Werker in hof vir moord op aktivis

Annette Kennealy (Foto: Facebook)

Die verdagte in die moord op die plaasmoord-aktivis Annette Kennealy was ʼn werker van Kennealy. Sy is vroeër die week op ʼn kleinhoewe buite Louis Trichardt in Limpopo vermoor is.

Kenny Ramatshimbila (40) het Donderdag in die plaaslike landdroshof verskyn op aanklagte van moord en huisroof nadat hy Dinsdagaand in hegtenis geneem is in verband met die moord op sy werkgewer.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê Ramatshimbila bly vir eers in aanhouding en hy sal tydens sy volgende hofverskyning om borgtog aansoek doen.

Maroela Media het vroeër berig Kennealy (51) se liggaam is Maandag omstreeks 09:00 op die Welgevonden-kleinhoewes met ernstige kopbeserings aangetref.

Luidens inligting deur Marius Müller, nasionale operasionele koördineerder van AfriForum, aan Maroela Media verskaf, het Kennealy se ma haar aanhoudend gebel en onraad begin vermoed toe haar dogter nie antwoord nie.

Sy het gevolglik iemand uitgestuur na die kleinhoewe waar Kennealy saam met Ramatshimbila gewoon het. Dit is hiér waar die betrokke persoon Kennealy se bebloede liggaam aangetref het.

Kennealy het op haar maag gelê en het beserings aan haar linkeroog asook ʼn oop wond aan haar voorkop gehad. ʼn Hamer het op die toneel gelê en sy het ook ʼn ysterstaaf om haar nek gehad.

Daar was geen teken van Ramatshimbila nie.

Dit is duidelik op Kennealy se Facebook-blad dat die dreigende kwessie van plaasmoorde haar na aan die hart gelê het en sy haarself daarvoor beywer het om bewusmaking te skep.

Kennealy het onder meer net verlede week haar afgryse op dié blad uitgespreek oor die plaasaanval wat die lewe van ʼn boer naby Bonnievale in die Wes-Kaap geëis het.

Ramatshimbila sal op 1 Julie weer in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

sweis ·

Stadig ,die ou is nog nie skuldig bevind nie ons weet almal hoe onbevoeg die polisie is,miskien nie eers die regte persoon nie.

Dries du Toit ·

Ek kan nie anders dink as dat hierdie nie net gewone moorde is nie. Hierdie is georganiseerde aanslag op ons wit boere. Dit is myns insiens niks anders as withaat wat aangeblaas word deur politieke partye soos die EFF en BLF. Waarom word dit nie ondersoek nie. Grondonteiening sonder vergoeding sal nie nodig wees as dit so aangaan nie

schaun ·

Jy is heeltemal reg jy weet dit ,ek weet dit en die media weet dit maar omrede hulle gemuilband word soos in die apartheidsjare verdraai en sugar cost hulle die feite.

Logika ·

Aangeblaas, definitief. ‘n Gerieflike blinde oog gedraai, definitief. Daar is heelwat bewyse vir albei.
Georganiseerd? Bitter moeilik om te bewys. Ons moet selfgedissiplineerd wees en onsself weerhou daarvan om stellings te maak wat ons nie met sekerheid kan bewys nie – dit ondermyn ons saak se geloofwaardigheid.

Ter wille van geregtigheid en die groter saak, wees asb. selfgedissiplineerd.

sowaar ·

baie waar. die jong slim mense trek weg. mens kan hulle nie blameer nie al breek dit mens se hart. belastingbasis krimp. ek haal my hoed af vir alle mense wat nog hier is en die wa deur die drif probeer trek en ordentlik optree. vir my is julle die onbesonge helde

honourable member ·

Hierdie mense weet nie wat die word lojaliteit beteken nie. Heel moontlik aangehits om haar te vermoor. Haar grond is seker vir hom belowe.

Liewe Heksie ·

Hoeveel wit seuns werk in Amerika op plase? Nou vra ek myself af, hoekom? Kan ons boere nie ook van wit seuns gebruik maak nie, of is dit ‘n geval van gebruik liewers “goedkoop” arbeid, dan het ek in die einde van die maand meer geld in my sak, vir ‘n nog ‘n nuwe 4 x4 bakkie of ‘n nuwe vakansiehuisie by die see.
Vra maar net.

@Chris ·

Lig ons gerus in wat op plase aan gaan, want ek deel dieselfde mening as Heksie.

Ek weet die ROE speel n groot deel dat seuns in die buiteland help op plase, ongelukkig wil ons die minste betaal om die meeste in ons eie sak te steek….

Gaitsigubib ·

Jy kan seker maar vra, maar dan mag ek seker se dat dit ‘n simpel vraag is. Is jy ook van die wat nog dink dat boere op die vet van die aarde lewe? Ek sien die ANC se propaganda werk goed. Het jy al gewonder waarom was daar 100’000 boere in 1980 en slegs 46’000 vandag?

Jj ·

Presies vir 400 jaar sloer die boer voort met sy goedkoop volksvreemde arbeid terwyel hy stadig maar seker onderdruk word as ons as afrikaaners begin ons eie mense in diens neem by ons eie mense koop en ons eie mense by te staan sou ons nie nou in moeilikheid gewees het wat ons nou is nie.

Logika ·

Baie oulike vrou gewees. My innige en diep meegevoel met haar dogters, familie en vriende se hartseer. Kyk asb goed na julleself.

Eunice ·

LÍEWE HEKSÍE…die amerikaanse boere is MEGA boere,hulle kán groot salarisse betaal,daar hang nié n swaard van moord,uitwissing of onteiening oor HUL KOPPE nie…jy kan dit hoegenaamd nié vergelyk met die SA boer nie!
Ennn..VAT SOMMER JOU BESEMSTOK VIR Ñ SPIN OOK…voordat jy vani blink duur voertuie praat,DUIDELIK kén jý nie n plaas,boerdery of aaklige grondpaaie waarop daai mense moet leef nie..

Enn..tewyl jy,op jou besemstok is liewe heks,KYK IN JOU YSKAS EN KOSKAS EN BEDANK EERDER ONS BOERE wat jou maag en myne volhou…asb

Ekke ·

Wwwt julle wat verdien die seuns wat oorsee werk? Ons hier in SA kan hulle nie bekostig nie.

Sophia ·

Ek hoop die boere en mense van die omgewing het ook opgeruk hof toe met plakkate en begin om bande te brand en chaos te veroorsaak oor alles wat met ons witmense gebeur!! Erens sal ons moet begin wys wat in ons steek!

GM ·

Piet-Piet, mens kan voel jou lewe is miljoene rande werd, maar dit beteken nie alle boere kan buitensporige salarisse vir hul werkers bekostig nie. Net soos meeste mense wat huishulpe het, nie hul huishulp meer sal kan gee as wat hul eie salaris is nie. Baie van die boere gee nog vir hul werkers gratis behuising, water en krag, ens. ook. Dus is baie van hulle se ‘salarisse’ baie hoër as wat hulle dink.

Net omdat iemand boer, beteken nie noodwendig hy/sy is skatryk nie. Hulle uitgawes is bitter hoog, en enige iets kan verkeerd gaan wat hul oes aanbetref. Boere kry ook nie winkelpryse vir hul produkte nie. Daar is natuurlik die tipe boere ook wat op hul alies sit heeldag en misbruik maak van hul werkers, maar meeste boere wat ek ken, werk netso hard saam.

Ek glo wel dat die vrou nie baie slim was om alleen op die plaas te bly saam met die werker nie. Dis vir moeilikheid soek.

Gerhardb ·

Hoekom moet hy die kans kry op borg???? Vir so ‘n tipe gewelds misdryf moet jy al jou regte verloor…

Mariaan ·

VROU ALLEEN OP PLAAS MET NET N WERKER!! Agge nee man!!! Sy is tog slim…kyk nou die tragedie!!!! Dit is net nie die moeite werd nie…hoe lief jy ookal is vir die plaaslewe…nou moet haar dogters en ma met hierdie verdriet sit! Ai

Gaitsigubib ·

Ek wag steeds dat jy geld vir my vrou stuur sodat sy kan trek. Ons het 200 aarbeiders en sy is dikwels alleen by die huis. As jou geld deur kom trek ons.

Sê maar net... ·

Ons EIE mense,dames en here, is net té sleg en te slap,om vir mens ini tuin te werk!
Ekt nou al vir die hoeveelste keer ONS EIE mense in diens geneem,in Pretoria TEEN Ñ HOËR SALARIS, as ou Jonas opi straat, maar GLO MY,hulle HOU nie..!!
WIT boerseuns,gaan GRATIS akkomodasie en maaltye soek…per maand, WERK GOUGOU UIT…R50 p.maaltyd 3 x per dag,
Gratis akkomodasie,water+ligte in teen R300/400 per aand…R18 000 00 SÓNDER SALARIS NOG…!!
WÁTTER ‘gewone’ of normale boer kán DÍT bekostig in SA??????
DAN WORRY DIE BOER NOG OOR SY EIE LEWE,OOR SY GROND EN SY EIE VOORTBESTAAN..???
Ennn…oor JANNIE se salaris buiten sy kos en blyplek…??
JANNIE IS DAN BAIE BETER AF INI VSA EN JANNIE WÉÉT HY SAL WEER DIE SON SIEN SKYN MÔRE!!
Daar is BOERE wst luukse voertuie ry, WANT DIS ÁL WAT LELIKE GRONDPAAIE KÁN OORLEEF!!
Ennn…as ñ boer en sy gesin, VAKANSIE HOU OF N EKSTRA VAKANSIEHUIS het GUN HULLE DIT ASB!!
DIS DIE BOER WAT JOU EN MY PENSIES VOLHOU,MENSE!!!
WAARDEER DIE BOERE!!
BID EN BEMOEDIG HULLE

Thinus Erasmus ·

1 in VSA verdien SA mans ñ mimimum loon. Dit is net omrede die wisselkoers so swak is dat dit in R soveel werd is.
2 ja hier in SA is wit jong mense nie bereid om vir die minimum loon te werk nie. Maar verstaan tog dat ons hul grootmaak met hoër verwagtinge, en die wat wel bereid is vaar nie goed nie omdat hul nooit leer hard werk het nie.
Om plaasmoorde te stop gaan egter ONMOONTLIK wees totdat ons dit reg kry om die kopskuif te maak en ons eie jeug oplei en aanmoedig om wel ook arbeiders te wees.
Vroeer het baie jong seuns en meisies op kibboetse gaan werk, teen baie karige salarisse en net om daarna in Europa te gaan toer.
Ons toekoms is werklik in ons eie hande en ons lewens is op die spel, hoe gouer ons begin hoe vinniger gaan ons did probleem oplos.

Netso ·

Die grootste fout wat enige ouer vandag kan maak is om jou kind gewoond te maak dat “Maria” of “Sofie” agter hom sal skoonmaak. Die meeste van ons blankes kan nie sonder daai swart hande klaar kom nie. En dan kry jy nog die wat jou sal oortuig hoe betroubaar en irriterend goedgesind is die een wat hulle nou het. Ons moet ons eie mentaliteid verander, dis meeste van die tyd ons Volkie se eie skuld.

Susna ·

Ek het jare gelede ook op n plaas groot geword in seker een van die droogste streke in hierdie land. Daar was nie geld vir duur voertuie nie, nooit met vakansie gegaan nie (wie gaan die bees oppas en sorg? ) Naaste dorp was 100 Myl. Daar het so nou en dan iemand kom uithelp wanneer die nood gedruk het. Ek was nou onlangs geskok om by die Stads-mense te hoor onder wat se wanindruk hulle verkeer tov boerdery. Wees dankbaar vir wat julle op die winkel rakke so gerieflik afhaal .

Gaitsigubib ·

Susna jy trek dinge in perspektief wat vir ander blykbaar nie duidelik is nie. Hulle is onder dieselfde wanindruk wat deur die ANC en EFF verkwansel word aan hul ondersteuners. Mens hoor so dikwels ook, “waarom was hul so dom om uit te gaan in die nag, waarom nog een van hulle in diens neem, waarom, waarom”, so as of die “dom” slagoffer daarvoor gesoek het. Hulle weet niks van boer af nie, so sal nie weet dat jy 2uur in die oggend n kalf moet uittrek of die pomp moet stop nie. Ek waardeer mense soos jy wat maar geduldig probeer verduidelik hoe dinge op n plaas werk. Sterkte!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.