Wêreldvigsdag: ‘n Paar Suid-Afrikaanse syfers

vigsstrikkieDit is vandag Wêreldvigsdag, maar hoe lyk die prentjie nou in Suid-Afrika?

In dieselfde tydperk sedert Maart vanjaar wat daar wêreldwyd 5 000 mense aan ebola gesterf het, het daar in Suid-Afrika ongeveer 120 000 mense aan MIV/Vigs gesterf, aldus die FW de Klerkstigting.

Volgens Aaron Motsoaledi, die minister van gesondheid, is daar meer as 6 miljoen Suid-Afrikaners wat MIV-positief is. Ongeveer 2,7 miljoen ontvang teenvigsmiddels, wat Suid-Afrika die land met die grootste teen-Vigsprogram in die wêreld maak.

Gemiddeld sterf 3 300 mense per week aan Vigs in Suid-Afrika. In 2005 was sowat die helfte van alle sterftes in Suid-Afrika Vigsverwant, terwyl dit vanjaar na verwagting vir die dood van net meer as ‘n derde van alle sterfgevalle verantwoordelik sal wees. Daar is sowat 2 miljoen Vigswesies in Suid-Afrika.

Bronne: RSG, FW de Klerkstigting

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.