JONGSTE: Facebook was ongeveer 30 minute lank af, maar die probleem is intussen herstel.
Die gewilde sosialemedia-platform Facebook het Donderdag ʼn foutboodskap aan meeste van sy gebruikers wêreldwyd vertoon.
Gebruikers het op Twitter hul frustrasie uitgespreek dat hulle nie toegang tot Facebook het nie. “Miskien sal Suid-Afrikaners werk gedoen kry vandag,” het @ballzradio geskerts.
Die gebruiker @DanRebellato het uit Engeland geskryf: “Aggenee, Facebook is af! Ek het al klaar vergeet hoe my vriende se babas lyk!”
Facebook het self nog nie reageer nie, buiten die boodskap op die intekenbladsy: “Iets is fout. Ons werk so gou as moontlik hieraan.”
Dit is nog nie duidelik wat fout is of wanneer die fout herstel gaan word nie.
Hehe. Ek het ook gesukkel toe ek so tussen werk wou loer wat op Fb aangaan. Gelukkig het ek te veel werk gehad om my daaraan te steur.
Toe ek weer kyk, toe is dit weer aan.