Werker gruwelik op kleinhoewe vermoor

Argieffoto

ʼn 26-jarige plaaswerker is gruwelik vermoor op ʼn kleinhoewe in Inderminne, Pretoria.

Kol. Lungelo Dlamini, provinsiale woordvoerder van die familie, het aan Maroela Media gesê die man se liggaam is omstreeks 10:00 in die boer se huis aangetref deur ʼn buurman. Die boer het glo die buurman gebel om te gaan ondersoek instel ná hy gesukkel het om die werker in die hande te kry.

“Hy het miskien die huis opgepas – ons is nie seker nie. Die motief vir die moord is in dié stadium nog onduidelik,” het Dlamini gesê.

Marius Müller, nasionale operasionele koördineerder van AfriForum, het aan Maroela Media gesê die man is gruwelik vermoor.

Daar was ʼn lap om sy kop gedraai en in sy mond gedruk, sy hande is vasgebind met draad agter sy knieë en sy broek is afgetrek op foto’s van die bebloede toneel wat aan Maroela Media verskaf is. Die slagoffer se hakskene is ook afgesny, vermoedelik met ʼn panga.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord.

Dlamini kon nie onmiddellik bevestig watter items alles uit die huis gesteel is tydens die voorval nie. Volgens hom het die aanvallers glo toegang tot die huis verkry deur ʼn deur oop te forseer.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Langtoon ·

Tipiese metode wat die Mau Maus gebruik het! Dit is so wreed en barbaars!!

Pop ·

Ek kan nie verstaan hoekom so barbaars opgtree word nie. Vat wat jy wil he en waai. Maar dis of die monsters n perverse genot put uit die marteling.

pieter ·

dis tyd dat die fotos van die plaasaanvalle ook gepubliseer word. miskien skrik ons regering wakker en sien hoe erenstig die misdaad is.

E-man ·

Pieter, ek stem 100% saam met jou. Daar is ‘n “blog” oor die plaasmoorde waarin fotos gepubliseer is van plaasmoorde (met die toestemming van die families natuurlik). Mens kan net met skok en afgryse sien hoe wreed meeste van die plaasaanvalle vermoor word. Dit is iemand se kind, ma, pa, boetie, sussie, ouma of oupa. En niemand wat “iemand” is, gee enigsins aandag daaraan nie…

Gemaskerde Sopbeen ·

Pieter? Hoekom wil jy hê die regering moet “wakker skrik”? Hulle is lankal wakker….hierdie aksies word ooglopend deur die regering “toegelaat” (deur dit net te ignorer en hopeloos te swak ondersoek)….want dis deel van hulle strategie om boere van plase af te verwilder sodat hulle dit aan hulle cronies kan oorhandig wanneer dit by stem-dag kom (T-shirt en Hamburger werk net so lank vir stem werf!) Blankes wat nog dink hulle kan op die regering staatmaak vir enige iets, leef in la-la land…..Ons is net goed genoeg om vir alles te betaal.

JSG ·

Pos die foto’s op ‘n daaglikse basis na die hele parliament. Twyfel of hulle koerante lees.

Gerrit ·

Die polisie is nie proaktief nie hulle wag tot iets gebeur dan ondersoek hulle wat van patroleer die gebied hou padblokades op n daaglikse basis.

Pieter ·

Die polisie kan afgeskrywe word. Met enkele uitsonderinge hopeloos, van grootbek minister af tot by laagste range. ‘n Vermorsing van belasting-geld. Tipies van alles wat deur die staat bestuur word. Ons verdien beter.

Andre' Vorster ·

Dit gaan nie om roof nie maar dalk om iemand ‘n les te leer omdat op goeie voet met ‘n witman was!

Gerrit ·

Hierdie is die polisie se skuld as hulle net hulle werk wil doen of gaan bokke oppas op die platteland kan nuwe polisie beamptes opgelei word wat wil werk en die misdaad bekamp

Hannelie ·

Kom ons kyk wat President Ramaphosa gaan doen in verband met moord en doodslag.

Theresa ·

Nes daar beeste gereeld ook so hakskeen-afkap in die veld gelos word.
Wreedheid wat net deur sommiges verstaan word. Walglike geweld wat dringend uitgeroei moet word.
Ek hou van die idee wat iemand hierbo het dat die foto’s van die monster-geweld, marteling en moord op die boere en ook dan van die werkers, deur die plaasaanvalle – aan die regering gestuur word op ‘n daaglikse basis. Wie weet, dalk kry hul meer wagte vir hulself, of dalk stel die nuwe blaadjie belang om hierdie vieslikhede hok te slaan.

Jannie ·

Ek kan verstaan dat foto’s geneem word van ń misdaadtoneel om die polisie te help in hulle ondersoek maar volgens my is dit lykskending om daardie foto’s te publiseer of aan enige iemand te verskaf. Ek sal nie wil nie hê enige iemand moet foto’s van my sien as ek vermoor en/of dood is nie veral nie as ek kaal is nie- dis onsensitief en val in swak smaak om so iets te wil sien.
Julle bly die polisie blameer vir die misdaad in die land maar volgens my het werkloosheid, justisie en korrektiewe dienste net so groot aandeel in die misdaadsyfer. Justisie
geen nie meer behoorlike vonnisse nie, die tronke is ń hotel en volgens my is seker 70 persent van die land se bevolking beter af in die tronk as daar buite, jy het ń warm bed om in te slaap, ń dak oor jou kop, kos om te eet en jy is veilig. O ja jy hoef ook nie te werk vir al hierdie voordele nie.
So asb. hou op om die polisie te blameer vir als wat verkeerd loop julle klink so ń plaat wat vashaak.

Waarheid ·

Oja ek dink sommige polisie beamptes is ook BAIE lief vir hul eie lewens en herken gevaar¿, bly liewer weg tot dié misdaad/moordenaars WEG is,¡ van die misdaad toneel af.√ Min. Vrees bokkerol glo ek stem saam, dit is GEVAARLIKE WERK.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.