Werker by winkelsentrum vergruis

Argieffoto (Foto: beeki, Pixabay)

ʼn Werker by ʼn winkelsentrum aan die suide van Durban, KwaZulu-Natal, is Maandagoggend inderhaas hospitaal toe nadat hy deur ʼn aflewering goedere vergruis is.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê paramedici is om 9:15 na ʼn winkelsentrum in Winkelspruit ontbied ná gerugte dat ʼn man ernstig beseer is.

“Volgens ooggetuies het ʼn groot verpakkingtrollie van ʼn vragmotorlaaiplatform afgeval en op ʼn werker wat daaronder gestaan het, geval,” sê hy.

“Toe paramedici van Netcare 911 én Emer-G-Med op die toneel aankom, het hulle die man in ʼn ernstige toestand aangetref.”

Die pasiënt, wat ʼn werknemer by een van die winkels in die sentrum is, is op die toneel behandel en deur paramedici gestabiliseer.

Daar is besluit om ʼn lugambulans te ontbied, waarna die man na ʼn gespesialiseerde mediese fasiliteit geneem is.

Die omvang van sy beserings is nog nie bekend gemaak nie.

Dit is ook nog nie duidelik wie verantwoordbaar vir dié ongeluk gehou gaan word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

JohanR ·

Daai trolleys is deesdae soe groot soos ‘n bus, en seker soe swaar!

Di ·

Nou gaan die eienaar van die besigheid seker weer die skuld kry

Pieter ·

Hy is seker nie deur ‘n “aflewering goedere” vergruis soos gemeld in die eerste paragraaf van die berig nie? Wat is ‘n “aflewering goedere”?

Irene ·

Klink vir my of die man net BAIE seergekry het en nie vergruis is……..hoop hy herstel vinnig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.