Werk by Kusile-kragstasie opgeskort ná hyskraan-ongeluk

Kusile-kragstasie Foto: Khulu Pasiwe (Eskom), Twitter

Kusile-kragstasie Foto: Khulu Pasiwe (Eskom), Twitter

Een persoon is by die Kusile-kragstasie in Mpumalanga dood toe ʼn hyskraan Maandagmiddag op die perseel ineengestort het.

“Ons kan bevestig daar was ʼn noodlottige voorval,” het Eskom gesê. “Een persoon is dood. Twee ander werknemers is beseer. Eskom het gesê die beseerde werkers ontvang mediese behandeling.

Daar is nie dadelik verdere inligting oor die voorval beskikbaar nie. Die voorval word ondersoek.

Konstruksiewerk by dié kragstasie is tydelik opgeskort.

Die Kusile-kragstasie is ʼn steenkoolaanleg wat in aanbou is. Dit is ongeveer 15 km noord van die bestaande Kendal-kragstasie naby Witbank, Mpumalanga, geleë.

Die parlementêre portefeuljekomitee oor openbare ondernemings en energie sal na verwagting ʼn inspeksie by die kragstasie doen.

Volgens Khulu Pasiwe, woordvoerder van Eskom, sal die eerste eenheid van die Kusile-kragstasie na verwagting in die eerste helfte van 2017 krag aan die netwerk verskaf. Die laaste eenheid sal in 2021 afgehandel wees. “Meer as 80% van die werk is reeds op Eenheid 1 afgehandel,” het hy gesê. “Ongeveer 60% van die algehele projek is reeds gedoen.”

Kusile-kragstasie Foto: Khulu Pasiwe (Eskom), Twitter

Kusile-kragstasie Foto: Khulu Pasiwe (Eskom), Twitter

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Anoniem ·

Mobiele hyskraan het omgeslaan, nie inmekaar getuimel nie.

Pietertjie ·

Die werkers by Medupi moet eintlik ook nou staak, ingeval ‘n ding of twee omdonder

Anoniem ·

Eintlik is dit ‘n konstruksie probleem, so alle projekte waar mobiele hyskrane gebruik word moet hulle hyskraan planne hersien en kyk of alles wel reg is soos dit vereis word. Jy kan maar net dink, die goed gebeur waneer daar kortpat gevat word, want riglyne “vertraag” produksie.

Koos Petoors ·

Kan iemand se wanneer die onderskeie kragstgasies begin bou is?
Wil graag weet.

MK ·

Ek het die foto’s gesien. Die kraan het vir seker nie ineengestort nie. Hy’s oorlaai (te veel gewig)
die hele vragmotor staan op sy neus.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.