Wêreldwatermoniteringsdag gevier

Argieffoto

AfriForum het Sondag sy suksesvolle watermoniteringstrategie op Wêreldwatermoniteringsdag gevier en doen ʼn beroep op sy lede en die hele Suid-Afrika om die belangrikheid van ons waterbronne te koester.

“Die primêre doel van Wêreldwatermoniteringsdag is om burgers op te voed en te betrek by die beskerming van die wêreld se waterbronne,” sê Marcus Pawson, AfriForum se hoof van omgewingsake. “Baie mense is nie bewus van die impak wat hulle gedrag op die kwaliteit van water het nie. Deur selfs net basiese moniteringstoetse op water uit te voer, kan mense die mees algemene indikators van die welstand van waterbronne leer ken.”

Die burgerregte-organisasie is van mening dat ’n onafhanklike waterreguleerder ’n betekenisvolle rol in Suid-Afrika kan speel en moontlik kan lei tot die verbetering van watergehalte, -voorsiening en -bestuur.

“Indien Suid-Afrika ’n onafhanklike waterreguleerder het wat nie vir politieke inmenging vatbaar is nie en wat water- en dienstewetgewing sal afdwing, behoort ons minder lekkasies, minder openbare klagtes en protes, skoner riviere en damme, gesonder gemeenskappe, ’n groeiende ekonomie en meer water te hê,” sê Chris Boshoff, AfriForum se koördineerder van omgewingsake.

Dit is ironies dat die departement van water en sanitasie Watermoniteringsdag vier, maar dat dié departement se blou-en-groendruppelverslag laas in 2013 vir die publiek bekendgestel is, voeg Bohoff by. “Gewone mense ly die meeste onder die waterkrisis en omdat ons nie meer op die regering kan staat maak nie, moet ons voortgaan om watergehalte self te toets.”

AfriForum stuur jaarliks ’n blou-en-groendruppelprojek van stapel waar die kwaliteit van bykans tien miljoen mense se drink- en rioolwater (blou is drinkwater en groen is riool) getoets word. AfriForum se 2017-drinkwatertoetse het gewys dat drie dorpe se drinkwater nie op standaard is nie en dat 59 uit 88 dorpe se rioolwaterstelsels nie aan die gehaltestandaarde voldoen nie. “Nagenoeg 4 200 megaliter onbehandelde rioolwater word daagliks in ons land se riviere gestort,” aldus Boshoff.

Die goeie nuus wat egter dui op die waarde van gereelde en gestruktureerde watermonitering is dat al drie die dorpe waarvan die drinkwater nie vanjaar se bloudruppeltoetsing geslaag het nie, nou weer skoon is ná druk op die betrokke owerhede geplaas is. Ook wys die feit dat daar vanjaar drie dorpe gevind is waarvan die drinkwater nie op standaard is nie, vergeleke met 2016 se sewe dorpe en dat nie een van die dorpe van 2016 se water in 2017 weer vuil was nie, dat aktiewe monitering en toetsing vrugte afwerp.

Opknappingswerk is ook aan rioolpompstasies aangebring en hofsake is in proses oor substandaard rioolwaterstelsels. Sake wat aanhangig gemaak is in samewerking met die groen skerpioene gaan voortaan ’n nuwe maatstaf in Suid-Afrika stel. Verder het AfriForum ook vanjaar ’n nuwe watersuiweringsproduk bekend gestel.

AfriForum is ondermeer ook besig met ’n omvattende waterstrategie vir gemeenskappe in samewerking met ervare waterkundiges wat binnekort bekendgestel sal word. Volgens AfriForum is water té belangrik om dit in die bestuur van die regering te los.

SMS jou naam na 45354 (R1) om AfriForum se aksie te ondersteun.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Peet Schabort ·

Die aarde is geskape met net ‘n sekere hoeveelheid water, nie ‘n druppel meer of minder. Nogtans word riool daagliks gestort in waterbronne deur toe te laat dat mense gevestig word in gebiede waar daar onvoldoende riolering is.
Wanneer gaan ons kers opsteek by stede/dorpe soos Windhoek (Namibië) om rioolwater te suiwer tot drinkwater? Maar nee, ons sal eerder deur boorgate die ondergrondse water misbruik totdat daar te laat uitgevind word dat die watertafel van uiterste belang is.

Eish ·

Dis met dankbaarheid dat ek kennis neem van Afriforum se onbaatsugtige werk in die verband. Ek dink òor twintig jaar van nou af gaan die geskiedenis hul baie mooi behandel vir die onbaatsugtige diens. Wat n hartseer verhaal is die regering besig besig om te skryf.

Ben Janeke ·

Hierdie ondersoeke word n baie groot noodsaaklikheid. K het twee weke gelede in Manaba (langs Margete ) vakansie gehou . Na vyf dae het ek n oorpyn ontwikkel. Ek het besluit om huis toe te kom sodat ek by my dokter kan uitkom. Teen die tyd datek by die huis kom was my ore en oe so vol infeksie dat die dokter nie in my ore iets kon sien nie. Sy het met n gesukkel n monster uit my ore gekry om weg te stuur vir ontleding. na tien dae se wag het ons die ontstellende nuus gekry dat die bykans onkenbare bakterie (citroba cter koseri en
enterobacteriales) my besmet het. Ek vermoed ek het dit opgedoen wyl ek gebad het en soos gewoonlik my kop oe en hare ordentlik gewas het. DIE ONTSTELLENDE NUUS IS DAT DIE BAKTERIE SLEG IN RIOOLWATER VOORKOM.
Sal graag wil he dat daar omvattende onder soek ter plaatse uitgevoer word. Terloops daar besaan nog nie anti -biotika waarmee die bakteriee bestry kan word nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.