Werker in hof vir Moot-bejaardes se moord

Die toneel in 12de Laan waar Corrie Visser en sy vrou Gerrie aangeval is (Foto aan Maroela Media verskaf deur die SAPD)

Die huis in 12de Laan waar Corrie Visser en sy vrou Gerrie aangeval is (Foto aan Maroela Media verskaf deur die SAPD)

Die man wat verdink word van die moord op Corrie (75) en Gerrie (78) Visser van Pretoria se Moot-gebied het Maandag in die stad se landdroshof verskyn.

Kapt. Coba Brits, woordvoerder van die Villieria-polisie, het aan Maroela Media gesê die verdagte, January Mahlangu (47), het verskyn op twee aanklagte van moord. Mahlangu het glo vir die egpaar gewerk.

Die saak is tot Maandag uitgestel sodat Mahlangu om regshulp kan aansoek doen. Hy bly in aanhouding. Volgens Brits het Mahlangu vir die egpaar gewerk.

Mahlangu is Vrydagmiddag in hegtenis geneem in verband met die aanval op die egpaar, vermoedelik op 26 Desember.

Corrie se liggaam is op 27 Desember agter in die erf van die egpaar se huis in 12de Laan gevind. Gerrie is in die oprit na die huis aangetref. Sy het teen ʼn tuinhek gekap en so die bure se aandag getrek om hulp te ontbied.

Hulle het albei steekwonde opgedoen en Corrie is ook met ʼn stomp voorwerp oor die kop geslaan. Hy is op die toneel dood verklaar.

Gerrie is in die Eugene Marais-hospitaal opgeneem waar sy twee beroertes gehad het. Sy het ʼn week ná die voorval in die hospitaal gesterf.

Brits het vroeër gesê die egpaar was alleen tuis toe hulle oorval is. Daar was geen gedwonge toegang tot die perseel nie. Die motief vir die moorde en of enigiets vermis word, was nie dadelik duidelik  nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Jakes ·

Weer ‘n bewys, die hand wat jy voed byt die hardste. Kruisig my, maar weereens bewys.

Buitestander ·

Dit was seker ‘n loon verskil wat in die hof aangevoer sal word en ta kom skotvry.

Mvs ·

Haai siestog gelukkig of ongelukkig het die wit oumense hom nie gemartel voor hy hul seer gemaak het nie. Hulle sal tenminste nie aangekla kan word nie. Skuus my sarkasme! Maar regtig n streep moet iewers getrek word!

lettie ·

ons probleem is ons staan nie sterk genoeg op teen ons mense se moorde nie. Kyk hoe geraas maak die swartmense met die doodskisgeval. Indien ons asdromme uitgooi en klippe gooi, sal ons definitief die hoofstroom media haal.
N Loongeskil (sou dit as rede aangehaal word) is geen rede vir moord nie, dan sal miljoene van ons al ons base vermoor het!!

Gatvol ·

Wit mans leer ‘n kabeldief ‘n les deur hom in ‘n kis te druk en dis ‘n verskriklike rasistiese oortreding! Word aangehou en kry nie borg nie. Hier word 2 bejaarde witmense deur ‘n swarte vermoor, maar dit word nie as ‘n rassemoord geklasifiseer nie. Wit op swart – rasisties! Swart op wit. Nie rasisties nie?

Susan ·

Die naam van die beskuldigde klink bekend! Ai om na so ‘n rustige vakansie terug te gaan werk toe en steeds mey kriminele te doen he! Indirek!!

Annie ·

As dit nie haat is nie … kan ons dalk weet wat gesteel was? Doodskis saga het groot publisiteit gekry .. nou waar is die groot publisiteit nou? GEEN GEREGTIGHEID!!!!!

Gerd Lourens ·

En soos gewoonlik is daar altyd ‘n “regsgeleerde” beskikbaar om die gespuis te probeer los(lieg)kry.

Jane ·

So byt hulle STEEDS DIE HAND WAT HULLE VOED, en vermoor onskuldige weerlose mense, en kry dan sommer nog gratis regshulp ook. Dit was niks anders as ‘n rassistiese aanval op weerlose mense nie, maar die politici sal nie by die hof wees nie, hulle wag vir die DOODSKIS saak om weer voor te kom sodat hulle in hulle honderde kan opdaag met babapoppe op stokke vasgemaak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.