Wêreldwye pleidooi vir ophef van reisverbod

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Unsplash)

Reis- en toerisme-agentskappe van reg oor die wêreld pleit nou sáám by regeringsleiers om hul reisbeperkings – spesifiek die algehele verbod op reis na sommige lande – op te hef.

Die agentskappe is dit eens dat reisbeperkings ingestel word ten koste van die reis- en toerismebedryf wat tans een uit elke tien poste wêreldwyd verteenwoordig.

“Wanneer regeringsamptenare openbare beleidsbesluite in belang van openbare gesondheid neem, het daardie regerings ’n verpligting teenoor die bedrywe en individue wat die meeste deur hul besluite geraak word, om finansiële hulpbronne te verskaf.”

Só sê die Amerikaanse Vereniging van Reisadviseurs (ASTA), sowel as die Vereniging van Suider-Afrikaanse Reisagentskappe (ASATA), die Vereniging van Kanadese Reisagentskappe (ACTA), die Karibiese Hotel‑ en Toerismevereniging (CHTA), die Europese Reisagente- en Toeroperateursverenigings (ECTAA) en Wêreldreisagentvereniging (WTAAA).

Dié organisasies, wat gesamentlik honderde duisende reisagente en ander verwante werkers reg oor die wêreld verteenwoordig, sê in ’n gesamentlike verklaring miljoene werknemers in die reis- en toerismebedryf word tans deur die sluiting van grense en die instel van reisbeperkings geraak. Reeds sukkelende sakeondernemings loop intussen die gevaar om nooit finansieel te herstel nie.

Die organisasies pleit dus nou by regeringsleiers om nié onder politieke druk te swig nie, maar hulle eerder deur die wetenskap te laat lei “aangesien hierdie maatreëls ’n beduidende, soms onomkeerbare, impak op ondernemings en werksgeleenthede het”.

Die organisasies verwys spesifiek na Kanada wat hom reeds daartoe verbind het om tot Mei volgende jaar steun aan reis-afhanklike ondernemings te verleen en vra dat ander lande sy voorbeeld volg.

“ASTA, ASATA, ACTA, CHTA, ECTAA en WTAAA doen ’n beroep op regeringsleiers reg oor die wêreld om toegewyde finansiële ondersteuning aan reis-afhanklike ondernemings te bied en om die reisverbod so vinnig as moontlik op te hef.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Swerwer ·

Stem saam, maak alles oop en die een wat wil reis dat hy dit doen.
Die Virusse gaan beslis nie ingekort word met beperkings nie, dit is mos noual
bewys.

Anel ·

In die land is daar nie meer geld om die mense te help nie en as daar was, sou blanke ondernemings steeds nie gehelp word nie. So, die beste is, hef die beperkings op sodat alle mense weer menswaardig kan word en vir hulle self sorg. Hierdie inperkings is net ten voordeel van sekers, maak nie saak hoeveel werkloses daar is en of hongersnood in tree nie.

Jax ·

Ek het volle begrip vir die implikasies wat reis agente drasties raak maar die probleem Kom in by lang vlugte in beperkte ruimtes. Elke apie op sy eie krans tot ons net bietjie meer ontspanne kan leef in ons eie omgewings. Ek het vir Baie jare in die buite land gewoond en kon vir lang tye nie by my Familie uitkom nie. Dis nie die einde van die wêreld nie. Om n persoon aan die dood af te staan of selfs erger nog, iemand te sien ly agv nadelige nagevolge van covid.
Dis verbasend lekker om ook net in jou eie agterplaas Kersfees te vier. Wees veilig. Jou gesondheid is meer werd as enige iets anders. Die regering Sal diep in hulle sakke moet druk om die mense in die reis- verblyf- en restaurant besighede te help. As die belastingbetaler se geld Beter aangewend word vir hierdie gevalle ipv wan-spandering op snert can geen belang by die huidige probleme!

Johan ·

Wel jax duisende gaan dood van ander siektes en om die ekonomie te verietig help hulle nou nie eintlik nie. Dink jy regtig die reisverbod keer die virus, en indien jy so voel dink jy tot so mate dat dit die verlies wêrd is…wel ek dink nie so nie , die virus is orals en nuwe mutasies kan net tot ons voordeel wees om aan bloodgestel te word.

Carolina ·

Soos die kommuniste sal sê: jy sal niks besit nie maar jy sal gelukkig wees! Ek is oortuig dit is die NEW WORLD ORDER se plan in aksie, almal sal bankrot wees en totaal aan die staat afhanklik wees!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.