Werker by vergoedingskommissaris vas vir bedrog

Argieffoto

ʼn Werknemer van die departement van arbeid en indiensneming in Oos-Londen het Donderdag in die plaaslike landdroshof op aanklagte van bedrog verskyn.

Die verdagte is spesifiek betrokke by die vergoedingskommissaris wat werkers moet vergoed wat aan diens beseer is. Hy is deur die Valke in hegtenis geneem nadat ongerymdhede by die vergoedingskommissaris ondersoek is.

Luidens ʼn verklaring het die verdagte na bewering klein en mediumgrootte sakeondernemings geteiken wat die kommissaris geld skuld. Hy sou glo aanbied om afslag of ʼn afbetalingsplan vir dié ondernemings te beding.  In ruil hiervoor sou hy geld van die ondernemings se eienaars of boekhouers vra.

Luidens die verklaring het dit gedurende ʼn interne ondersoek aan die lig gekom dat die verdagte sy dienste aan tien maatskappye aangebied het. Slegs ʼn paar van dié maatskappy het egter ingestem en ʼn bedrag van R2 950 aan hom oorbetaal, met die vooruitsig dat hy later nóg geld sou verdien.

Die verdagte sal weer op 3 Februarie in die hof verskyn vir sy borgtogaansoek. Hy bly tot dan in aanhouding.

Maroela Media het vroeër berig dat talle eisers nou al jare wag vir die uitbetaling van hul eise en kenners is dit eens dat die kommissaris nie optimaal funksioneer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.