Werker ernstig beseer in fratsongeluk

Argieffoto: ER24

Argieffoto: ER24

ʼn Werker van Welkom in die Vrystaat is Woensdag ernstig beseer toe hy tussen ʼn vurkhyser en ʼn motor vasgepen is.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die man, vermoedelik in sy 30’s, was glo besig om ʼn voertuig met die vurkhyser op ʼn vragmotor te laai toe die voorval gebeur het. Die voertuig het glo losgekom en die man is van die vurkhyser afgeruk en tussen die twee voertuie vasgepen.

Volgens Meiring het paramedici met hul aankoms die man op die grond aangetref met noodhulp-beamptes by hom. “Omstanders het glo gehelp om die voertuie weg te stoot voordat paramedici ontbied is. Die man het erge beserings aan sy arms opgedoen en was in ʼn ernstige toestand,” het Meiring gesê.

Die man is op die toneel gestabiliseer voordat hy na die Medi-Clinic Welkom gehaas is. Hy is tans in ʼn stabiele toestand, het Meiring gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Wat-ek-lees

Weereens ‘n bewys dat mens katvoet moet loop met wat ookal jy besig is om te doen. Selfs al skil jy net ‘n ertappel. Wees altyd ingestel om die ergste te verwag.
Dis hoe jy ook op die pad moet bestuur. “Reg en weg” is nie goed genoeg.