Wêreldmagte waarsku SA regering oor korrupsie, BEE

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: Phando Jikelo/ANA)

Die VSA, Verenigde Koninkryk, Duitsland, Nederland en Switserland het ’n memorandum aan president Cyril Ramaphosa gerig rakende die bedreiging wat misdaad, twyfel oor eiendomsreg en korrupsie vir buitelandse beleggings inhou.

Die selfstandige sakegemeenskap Sakeliga het die memorandum oor korrupsie, Swart Ekonomiese Bemagtiging (BEE), en ander bedreigings vir die regsorde en belegging in Suid-Afrika, wat na berigte deur leidende lande aan president Cyril Ramaphosa gestuur is, verwelkom.

Dié vyf lande verteenwoordig die oorsprong van 75% van direkte buitelandse beleggings in Suid-Afrika.

“Dit is duidelik dat buitelandse beleggers en regerings van voorste lande diep bekommerd bly oor Suid-Afrika as ʼn beleggingsbestemming, nieteenstaande die beste versekeringe van president Ramaphosa,” sê Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga. “Die bereidwilligheid van hierdie lande se regerings om druk toe te pas is bemoedigend.

Met meer as 12 000 lede versprei oor alle sektore van die ekonomie is Sakeliga een van die grootste sakeorganisasies in Suid-Afrika.

“Soos binnelandse beleggers glo hul buitelandse eweknieë nie die narratief dat die ontstellende pad waarop Suid-Afrika tans is eenvoudig die gevolg van nege ongelukkige jare is, en dat ʼn verandering in leierskap van die ANC die land laat omdraai het nie. Ons wil konkrete vordering sien ten opsigte van korrupsie-uitroeiing op die hoogste vlakke, en in die terugrol van vernietigende staatsinmenging – met beleide soos BEE – in die ekonomie,” vervolg Le Roux.

“Sakeliga sal voortgaan om hom vir ʼn konstitusionele orde en ʼn vrye ekonomie in Suid-Afrika te beywer, en ons verwelkom alle pogings van regerings en beleggers beide plaaslik en buitelands om dieselfde te doen.”

Die burgerregteorganisasie AfriForum het ook die memorandum verwelkom. Dit is volgens dié organisasie die sterkste aanduiding nóg dat die buiteland nie om die bos gelei word deur die mooi prentjie wat Ramaphosa aan hulle probeer voorhou nie. Dít terwyl hy in teenstelling daarmee plaaslik openlik aandui dat onteiening sonder vergoeding ’n gegewe is en weinig gedoen word om korruptes en geweldsmisdadigers agter tralies te kry.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het die hoop uitgespreek dat Ramaphosa nou sal besef dat hy met vuur speel om homself, ter wille van sy eie posisie in die ANC, te laat meesleur deur disrespek vir eiendomsreg, verdraagsaamheid teenoor korruptes in die ANC se eie geledere en ongevoeligheid rakende die plaasmoordkrisis en haatspraak in die land.

Kriel het daarop gewys dat sy organisasie sy internasionale veldtog om die buiteland in te lig rakende die bedreiging – wat onteiening sonder vergoeding, korrupsie en geweldsmisdaad soos plaasmoorde inhou – volstoom sal voortsit, totdat die regering van sy disrespek vir eiendomsreg afsien en erns daarvan maak om misdadigers agter tralies te laat beland.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

79 Kommentare

Dries ·

Huigelaars….hierdié lande is deel van die moeilikheid. Mos gedink die ANC is gelyk aan God.

Afrikaner ·

Kom ek sê vir jou, hierdie druk op die ANC regering is baie erger as die druk wat die NP regering destyds van die buiteland ontvang het.

Baie erger.

Nederkaner ·

Jy weet dis nie waar nie Afrikaner. Vir een daar is geen sanksies teen ons nie, daar is nie enige negatiewe berigte aan die internasionale populasie nie en die VSA het nog nie ultimatums gestel nie.

Dis nog nie naby nie.

Afrikaner ·

Nederkander, die ANC regering is tot op hede toegelaat om op ‘n wolk van verekussings te regeer, hulle het vry soos voëls in die lug gevoel, onaantasbeer, tot so ‘n mate dat hulle hulself enigiets aangematig het en almal moes hulle glo en daarby inval, die wiel het klaar gedraai, die skoen druk nou baie erg, dit kan mens aan hul reaksie vir ‘n tyd al sien. Hierdie druk moet vir hulle soos ‘n tonnemaat op die skouers wees, en hulle het niemand anders om dit na oor te gee nie.

Annie Webb ·

Dries, die druk destyds was nét oor apartheid. En het dekades lank in die VN slegs van die sg. Afro-Asiatiese blok se kant gekom totdat die resolusie van die “misdaad teen die mensheid” (“humanity” is nie regtig “mensdom” nie) aanvaar is. Selfs toe het die meeste “wit” lande dit nie onderteken nie. Soos nou met die lawaai teen pres. Trump, was dit ‘n “oorlog” wat grotendeels deur die linkses met behulp van die media gevoer is. Pres. Trump is die eerste leier in baie dekades wat nie skroom om die konserwatiewe, kapitalistiese standpunte duidelik te stel nie. En dan moet hy dit nog op Twitter doen want die media verdraai en verswyg dit steeds. Dié memo aan ons regering is vir seker deur die VSA geïnisieer. Pres. Trump is ‘n sakeman, Cyril is ‘n vryheidsvegter wat $675 miljoen uit BEE “verdien” het. Obama sou hom geld gegee het, pres. Trump nie.

Afrikaner ·

Annie, ek sal jou onthou vir hierdie kommentaar jy sal dit onthou, ook ander lesers:

Annie Webb:
PUIK ARTIKEL, Herman Toerien! Ek het Vrydagaand weer die twyfelagtige voorreg
gehad om hier in die Kaap in geselskap te sit van mense wat al hulle inligting uit ons
hoofstroommedia kry en dus volkome oortuig is dat wit mense oor die algemeen en die
apartheidsregime in die besonder eintlik die vark in die SA verhaal is en dus ook
verantwoordelik is vir die sosialistiese moeras waarin ons tans verswelg. (En dieselfde
hoofstroommedia stel ook pres. Trump van die VSA as die groot wit vark in die
wêreldpolitiek voor om hul duidelik linkse agenda te pas.) My gespreksgenote sien dus
onouitder andere uit na die nuwe, meer “gebalanseerde” SA geskiedenis wat die ANC
gaan komponeer, gebaseer op “mondelinge oorlewering.” Ek het daar gesit en stilweg
dankie gesê dat die Hemelse Vader my genadig was en my genoeg verstand gegee het
om vir myself te kan dink. En te kan oordeel wanneer dit wat ek hoor of lees, só polities
korrek gekleur is dat dit alle ooglopende bewyse verdraai of ignoreer.

What a joke! ·

Ja Cyril en kie…die wiel draai stadig maar seker!!!

Arista ·

En wat van die invloed wat dit op ons lewe het, ons leef in vrees. Praat, praat, praat en dit doen niks aan ons saligheid, ramaphosa vee hom af !!

Deon ·

Die ANC se wittebrood is lankal verby. Ramaphosa se beloftes is minder werd as Malema se geteem.

Snowball ·

So die beleggingswêreld is toe nie die ANC se dom tjom soos hulle hulleself wysmaak nie. Kyk nou hoe verkrummel die ANC se groot gelieg tot ‘n hopie as…
Wonder wat sê Lindiwe Sisulu nou?

Hannetjie ·

Ai ai..onse Prez lyk moeg…gedaan…en die verkiesing le nog voor

Joop ·

Hannetjie, ander woorde kom ook by my op soos … uitgeput … pê …

Essie ·

Nie net agter tralies. Ie maar met die instel van die doodstraf.

wet ·

doodstraf sal ‘n fout wees. Wat sou gebeur as die gemeenskap daarop aandring dat die 2 ouens van Coligny die doodstraf moet kry terwyl daar geen konkrete bewyse is dat dit vooraf beplande moord was nie. Dink wit mense sal aan die kortste end trek

Elna ·

Ek stem saam wet. Hulle is reeds al besig oral om false arrestasies te maak teen witmense en almal kyk maar net weg. Hopelik is daar iemand wat my kommentaar raak sien en dit inneem en iets daaraan begin doen. Blykbaar het ons minderheidsvolkie geen regte in hierdie land nie en hulle mag maak met ons soos hulle smaak.

Daai man. ·

Essie, ek kryf dit elke keer as ek iemand sien wat vra dat die doodstraf terug gebring moet word. Wil jy retig vir hierdie regering van ons die mag gee om ‘n lewe te kan neem?

Koos de Meyer. ·

Op die einde van die dag gaan ons eindig soos Zimbabwe want die groot meerderheid het klaar besluit oor grond ont eiening, daarmee saam plaas moorde, brandstigting, protesoptogte, anargie ensovoorts dit is verblydend om te hoor van buitelandse druk.

Hendrik ·

Ja nee iets doen is beter as niks doen. Zim het gedoen want alles gaan regkom vanself. Iets doen is betrokke raak met gemeenskapsake, ondersteun burgeregte groepe en werk na ; doel van selfstandige gemeenskappe waar ekonomiese sake watnie beinvloed word deur regeringsbeleid maw. selfstandige gemeenskappe/dorpe soos Orania en Kleinfontein.

Hoc est bellum ·

Gaan dié hardekwas en arrogante regering hulle daaraan steur?

Blaarman ·

Ek sien hierdie tipe kommentaar gereeld. Wat diegene wat dit maak nie besef nie, is dat Tony Blair se troepe reeds op pad was Zimbabwe toe, toe die SA regering hom oortuig het dat militêre inmenging ‘n swak skuif sou wees.

Dit is nie so dat die buiteland nie bereid is om in te gryp nie, en dit is nie ‘n gegewe dat dinge vir SA dieselfde as vir Zimbabwe sal verloop nie!

Deon de Villiers ·

Goeie nuus dat die president verantwoordelik gehou word vir stabiliteit in die regering.
Die vraag is, wat moet ons as landsburgers nou doen om te help.

Manie ·

Die regering is vol van kriminele wat eenvoudig niks oorkom in die sogenaamde nuwe SA. Julle sal julle self moeilikheid op die hals haal met die lande wat julle net soos Zimbabwe nie sal kan hanteer

Annie Webb ·

“B”, as jy net ander berigte as Maroela s’n soek, dit was voorbladnuus in Sunday Times en is ook in The South African op die web. Netwerk24 het niks behalwe Sisulu se reaksie op e-nuus sover nie.

B ·

Soos ek vermoed het blyk die dok toe nie te wees soos almal (wou ge)glo het nie.
‘n Verklaring is gister uitgereik deur die 5 lande wat die (ou) nota in perspektief plaas.

Sakeliga ·

Ramaphosa se Suid-Afrika (die een met al die inmenging en ongunstige wetgewing vir sake doen) is nie op die oomblik ‘n gunstige beleggingsbestemming nie. MAAR daar is wel ‘n sakegemeenskap in Suid-Afrika wat steeds goeie beleggingsbestemmings is. Sakeliga rol vanjaar ons Sakeliga-netwerk uit wat sakegemeenskappe plaaslik en internasionaal met mekaar gaan verbind. Ons wil graag internasionale beleggers na ons netwerk lok! Word deel: https://www.sakeliga.co.za/sluit-aan/

JWC ·

Rerig?? Dit is dieselfde lot wat ons hier kom dwing het om die gemors wat nou hier oral is te aanvaar. Ek glo nie vir een oomblik dat Tannie May ‘n duit vir ons omgee nie – per slot van sake kan sy tans nie eens haar eie ou landjie beheer nie (want Ouma Koningin doen dit mos in die agtergrond). Die enigste van die ou groepie wat genoeg ruggraat het is Oom Trump. Hy gee nie ‘n flenter om vir die korruptes nie en is heel bewus van die Zimbabwe eksperiment. Die ANC, EEF, BFLF en ons eie blou DA is ons grootste narre in ons sirkus…. want leiers wat versoen, bou, beskerm, aanmaan en voorbeeld stel is maar weinig… So vat die ou stukkie nuus maar met ‘n knippie sout. Ligloop en wakker slaap!! (En MM – moet nou nie hierdie kommentaar ook weer verwyder nie – seblief!)

Derf ·

Ek is seker huidige beleggings en skuld en beskerming daarvan is meer van sprake

Frikkie Geld en huis ·

Die 9 verlore Zuma jare of die 25 verlore ANC jare ???? Zuma was die ANC se leier tydens sy korrupte presidentskap. Mbeki was die ANC se leier toe hy die ekonomie begin verwoes het met BEE. Die ANC , as kollektief, het die land verwoes, nie die een of ander leier nie. Die DA het ‘n paar keer ‘n mosie van wantroue teen Zuma probeer in die parlement, maar dit het elke keer gefaal, omdat die ANC dit teengestaan het. Die ANC moet dus aanspreeklikheid aanvaar en dit so stel aan die kiesers voor vanjaar se verkiesing. Dan sal hul minstens die een keer in ‘n mate eerlik wees.

Afrikaner ·

En dan wil ek verseker glo dat al die energie van Solidariteit en Afriforum, mens kan die name van Flip, Dr Drik. Kallie, Ernst, Alana, elkeen van hulle vir hul harde werk noem, neerslag in die wêreld gevind het. En mens is verseker dat dit is nog nie die einde nie, dit is nou maar eers begin Februarie-maand.

100 vir elkeen van julle.

Hendrik ·

Die enigste manier hoe ons druk kan plaas op die regering is buite-parlementere aksies soos gevoer deur Afriforum, Solidariteit en IRR. Sover het die aksies nog die meeste resultate gelewer in die binneland asook soos nou in die buiteland. Mense kan maar geen stem maar hierdie aksies moet ondersteun word deur alle onderdrukte minderhede. Ons moet die druk verdubbel en die so ook op sport gebied verhoed dat ons spanne deelneem totdat die regering verander met sy ekonomiese en stremmende beleidswette teen die witmense bv. BEE en affirmative action.

Brutus ·

ANC het misluk in alle opsigte. Hul sal dit nooit erken nie, hoop maar daar kom n wonder werk wat dinge gaan omkeer.

Daai man. ·

Sy is teleurgesteld op die manier wat die memo gestuur is, lees ek nou op ‘n ander nuus webwerf. Dis blykbaar nie volgens protokol nie.

Lourens ·

Goed gestel CW. Hulle is dan so heilig en wonderlik. Eks getroud so ek verstaan jou sarkasne al te goed. Heheheeh

Eugene ·

Kyk niemand wil in die bek geruk word nie veral nie deur Westerse imperialiste nie. Die groot fout hier is sg die aflewerings metode. Die inhoud en redes word nie betwis nie.

Boet Fasie ·

Afriforum vertel sommer vir die buiteland oor die BLF se uitlatings van die kinders wat in die skool tragedie gesterf het – laat die wereld besef wat in Suid – Afrika gebeur en hoe blankes gehaat word.

Stoffel ·

A ha, en dan sal ek glad nie verbaas wees as Cyril weer vir 2019 die SA Persklub se nuusmaker van die jaar sal wees nie.

Frikkie ·

Eie medisyne was nog nooit lekker nie. Onthou die die dae toe die ANC ons by die wêreld verkla het!

Dries du Toit ·

Afrikaner ek hoop jy het die feite en jy spreek nie maar net jou hoop uit nie. As die druk op hierdie regering so erg is soos die druk op De Klerk en sy …. dan mag daar dalk hoop vir ons wees. Maar hierdie lande se druk op Mugabe en sy gespuis het niks gehelp nie.

Afrikaner ·

Dries, ons het die keuse, dis buig of bars of Cyril en kie vir die druk sal toegee. Mugabe het ‘n veer vir sy mense gevoel en net aan homself gedink, ons sal nou sien van watter stoffasie Cyril en sy regering gemaak is (in effek slaan die ANC mos die kitaar met nommer twee vooraan), maar ek het ‘n idee jy sal jou sitplekgordel moet vasmaak, baie styf.

Frikkie ·

Die wêreld het gesien hoe koop Rusland vir Zimbabwe en China die res van Afrika !

Frikkie ·

Miskien koop die Weste Suid Afrika nog? Honger het nog nooit sy g#t laat lek nie!

Se maar net ·

Ai ai ai, daar kom die groot geldmag wolf en kom bllas cr se huisie wat hy so sogvuldig met liegskaarte gebou het plat met die grond. Hoe wreed is hulle nie. Kry vi jou en jou party, die dinge het nou gedraai. In Openbaring word geskryf van die hoer van Babilon se val. En die val was groot.
Ons hoop op die end is cr en anc se val ook groot

Bekommerd ·

BEE is ongetwyfeld magtiging tot korrupsie, maar die ANC sal dit nooit erken of daarvan afsien nie. Ons weet mos nou dat dié stelsel hul sakke vul. Verder as n stelsel finansieel in hul guns werk is daar mos niks fout daarmee nie. al sou dit 100% tot die land se nadeel wees.

Waarheid1 ·

Meeste wereldleiers is pionne en kry instruksies van die toutjietrekkers.
Ramapaddapot is ook n marrionet.

Jan pierewiet ·

BEE is die moeder van Outsource is die moeder van Bosasa en elke stelsel

Yolandi ·

Baie dankie afriforum wat julle doen.ek is trots om n lid van julle te wees en al het ek net R5 in my bersie oor gee ek dit met liefde vir julle

Chrisjan ·

Weereens net n foefie. Niks gaan verander nie. Same old, same old…

Wolfie ·

A,i Ai, Afrikaners skaam julle. Hemel mense, ons bid elke dag vir positiewe veranderings. Wat gaan aan met julle, of moet ek se met julle Thomasse?
So sal julle nooit vry kom van die juk nie. Sien julle nie God se hand in die gebeure raak nie, Kleingelowiges? Gaan liewer op julle kniee en bid soos nog nooit tevore nie.

Bekkie ·

Wolfie – dis PRESIES wat ek wou sê; waar is die geloof en VERTROUE in God? waar???????

Farmer Brown ·

Jy is reg Wolfie,
Siener het gepraat van die drie blou briewe

humor ·

Hier vlak voor die verkiesing word die anc se kaarte lelik deurmekaar gekrap.

Afrikaner ·

En daar trap ek toe ook waaragtag in die slaggat om soos ons gebreinspoel word te dink die ANC regering en Cyril moet die ekonomie aan die gang kry soos hy met sy besoeke oorsee probeer doen.

Maar laat die reaksie van hierdie 5 lande nou vir ons ‘n les wees, die ANC regering en Cyril moet net die regte KLIMAAT skep sodat die markragte hul loop kan neem, sommer op ‘n drafstap of ‘n galop, dan sal die buiteland met hul beleggings outomaties volg.

marco polo ·

Buitelandse druk was die grootste rede hoekom die NP regering tot n val gekom het, al wil die ANC glo dis danksy hulle terreurdade. Buitelandse druk is ook die enigste manier hoe die ANC regering tot ander insigte gaan kom en die minderhede se enigste hoop op beskerming.

Blaarman ·

Jong, ek sal jou ten sterktste aanraai om met ‘n valhelm rond te loop.

In elk geval hoef jy jou dan nie so te bekommer oor wanneer Siener gesê het die hemelruim op ons koppe gaan ineenstort nie.

Spioen ·

Dis reg blaarman. Ek en my valhelm 3n jy met jou blare kan ons die cosmos oorneem!

Kraai Hartzenberg ·

BEE werk glad nie. die helfde weet nie wat dit is om te kwoteer nie , en die inligting op Nasional Tressury is nie altyd korrek nie.

Andre ·

Die hele ANC bestuur is besig met hoogverraad teen die land! Daarom was daar nog geen vervolging sedert die Wapenskandaal!

Die kriminele loop doelbewus vry rond sodat hulle alle getuienis teen hulle kan vernietig.

Verder STROOP hulle die staatsbates elke dag terwyl hulle die ’buit’ uitsmokkel na ander kriminele lande waar hulle in weelde gaan sit en toekyk hoe die land ineenstort en burgeroorlog uitbreek.

Komaan USA, UK, Duitsland, Nederland en Switzerland … vries al daai kriminele se bankrekenings … konfiskeer al daai paspoorte.

Verklaar hulle tot internasionale misdadigers en arresteer hulle sodra hulle begin wegvlug uit die land!

En plaas Suid Afrika onder die administrasie van die Verenigde Nasies om die onafwendbare burgeroorlog te stuit.

nellie ·

Mensies ek wil graag vra dat julle ‘n bietjie na die man Craig Montgomery se “live streams” en videos gaan kyk… dalk as almal begin saam staan gaan dinge gebeur.

Ryan ·

Blankes gaan weereens gestraf word dat ons die buiteland nader om in te meng in die anc, eff, blf se kat en muis speletjie. Die president voel mos “swart woede” is agv blankes se optredes.

Charles ·

Wonderlik! Dankie julle.

AFRIKAANS – MY MOEDERTAAL, SUID-AFRIKA – MY VADERLAND!

Swartwolf ·

Die hele ANC kon dit nie vir hulle self uitgedink het nie. Dit vat inmenging van die beskawing om hulle te laat dink. Waar het ek sit al voorheen gesien ??

kallie ·

Ek bly hier waar die sementblok op die kinders geval het. Te laat te min! Dit is wat ek wil uitroep,maar miskien weerklink ons wek oor die aarde heen tog daar waar ore luister. Alles gaan ten gronde, so ook die toekoms en lewens van pragtige jong mense, om dat daar nie aan die noodsaaklike dinge aandag gegee word nie. Die soustrein bly maar voorstoom,tot eendag ,helaas, sy wiele ook afkom.Watter tragiek moet ons nog beleef tot dan?

Jacobus ·

Daar gaan die wees wat my sal wil stenig, maar die buiteland stel nie werklik belang in die korrupsie, BEE en eiendomsreg in Suid Afrika nie; dit is maar net die stok wat gebruik word om die ANC mee te slaan oor hulle ondersteuning van:

1) Venezuela’s President Nicolas Maduro
2) Rusland en President Putin
3) China
4) Die Palestyne en die ANC se ondersteuning vir ‘n boikot teen Israel
5) ANC se stemming teen Amerika se voorstelle en belange in die VN
6) Iran
7) Soedan
8) DRC Kongo se verkiesing
9) Zimbabwe
10) Die ANC se ondersteuning van onwettige immigrante wat oor die Meksiko/Amerikaanse grens kom
11) Onwettige immigrante van Afrika en die Midde Ooste wat na Europa stroom
12) ens.

As die ANC nie bogenoemde ondersteun het nie, sal die 5 lande nie eens die moeite gedoen het nie.

Voor ’94 is Suid Afrika onder die NP gesteun deur menigte van die lande, dalk nie so openlik nie maar wel gesteun omdat ons hulle vuil werk gedoen het. Die oomblik dat hulle ons nie meer nodig gehad het nie, kyk wat het toe gebeur.

Laat ons wyer dink as net onsself en die groter prentjie sien.

Blaarman ·

En net so, eweskielik, gee die ANC eweskielik om vir reëls en protokol.

Net jammer hulle is nie sulke tegnokrate wanneer dit die toekenning van tenders betref nie!

ChrisE ·

Jacobus, ek stem heelhartig met jou saam. Die buitewêreld het nie ‘n saak wat eintlik hier aangaan nie. Hulle het bereik wat hulle wou gehad het nl om ‘n geordende goed bestuurde land wetteloos te laat funksioneer om hul doelstellings te verwenslik. Die wedloop om die land gaan al hoe veller raak. Afgesien van die land se minerale bronne is ons ook strategies gelëe om die seeroete na Europa en Amerika te beinvloed. Sluit net die Suiz en Panama kanale. Ons weet nie wie en wat tans oor ons landjie regeer nie.

Wassieêkkie ·

Die regering hoef hom nie aan die waarskuwings te steur nie en die beleggers hoef nie in SA te belê nie. Elkeen gaan in elk geval maak soos hy of sy wil, en die armes gaan die spit afbyt.

Jepetto ·

Die ANC het miljarde dollars se skuld by die wereld banke daar gaan niks kom van grond vat nie Hier endaar sal plasies oorgedra word verkiesings foefie En hou op worry die Boereoorlog was baie erger gewees KEIN GELOWIGES

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.