan die mense oorsee wou verkoop soos geen plaasmoorde of grondonteining dinge Sal hulle dit sluk. Kry vir julle

Naomi ·

Geagte minister, julle gaan nie die buiteland n rat voor die oë draai soos met julle eie volgelinge nie.
Hulle is wakker en nie omkoopbaar met t-shirts en kospakkies nie.

Snowball ·

Wat van verantwoordbaarheid teenoor die burgers van SA? Is ons nie geregtig op ‘n regering wat eiendonsreg beskerm en korrupsie uitroei nie? Sisulu, hulle noen hierdie DRUK VANUIT DIE BUITELAND – DIESELFDE METODES IS GEBRUIK OM APARTHEID TE BEEINDIG. OF HET JY VERGEET VAN AL DIE SANKSIES WAT BEPLEIT IS DEUR DIE EINSTE ANC, WAT NOU SO LIEG?

Joan ·

Ek hoop die betrokke lande hou vol om ernstige druk op hiedie mafia regering toe te pas!!

Deon ·

Miskien het die tyd aangebreek vir nuwe sanksies teen Suid Afrika. Gaan hard wees, maar dit moet gedoen word. Dit kan ook sportsanksies insluit. Sam Ramsany het altyd gesê “no normal sport in an abnormal society.”

John ·

Nee… nee, dit kan nie! We are the darling of the world… Het die prez dit nie self gese nie… Stuur aan elkeen van daai lande net ‘n groot foto van Mandela en alles is weer reg. Dalk moet die ANC eerder die lande vra om dringend te werk aan ‘n entstof teen kleptomania… ‘n pessiekte wat orals in Afrika woed.

Len Hauptfleisch ·

Die feit dat die wereld ons dilemma raaksien en ons eie regering ongestoor aanbeweeg asof alles normaal is, maak hierdie n tragedie vir die burgers van Suid Afrika. Wetteloosheid, ernstige kriminele misdaad, korrupsie en bedrog, onteiening van besittings, bankrot SOE’s nasionalisering en hoogste werkloosheid syfer in wereld sal geen regdenkende belegger aanmoedig om sy fondse hier te plaas. Ons verwelkom die verwikkelinge en die vuur wat nou gestook word.

Andrew ·

Dis mos net altyd spokespersons wat antwoorde het, hulle gaan reguit boontoe.

Manie ·

Die anc se misdade teen die mensdom gaan nie ongesiens verby in die buiteland. Julle sal die selfde behandelings kry as die kriminele oor die noordelike grens

Elizabeth Le Roux ·

Ons word beledig en gevloek deur die Black first land first, en.EFF die land is oorbevolk die.staat sal nooit vir almal huise bou nie, nou wil hulle ons uitskuif, vertrou op die Here hy is magtig en gaan sy mense red, van alle kleure natuurlik

Johan ·

Dit is nie die eerste keer dat die Buiteland in Suid-Afrika se binnelandse sake inmeng nie. Hier verwys ek na die beleid van Apartheid wat die betrokke lande verwerp het. Suid-Afrika was destyds nie in pas met die res van die wêreld nie en is veroordeel.
Vandag is hierdie lande weer bekommerd dat Suid-Afrika nie in pas met die aanvaarbare norme is nie.
Miskien moet die Suid-Afrikaanse regering tog aandag gee aan ons vriende se besorgdheid. En die regte besluite neem… Ons het hierdie lande se ondersteuning nodig……

Gert J ·

Wat jy saai sal jy sekerlik maai. Die buiteland is nie blind nie. Hulle hoor sien en verstaan, al hierdie eienskappe is n super moontheid by die ANC. Hulle see no evil, hear no evil, speak no evil and do no evil. Daar is niemand so blind as iemand wat nie wil sien nie.

Marinda ·

Ai tog. Dalk is dit tyd dat julle begin luister na wat die werêld te sê het.

PieterJohannes ·

Fantastiese nuus. Almal se harde werk om die buiteland bewus te maak van plaasaanvalle, misdaad en staatskaping begin vrugte afwerp. Hou goeie moed Suid-Afrika, al die gebede word verhoor. Nie meer lank nie, dan sal daar uitkoms wees. As 5 sulke groot lande gesamentlik begin optree, dan is hulle ernstig. Hulle sal nie vir ewig die res van die wêreld kan mislei en bedrieg nie. “Daar is niks verborge wat nie geopenbaar sal word nie. ” en die duisternis kan nooit die lig oorweldig nie.

Waarheid ·

Waarom kla die ANC oor die “regte kanale” wat nie gevolg is nie en nie eerder oor die kommer punte wat aan hulle gerig is nie, is dit dalk omdat hulle nie meer ñ voet het om op te staan om die buite wereld mee te bedrieg nie?
Maar almal is maar al te goed bewus dat die ANC kanker van die land ALTYD iets moet he om oor te kla as ñ pakslae dreig en in die geval van die “beursie” se kant af…

Elvira ·

Sisulu jy wil he almal moet net stilsit en stilbly sodat julle kan aangaan met julle geplunder en korrupsie en rassisme en moorde.
Ons is sooo siek en sat vir julle onvermoee om hierdie land te regeer.

Adrian ·

Sisulu dit is geen demokratiese staat nie maar wel n sosialistiese kommunistiese staat wat jul nastreef so… oorsese WESTERSE lande is nie aan die slaap nie sien jul duiwelse ondergrondse aktiwiteite raak. Vir DIE WESTE MOOI SO

Carel ·

As Nederlandse burger het ek reeds ‘n bloutjie in die Pretoriase Landroshof geloop voor verlede jaar met korrupsie tussen ‘n waardeerder en Eskom rakende prysvasstelling op grondonteiening. Die hof het ooglopend korrupsie toegelaat en professionale gedrag na ‘n komitee verwys wat nog steeds sloer. Ek het hierdie saak onder die aandag van die Nederlandse Ambassadeur in Pretoria gebring en hulle gewaarsku op hierdie gebruik en dalk xenofobia jeens buitelanders. Dalk het dit inslag gevind want waar ‘n rokie trek is ‘n vuurtjie.

Jerry ·

Uiteindelik Lindiwe, uiteindelik het jou ANC se leuens en misleiding julle ingehaal. Selfs CR se toneelspel gaan op die lappe kom. Ons gaan julle vir staatskaping van hoogverraad aankla, ons gaan die belastingbetaler geldkraan toedraai. Julle het die verkeerde volk probeer vat vir n ride! Ons ken julle beter as wat julle julself ken, ons weet waarvoor julle bang is, julle moet baie bang wees, want dit is n kwessie van tyd dan gaan ons vir julle kom!

Sanet ·

Jerry as hier “Like” duimpies was het ek vir hierdie kommentaar sommer 1000 op duimpies gegee. 100%

Jacobus ·

Jerry, en nou?

Was u nie die een wat ons so aangemoedig het om die ANC nie kwaad te maak nie.

Die een wat vir ons vertel het om liewer saam te werk met die ANC as om hulle teen te staan.

Waarom nou die verandering in siening.

Cor ·

Hoe lekker kry ek nou . Het geweet daai beloftes van miljarde sal nie sommer goedsmoeds gegee word nie. Die lande wil waarde vir belleging sien . Gaan verkwansel maar die bietjie wat oor is van die land aan China en Ruskand

Jeremia ·

Dalk iets gesê oor die uitmoording op plase in land?
Hierdie lande was groot voorstanders en bevorderaars asook befondsers van die einste ANC. Die ANC se hoofkantoor was in Londen tydens APARTHEID.
Watter protokol sou geld vir uitmoording van mense en verwoesting van ekonomie d.w.s. ‘n land?
Verbeel jou te midde van die yslike gemors wat hierdie lande se geliefde ANC aangevang het, die volgende aanspraak: strydig met diplomatieke praktyk.
My humor het my lankal totaal in die steek gelaat.
Leef net sommige mense steeds op die eiland, Shanri-La? Diegene wat dink hulle het geld (sommige maar van duistere oorsprong) en goed; selfs eiendom?

Kerneels ·

Stuur asb ñ lorrie vrag tissues vir die dame, dalk sal Bosasa dit skenk…? ?

Elizabeth ·

Me Sisulu, pleks dat jy jou kop in rooi skaamte laat sak oor die vreesaanjaende implikasies van die dreigement van lande wat weet hoe om te belê en te regeer, gooi jy ‘n “tantrum” wat meer pateties is as ‘n strom in ‘n teekoppie. Dink jy vir een oomblik die groot lande steur hulle aan ‘n emosionele uitbarsting van ‘n Suid-Afrikaanse politikus?? Weet jy waar lê ons op die internasionale “pecking order”? En wat gaan die korrekte protokol aan die ysingwekkende dreigement doen?? Dink jy dit sal minder geldig wees as dit volgens protokol afgelewer word? Die lande wat dit gestuur het weet dit sal nie help om met julle te praat nie, hulle het mos ondervinding van julle. Dit was bedoel as ‘n ernstige openbare waarskuwing sodat dit ook by die burgers van ons land uitkom en nie in die doofpot gesmoor word nie.

Wetwou ·

Jy volg nie protokol met ‘n onregverdige mens/e nie. Jy pak die bul direk by die horings.

MJ Kroezen ·

As Sisulu dink die buiteland se mense weet nie wat hier aangaan nie maak sy n GROOT fout

Brutus ·

Sisulu klink eerder arogant met haar diplomatieke protokol versoek deur regte kanale, SA is die een wat hardop is vir beleggers.

Dries du Toit ·

Ons hoop maar net die buiteland kom hard neer op hierdie despote. Hulle het maar ook uiteindelik Zimbabwe se diktatorskap aanvaar en gelate gesit en kyk na al die onmenslike vergrype wat oor jare daar plaasgevind het

Jaco ·

Ek is nou al vir n paar jaar n gids vir toeriste in SA. Kom ek se gou vir julle, in die 3de dag wat ek n toer begin het begin die buitelandse toeriste al “tou opgooi” met onse regering. Waarvan die laaste keer was dit oor die fikse polisie dame wat uit die bakkie klim met n geskatte ligaams gewig van 115kg+. Die swaer van die minister van toerisme het seker n 100 fotos geneem van die dame. Hy het gelag en gese hy gaan die fotos wys vir die minister.

Snuffels ·

When the wise man points to the moon, the fool looks at the finger

GusL ·

Watter wondelike sêding. Die tegniek om nie op die werklike te reageer nie, maar oor iets anders aan te val, is ‘n belangrike deel van die ANC 101 kursus.

Afrikaan ·

En hoe jy en jou korrupte party die land regeer is in teenstelling met logiese, morele en eerbare waardes! Fool

Thea jacobs ·

Dis baie goed dat die 5 lande wakker geskrik het om hulle meenings te gee. Ek hoop vir die beste dat daar n veranderings sal kom in die land.

Jerry ·

Het jy en “our people” nou regtig gedink dat julle boosheid julle nie gaan inhaal nie. Die wereld is toe nou nie so blind nie!

Elsa ·

Sal interesant wees dat indien daar nie gehoor gegee word nie, sal sanksies oorweeg word? Ek wonder…..

Jaap ·

Nou moet daai groot 5 net aanhou.
Ja ANC daar begin die bootjie te swaar raak.
Skrik wakker.
Sisulu – laat ek eerder niks se nie.

Ekke ·

Protokol? Waar was protokol gevolg toe korupsie gepleeg is? Anc vinnig om ander op hul foute te wys. Al die koruptes hoort in n tronk , nie by n ondersoek wat op niks gaan uitloop nie. Al die dinge kom uit en daars geen geregtigheid. Die wêreld nie blind nie, hul sien die ondersoeke is net n klug.

Selma ·

Langlip en haar bende is altyd reg…die buiteland glo dit steeds. Hierdié gaan oor geld en nie oor die geweld en terrorisme teen SA se burgers nie. Buiteland voel vere vir SA burgers….geld, als geld.

Piet Makwas ·

Is dit nie Nelson Mandela wat gesê het: “As die ANC aan julle doen wat die NP aan julle gedoen het, moet julle aan die ANC doen wat aan die NP gedoen was”! Die wiel draai en die Buiteland is nie stupid nie!

Rupert Ashford ·

Ek is seker baie lande (hierdie 5 ingesluit) het al tot vervelens toe ” die regte protokol” gevolg en elke keer ‘n bloutjie geloop. Hierdie is ‘n desperate, baie ernstige, laaste waarskuwing.

Gemaskerde Sopbeen ·

Die “protokol” is om daardie waarskuwings ter harte te neem, dit te erken en jou foute reg te stel………….nie om te teem en teef oor “protokol” nie? Elke Suid Afrikaner behoor hierdie 5 lande te bedank vir wat hulle gedoen het……….want die die ANC se “stemvee” gaan nie, hulle is heeltemal te onnosel daarvoor!!

Andre ·

Lindiwe S wat weet julle van protokol ?
Jy bewys nou duidelik datt die regering geen vervolging gaan instel teen die stropers nie. Alternatief gaan julle sloer totdat hulle aftree (met ‘n gesonde pakket) of totdat hulle so oud of ‘siek’ word dat hulle nie meer gaan weet wat om hulle aangaan nie.

marous ·

Dink sy regtig die res van die wereld leef ook in ‘n borrel ?

Gert van Wierdapark ·

Ek neem met “teleurstelling kennis” van haar protes teen die waarskuwing en reken hulle sal eendag agter die kap van die byl van internasionale politiek kom. Sy probeer net die weerlig aflei van die harde feite wat nie diplomaties “wegge-spin” gaan/kan word nie…..he-he-he soos my ekspres. afgesluit het!

Ben ·

Lindiwe Sisulu, jy het jou departement opdrag gegee om met hier die 5 lande se ambassadeurs in gesprek te tree. Ek dink eerder dit is jou job om dit te doen. Doen ook iets vir jou riant salaris en doen dit goed voor die land in die afgrond stort.

Johan ·

Dalk moet die agbare minister minder bekommerd wees oor protokol en meer besorg wees oor die feite.

Swartwolf ·

Protocol….vergeet daarvan vra eerder wat die ANC en hul sateliet partye weet van ordentlike en etiese regering ? Hulle verdien ‘n brief elke week. Gaan lees wat Margaret Thatcher gese het van die ANC se vermoe om te regeer, al in die 80’s.

BM ·

Dit is dalk goeie nuus. My gevoel is egrer dat hiedie lande meer eie belang dien. Hulle raak onrustig oor die twee oosterse bere wat nou so bedrywig raak by ons noordelike buurman. Die gevaar bestaan dat ons fyn gemaal kan word in ‘n stryd waarvoor ons nie gevra het nie.

Louis van Niekerk ·

Los die protokol en luister na die waarskuwing regering

PJC ·

Ek dink Sisulu is een van die mees radikale en arrogante lede van die ANC en nou dat hulle teëspoed optel by die buiteland wil sy haar skielik op protokol beroep. Die klomp skaar hulle mos gereeld by al die skurkstate van die wêreld selfs in die VVO terwyl die meeste geld vanaf hierdie westerse lande kom so dit is uitstekend dat hulle ń slag in die bek geruk word. SEB werk nie op die wêreld verhoog nie.

Hansie Slim ·

Kan jy jou voorstel wat in die ANC binnekringe gesê word…..”how arrogant…”
Maar kyk mooi, hulle sal CR kry om ‘n mooi briefie aan almal te stuur dat hulle die situasie hier “verkeerd opsom”…
Die een keer het hulle dit egter reg opgesom, tannie Sisulu, en ons kyk maar of hulle deur die mooi praatjies gaan sien..

Margi Johnson ·

Sisulu you big hypocrite!! You and your stupid cronies do NOTHING the right way!! SA is a nobody in the world arena – who the hell do you think you are??

Lekker ·

Wonderlik! Dis ook weer tipies. In pleks van aandag gee aan die boodskap van die versending, is daar “fout” met die protokol. Dit laat my dink aan die semi-staatsorganisasie vir wie ek gewerk het. As daar n ontsporing of IOD is, dan is die volgorde van hoe mense op die ondersoektoneel opgedaag het, belangriker as om die hoof oorsaak te identifiseer en sodoende toekomstige gebeure te voorkom. Tragies

andre ·

ja.protokol…hoekom maak jy nie jou mond oop oor die gemors en korupsie nie…maar as jy stil bly is jy deel daarvan…enigste eerlike politikus is nog nooit gebore…..watse protokol was dit toe zuma se vriende op n weermag basis kon land met hul vliegtuig

Alida ·

Kry vir jou. Jou en CR se gelieg laat julle nou met rooi gesigte. Gedink hulle gaan julle stories vir soetkoek opeet aikona. Toe nou nie. Dit is 1ste wereld lande daai nie n klomp narre soos ons nie.

Stripes ·

Sisulu verkies protokol moet gevolg word want dan kan sy besluit wat word deurgegee en wat nie. Dankie vir die G5 wat hul stem dik maak. Ek weet egter nie of die anc slim genoeg is om te besef dat nie-inagneming van die skrywe hulle duur te staan sal kom nie.

Posduif ·

Ek kan nie sien dat dit enige verskil sal maak nie. Die regering steur hom nie aan die westerse lande nie. Hulle is dom-astrant net soos enige ander afrika land. Kyk waar is Zim nou… Ons loop die selfde pad, kyk oor 10jaar Dan is Zim en SA simunye.

wikus ·

Suid-Afrikanders het ook met telleurstelling kennis geneem van die gulsige korrupsie onder regeringsamptenare en self parlementslede, waar beginsels, wette en waardes oorboord gegooi is terwille van geld en weelde. Nie *een* van die omgekooptes was arm nie. Hulle het alreeds miljoene rand per jaar verdien. Maar dit was nie genoeg nie.

Sputnik ·

Ek kan nie glo dat dié ou vroutjie so vinnig uit haar blokke kan kom nie!! In ‘n vorige BBP-portefeulje wat sy teen groot salaris beklee het, het sy 90 dae nodig gehad om ‘n amptenaar se buitelandse reis goed te keur – en dan moes die ander amptenare haar altyd op no. 99 konfronteer om dit betyds geteken te kry. Flippit!!

Adam ·

Die waarheid is gewoon dat die ANC regering GEEN RESPEK het vir buitelandse beleggers nie en binnelands entrepeneurskap onderdruk. Hulle het ook geen respek vir protokol, behalwe wanneer dit hulle pas, nie en is geweldig sensitief vir kritiek weens hulle politieke minderwaardigheid. Ek wil graag voorstel dat Me Sisulu ophou om met die wereld se muishond-lande te heul terwyl sy eerder behoort te luister na die boodskap uit die rigting van diegene wie die meeste geld in ons land ingeploeg het.

SjN ·

Dividende en rente word verdien op enige belegging wat gemaak word, die betrokke lande het duidelik die risiko gesien, wat n klap in die gesig.

Afrikaner ·

Watter verleentheid moet dit nie vir haar en Cyril wees nie, maar miskien loop dit soos van ‘n eend (kolgans né) se rug af. Wel mens dink ook aan die dikvelligheid van sekere mense wat ‘n veer voel.

aj ·

Die hele ANC bestuur is besig met hoogverraad teen die land! Daarom was daar nog geen vervolging sedert die Wapenskandaal!

Die landsverraaiers in die ANC is in die meerderheid en oordonder die paar eerlikes.

Die kriminele loop vry rond om alle getuienis teen hulle te vernietig.

Verder STROOP hulle die staatsbates elke dag terwyl hulle die ’buit’ uitsmokkel na ander kriminele lande waar hulle in weelde gaan sit en toekyk hoe die land ineenstort en burgeroorlog uitbreek.

Komaan USA, UK, Duitsland, Nederland en Switzerland … vries al daai kriminele se bankrekenings … konfiskeer al daai paspoorte.

Verklaar hulle tot internasionale misdadigers en arresteer hulle sodra hulle begin wegvlug uit die land!

Zanri ·

Vinnig om uit te wys how hierdie lande die sogenaamde protokol breek, maar vergeet van die blatante skending van menseregte van gemagtig is deur ‘n verandering in die grondwet. Hou aan om julle koppe in die sand te druk en vingers te wys na ander. Kyk hoe ver hey dit die NP en ZANU-PF gebring.

Johan H. ·

Ek bid dat ek jou en julle in my leeftyd nog agter tralies sien

Zirk ·

Kan iemand tog vir my verduidelik wat is” aanvaarbare protokol” EN “korrekte diplomasie” asseblief.
Terloops, kan die ANC, wat soo roem op “kollektiewe besluitneming” ook moet kollektief verantwoordelikheid aanvaar vir staatskaping, korrupsie en kaderontplooiinng. Ek weet, en ek glo baie ander mense het bewyse dat partylede vanaf Zuma se aanstelling bewus was van die beplande staatskaping.

Diefie ·

Wie het vir haar gesê om daai groot word te gebruik? Sy dink dalkies dat protokol word so gespel Proe toe bolle, aag ek meen die kolle. Of is dit Ben se perd****

Botswana ·

Hi Suzuki, om hierdie kwessie te hanteer is dan voor die handliggend, julle wil beleggings he en hulle wil wet en orde he! Wat is so moeilik? die president moet opdrag gee dat almal betrokke in die bedrogspul dadelik moet vervolg word, eerlikheid met sy grondbeleid en wegdoen met die mislukte bbeee, wat daarvan is nou so moeilik? Shame die weste is toe nie so maklik oortuigbaar nie.

Willie ·

Ek wonder of mem, ooit weet wat is protokol? Want van integriteit weet hul niks!

Heksie ·

Wat weet jy van protocol???? Jy worry net hoe ver agter jy in die ry staan wanneer “bribes” betaal word! Mors ons belastinggeld met jou tipe!

Stephan de S ·

As ek die westerste lande sou verteenwoordig en ek ontvang hierdie tipe reaksie van Suid-Afrika sal ek sonder waarskuwing die skroewe onmiddelik 100% aandraai. Dink sy regtig dat mense nie deur haar gespin kan sien nie en duidelik van plan is om net so voort te gaan na die Zimbabwe voorbeeld?

remondo ·

Protokol? as die memorandum deur die”regte” kanale gestuur word raak dit weg en dan kan daar geskans word om nie daarop te reageer nie – mooi so nou MOET daar geantwoord word..

Domvraag ·

Voor 1994 was ons selfonderhoudend. Na 1994 moet alles wat kolonialisties is vernietig word en teruggekeer word na “our roots” en nou staan die anc bakhand by die koloniste en bedel vir geld.
Tyd dat die wêreld sy stem begin dik maak.

Skroef ·

Daar wys sy weer met haar vingers presies hoeveel intelligensie daae in die hele parlement is.

Ag asb Sisulu ·

jY WORRY OOR PROTOKOL MAAR NIE OOR STATE CAPTURE, FRAUD EN CORRUPTION IN HIERDIE LAND NIE? jY WORRY NIE OOR LANDVERGRYPE NIE, MAAR BEKOMMER JOU OOR PROTOKOL? eK DINK TOE JY NOG NIE PROTOKOL KON SPEL NIE, WAS HIERDIE MENSE REEDS ON TOP OF IT .. GAAN SIT NOU STIL IN DIE HOEK.

nellie ·

Asseblief mensies gaan kyk ‘n bietjie na Craig Montgomery se “live streams” en videos…dalk as almal saam staan en meer mense van hom vertel sal iets gebeur.

Estelle ·

In watter bubble woon sy? Protokol? Regtig? Wie dink sy is sy en SA om op te staan en te wil aangaan oor protokol oor hoe sy oor die hoof gesien is. Groot vissie in ‘n klein dammetjie as dit kom by wereldsake.

alida ·

Hierdie modepop is nou lekker op haar plek gesit. Kry vir jou.

Blou ·

Wag vir 2 de stel blou briewe. Dan skuif hulle rond in die parlement. 3de dan spat hulle uitmekaar. Het die profeet gesien.

ALTA ·

Hoeveel keer moes ons as getroue belastingbetalers “met teleurstelling” kennis neem van NOG miljoene/miljarde van ons belastinggeld wat as gevolg van korrupsie “verdwyn”??? Hou op kleitrap en ANTWOORD die Wereldmagte!! Eerlik hierdie keer….ASSEBLIEF!!

A Mac ·

Protokol? Ag nee, kyk hoe skrik die wereld. Geagte minister, met al die korrupsie wat in die regering aangaan sal ek eerder my kop in skaamte sak as om ander lande aan te vat.

ChrisE ·

Die me Sizulu is duidelik uit haar diepte uit. Die saak het egter drie kante. Myne joune en die waarheid. Ek stem met haar saam oor protokol. Daar is die algemene diplomatieke reels en regulasies wat gevolg behoort te word. My mening is wat karring die 5 lande skielik nou wat hier aangaan. Is dit nie hulle wat die meeste druk op ons in die verlede geplaas het nie. Nou wat nou. Diplomasie is in kort eie belang word beskerm. Die ANC bende met nou voel. Hulle het mos “skadu diplomatieke” voordele voor 1994 geniet. Westerse lande het die bende gehuisves befonds en verdra. Nou is die skoen aan die ander voet. Die 5 lande het mos in die bende belê om eendag voordeel uit die “nuwe SA ” te trek. Skielik is hulle onthuts. Word wakker me Sizulu, “welkom in die regte wêreld”. Dit is ook weereens ‘n bewys ons landjie word deur die groter moondhede beheer en is reeds in hul besit. Re-kolonialiseer waar Afrika. Dit is al oplossing.

Johan ·

Mooi so Alida. Dit is die perfeke naam vir haar – “modepop”
Die haartjies is altyd gedoen en sy dra net ontwerpers klere.
Sy is tog sooo belangrik want die hele land het strate – wat na pappa en mamma vernoem is!

Geekol ·

Merrem, as julle protokol gevolg het met al daai tenders sou hulle nie nodig gehad het om daai brief in die eerste plek te skryf nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.