Wêreldrenosterdag: Strop al hoe nouer om stropers se nekke

Argieffoto

Die Kruger Nasionale Park het Saterdag, op Wêreldrenosterdag, statistiek bekend gemaak vir renosterstropery in dié park vir die tydperk Januarie 2018 tot Augustus 2018.

Isaac Phaahla, woordvoerder van SANParke, het gesê die statistiek toon ’n byna 37% verlaging in die getalle in vergelyking met dieselfde tydperk verlede jaar.

“In die 2018-tydperk is 167 verdagtes in hegtenis geneem deur veldwagters en die polisie vergeleke met 144 verlede jaar. Daar is ook 76 hoëkaliber-jaggewere teruggevind teenoor 59 verlede jaar,” het Phaahla gesê.

Fundisile Mketeni, uitvoerende hoof van SANParke, het gesê die pogings teen stropery moet  nog verder verskerp.

“Die samelewing kan nie net toekyk hoe misdadigers oorlog verklaar teen ons natuurlike erfenis nie. Ons moet ons erfenis verdedig met alles wat ons het en saamstaan om die doodmaak [van ons diere] te stop,” het Mketeni gesê.

Tersia Jooste, van die plaaslike renosterbewaringsorganisasie Rhino Connect, het gesê Suid-Afrika sorg tans vir meer as 90% van die wêreld se renosterbevolking.

Albi Modise, woordvoerder vir die departement van omgewingsake, het gesê 13 smokkelaars is tussen 1 Januarie en 31 Augustus 2018 deur die Valke in hegtenis geneem.

“Daar is beslag gelê op 60,92 kg renosterhoring wat verbind word met stropery in KwaZulu-Natal en die Noord-Kaap.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Paul ·

Kom ons vertrou dat met dieselfde ywer waarmee ons deur Cyril Ramaphosa vertel word korupsie in die land aangepak gaan word, hy het mos nou vir ons ‘n hemel op aarde plan bekend gemaak sodat ons ekonomies uit ons nate gaan groei, welvaard skep wat nog nooit in die wêreld ervaar is nie, bewaring ook voorkeur gaan kry. Mense en armes uit die buitenste ruimte gaan op ons toesak. Maar kom ons vra hom, begin by die renoster, die leeu, die luiperd, die besoedelde riviere, vleilande, ekosisteme, en moenie van die Krugerwildtuin ‘n pretpark maak nie. As julle erns hiermee het, sal ons julle glo.

Wonder maar net ·

Ek wonder of daar n enkele renoster in ons land gaan oorbly as die Chinese eers begin met hul projek in Limpopo……….

Barend ·

Google die Op Vlerke boek – Ervarings om te koester

Indeks:

Krugerwildtuin vakansie – Satara- en Letaba kampe
Groot lywe en die Nsemani Dam
Van warrelwinde tot vlakvarke
Adoonse, olifante en aandgeluide
Al spelende leer dit
Kees geselskap oor middagete
‘n Olifantjie met ‘n nat lyfie
So maak reiers en saalbekooivaars, só pronk ‘n berghaan
Net wind en plesier in Satara
Gevlekte lywe op die N’wanetsi-pad
‘n Dragtige luiperd en twee seekoei-koeie
As ‘n sebramerrie se vul orig is
So kompiteer die voëltjies
Pienk lyfies op die pad huis toe

Dagbesoeke
Maanhare, kolganse en kindertuin bokkies
Só rap dit by Lake Panic voëlskuiling, Yo!
Gebande muishondjies en die Sunsetdam
Middagete en leeuplesier langs die Sabierivier
Só maak waterbokbulle by die Vervoerdam
Vier bulle, twee kalfies en ‘n berghaan
Wildehonde en ‘n bontvisvanger wat jag
Die wildtuin op ‘n huislike noot
Buffels, leeus en ‘n modderbad langs die Sabierivier
Drie buffels voor ontbyt en ‘n blouaapwyfie oor middagete
Twee maanhare en ‘n magdom uitgelate sebras
Koorsbome in Satara en twee moeilike olifante by die Kumanadam

Oornag in Satarakamp
Nostagie en die Nyamundwadam tot die Sandrivier
Tshokwane-apies, leeuwyfies en ‘n moerige Mazithi-olifant
Die Kumanadam en ‘n koedoebul op kloutjies
Satara-ruskamp en braai
Jag van die visarend, bobbejane en froetangs
Die Ngotso omgewing en ‘n Mavumbyerivier modderbad
Witpenswatergat en die N’wanetsi-uitkyk
‘n Rooioogtortelduifie en twee kwêvoëls met ontbyt
‘n Magdom buffels en ‘n seekoeikalfie

Paul ·

Oor ‘n honderd jaar vertel die pa vir sy kinders van die groot droom, ‘n stad onder die see.

Essa ·

2 x Cherokees – ek het nogal gewonder wat is fout met die Cherokee wie se kommentare ek die afgelope tyd lees en wat nou skielik so anders klink. Nou ja, alle name word tog een of ander tyd herhaal, maar Cherokee is (was) darem uniek. ?

Gemaskerde Sopbeen ·

Om agter die renosters hier aan te hardloop en hulle te probeer oppas is soos om ‘n pleister op kanker te plak. Hoekom word daar nêrens genoem WAT gedoen word om die “stropers” UIT die land te hou nie? Gaan sit terug die heining om ons Nasionale Park…..en patrolleer dit…..dan het jy NET een heining om op te pas……..in plaas van bendes veldwagters wat teen enorme koste agter elke renoster moet aanloop en “oorlog-oorlog” speel nie.

Goed en Kwaad ·

En dis nie net ons renosters wat ly nie. Gedurende die laaste week ontvang ons ‘n e-pos van ons landgoed bestuur dat ons nie die Kol Ganse wat in ons landgoed kom nes skrop het met 8 babbas moet “aanmoedig” nie aangesien hulle siektes dra wat na mense en ander diere kan versprei. Gister is daar ‘n inskrywing op FB dat die mamma deur kinders met klippe doodgegooi is. Almal lewer kommentaar dat die kinders gestraf en opgevoed moet word. Wat van die volwassenes?! wat sulke e-posse uitstuur. Die ewige stryd tussen goed en kwaad duur voort en dis bemoedigend om berigte soos hierdie te lees.

Boerseun ·

Ai. Kom ons kyk gou na die stats en vestaan die volgende. Dit is logies dat met tyd die % van renosters wat gestroop word sal afneem, hulle word minder.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.